Weduwee aan Momentum: ‘Hou jul premies’

Denise Ganas sê sy sal aanhou baklei tot Momentum haar man se R2,4 miljoen lewensversekering uitbetaal. Foto: Facebook

ʼn Weduwee van Durban sê sy het nog lank nie klaar baklei teen Momentum nie nadat die lewensversekeraar geweier het om haar eis van R2,4 miljoen ná haar man se dood uit te betaal.

Momentum het die eis geweier aangesien die oorledene, Nathan Ganas (42), volgens hulle nie bekendgemaak het nie dat verhoogde bloedsuikervlakke by hom gediagnoseer is, wat moontlik voorgekom het voordat hy sy aansoek om die polis in 2014 voltooi het.

Ganas is in Maart verlede jaar doodgeskiet toe hy sy vrou teen kapers beskerm het. Sy vrou, Denise, is buite die egpaar se huis in Shallcross, Durban, deur ʼn groep gewapende mans oorval toe sy tuisgekom het.

Denise het Maandagaand in ʼn telefoniese onderhoud met die Gautengse radiostasie 702 vertel Momentum sing skielik ʼn ander deuntjie.

Ene Stephen van Niekerk van die lewensversekeraar het haar Maandag 15:00 gebel om haar in te lig “hulle het besluit om nie die R50 000 begrafnisvoordeel [wat hulle kort ná haar man se dood uitbetaal het] terug te vra nie,” het Denise aan die omroeper, Joanne Joseph, gesê.

Van Niekerk het ook gesê “hulle het ʼn besluit oor die premies geneem” en wil die premies wat Denise en haar man elke maand betaal het, in haar bankrekening terugbetaal. Sy het volgens haar vir Van Niekerk gesê: “‘Stephen, ek aanvaar nie jul premies nie. Ek stry nog teen Momentum.’”

Stephen, ek aanvaar nie jul premies nie. Ek stry nog teen Momentum.

Toe Joseph by haar wou weet of die versekeraar dus teruggaan op hul vorige besluit oor die begrafnisvoordeel, het Denise geantwoord: “Presies.”

Sy het verduidelik hoe dit gebeur het dat haar man se lewensversekeringsuitbetaling geweier is. “Geen mediese toetse is uitgevoer toe my man die polis uitgeneem het nie; net ʼn MIV-toets is gedoen.

Só het die Independent on Saturday destyds oor Nathan Ganas se dood berig.

“Toe my man egter oorlede is en ons eisvorms ingedien het wat die makelaar ons gegee het, het ek ʼn oproep gekry om te sê daar is vorms wat my huisdokter moet voltooi. Hy het dit ingevul en aan Momentum gegee. ʼn Ondersoek het dus eers plaasgevind nadat my man oorlede is.”

Ganas het eers ná sy dood uitgevind as haar man verklaar het hy het hoë bloedsuikervlakke, sou die versekeraar hom laat toets het. “Maar ek weet, met die hoë waarde van dié polis en die hoë premies wat ek betaal het, moes hulle in elk geval volledige mediese toetse versoek het.”

Hulle het destyds ʼn brief ontvang van Momentum waarin die versekeraar sê geen toetse word vereis nie, tot verdere kennisgewing. “Daai verdere kennisgewing het nooit gekom nie.”

Ná ʼn herrie in die sosiale media oor die weiering van die uitbetaling, het Momentum in ʼn verklaring gesê die versekeraar is werklik jammer oor Ganas se tragiese dood en het ook simpatie daarvoor dat die oorsaak van sy dood nie verband hou met die nie-openbaarmaking nie.

Volgens Momentum sal die toestaan van die eis egter lei tot ʼn toename in eise wat uiteindelik sal beteken dat alle ander kliënte se premies sal verhoog net omdat een kliënt nie “te goeder trou gehandel het nie”.

Die ombudsman vir langtermynversekering het bepaal dat Momentum se besluit in die omstandighede die regte een was

“Die verwerping van die eis is na die ombudsman vir langtermynversekering verwys, wat bepaal het dat Momentum se besluit in die omstandighede die regte een was. In hierdie geval – sou die inligting aan ons bekend gewees het – sou daar geen dekking in die eerste geval gewees het en geen eis betaal gewees het nie, ongeag die oorsaak van dood,” het Momentum gesê.

Momentum het Denise eers gevra om die R50 000 onmiddellike kontantvoordeel uit die polis wat die gesin gebruik het om Ganas te begrawe, terug te betaal. Dit is die besluit wat hulle intussen herroep het. Dit is nie bekend hoeveel die premies beloop wat Momentum aan Denise terug wou betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

Barries ·

Sy kan maar hof toe gaan. Sy gaan ‘n klomp geld spandeer (mors) en steeds verloor. Die oorledene was nie eerlik met die invul van die aanvanklike aansoek nie. Dis hoekom hy nie vir ‘n mediese ondersoek hoef te gegaan het nie.

Sak ·

Vraag is. Was die hoe bloedsuikervlakke n problem toe hy die polis uitegeneem het of nie. Wat reken sy huisdokter, van daardie datum, daaroor.

Santjie ·

As hulle (Momentum) slegs ‘n MIC toets versoek het, hoekom moes hy dan ander toetse laat doen? Hulle moes egter toe hulle uitvind hy het verhoogde suikervlakke, hul versekeraar laat weet het. Dit is logies. Dit is heel waarskynlik deel van die “fynskrif”

Skroef ·

Hulle oorsig nie hare of haar man sn nie! Hoe is dit moontlik dat hulle n groot polis kon goedkeur sonder n mediese ondersoek? My polis kom al vandag ek 18 was. Ek moes n mediese toets ondergaan en 20 jr later nog nie herhaal nie

Ai ·

As die man dood is aan die bloedsuiker vlak 100% hoef hulle nie te betaal nie maar hy is vermoor. Dood geskiet. Die koeël het niks met die bloedsuiker te doen nie. Hulle is tog so lief daarvoor om “loopholes” te kry.

Pierre ·

Verduidelik my dan hoekom Momentum die aansoek aanvaar het asb…

Abe ·

Barries,
Natuurlik is jy reg. Goeie raad aan die dame is om die beslissing van die ombudsman te aanvaar en die saak daar te laat.

Hendrik van George ·

Stem saam. Sal mense leer om eerlik te wees met versekering….. Sy kry hoogswaarskeinlik swak regs advies…

LVH ·

Die man is vermoor! Wat het die bloedsuiker probleem met die feit dat hy vermoor is, uit te waai?

Ellisras ·

Ek kry gereeld SMS’e met aanbod van 10 miljoen rand lewens polis. As hul my terug bel en ek die vrae eerlik beantwoord sê die ou op die foon. Sorry sir but we can only offer you a funeral policy.
NIEMAND sal my ‘n lewenspolis gee nie. Behalwe as ek nie eerlik is nie.
Eerlikheid is die basis van enige versekering.

Lientjie ·

Momentum was ook oneerlik om nie ‘n medies te laat doen nie. So hulle moet maar die bewys lewer waar hulle die medies aangevra het. Wie was die persoon wat die polis aan hulle verkoop het?

Joe ·

Presies, ‘n diabetes vraag is pertinent deel van ‘n aansoek, en ‘n versekeraar doen mediese toetse na aanleiding van wat in die aansoek vorm staan.

Johan ·

Klink my eerder Momentum was nie eerlik gewees nie. Het nie klient vir volledige mediese toetse gestuur nie en geweet daar sal “een of ander verskoning wees” in toekoms om eis af te keur. Meeste mense het maar ongelukkig een of ander skeet. So Momentum was oneerlik en het nie in goeder trou opgetree nie. Klink my klient het alles gedoen wat Momentum hom gevra het om te doen. Punt is Momentum was verkeerd en die skokkendste is dat die Ombudsman saamgestem het met Momentum. Baie baie kommerwekkend vir ons as publiek.

Thinus Erasmus ·

Meer inligting begin an der prentjie skets: waarom na ‘n moord word mediese geskiedenis van huisdokter aangevra – GROOT? x 10

Alta ·

Ek het al baie bloedtoetse laat doen tov my bloedsuiker vlakke. 1 keer in 2 jr en 8 mde gewys dis verhoog. Ongeveer elke 3 mde getoets. 6 weke later was dit weer reg na vg toets Nou nog 100%. Hierdie man is vermoor en ek sou ook saak aanhou beveg het as ek sy vrou was.

Daan ·

Lieg vir jou vrou en sy kan jou dalk vergewe. Vir die Belastinggaarder en versekeraar praat jy die 100 % waarheid.

Ig ·

Ek is bevrees Momentum het n lat vir homself gepluk, hy gaan baie meer verloor agv polis kanselasies ens.

Ex speurder Katryn ·

You go girl!
Moet dit nie daar los nie.
Momentum, julle is nes die regering: dubbele standaarde.
Hy het gesterf terwyl hy sy vrou beskerm het. Die minste wat julle kan doen is om te betaal, anders sal julle sien hoeveel kliënte julle gaan verloor. Hy kon lewerkanker en ingroei toonnaels ook gehad het. Dis irrelevant. Dis nie waaraan hy oorlede is nie!

hannelie ·

Iets klink net nie vir my reg hier nie. Ons wag maar om te sien in watter rigting die wind hierdie eis waai.

Skroef ·

Was seker weer n bbbee agent aan wie niks anders as sy kommissie saak gemaak het nie. Momentum het die agent aangestel, hulle het sy gierigheid toegesmeer. Hulle moet betaal. Hoe kan hulle in elk geval net bepaal hy kin al van voor die polis uitgereik was, verhoogde bloedsuikervlakke gehad het? Hulle het die polis goedgekeur sonder n mediese ondersoek, hoe kan die ombudsman sie weiering goedkeur?

Rikku ·

Ek hoop almal lees hierdie berig. Skrik wakker Polis houers. Skande dat hulle tot die begrafnis voordeel wou terug neem.

SjN ·

Rikku, daar was nie n aparte begrafnis dekking nie, Momentum het die voordeel vir al hul lewenspolis eienaars indien polis ouer is as 2 jaar om binne 48 uur tot R50000 vooruit te te betaal vir begrafniskoste en by uitbetaling van eis dit af te trek van dekkingsbedrag.

Christo ·

Dit maak nie sin nie, haar man is vermoor, dus onnatuurlike oorsaak, sou totaal ander storie gewees het as hy as gevolg van natuurlike oorsaak gesterf het. Na my mening is ombudsman ook kluts kwyt. Daar is hengse verskil tussen sterf aan natuurlike oorsaak en onnatuurlike oorsaak. Weduwee het beslis ‘n goeie saak uit te maak.

B ·

Daar is geen saak Christo,. Die beginsel hier is dat die persoon nooit sou kwalifiseer vir dekking, dus sou hy nie dekking gehad het. Hoekom nou uitbetaal vir iets wat nie verklaar was?
Die regulasies is daar met ‘n rede, om eerlike kliente soos ek en jy se dekking te beskerm. (Aktuarise en al daai modelle :) )

Christo ·

Ek moet ook noem dat as haar man dalk in ‘n motor ongeluk gesterf het kon Momentum dalk ‘n saak uitgemaak het, maar in geval van moord wat het siektetoestand daarmee uit te waai? My raad is ook beveg Momentum, versekeraars hou ‘n baie mooi prentjie voor dat hul produk uitgeneem moet word omdat hul die beste is maar wanneer ‘n eis ontstaan sal alle redes in die boek gesoek word om nie uit te betaal nie.

Bollie ·

As die man sy bloedsuiker problem verklaar het, sou hy nog steeds dekking gehad het MAAR dit sou op die polis aangebring gewees het dat as hy as gevolg van die bloedsuiker tot sterwe kom dan betaal polis nie uit nie. Hy het nie as gevolg van bloedsuiker gesterf nie so na my mening moet Momentum nog steeds uitbetaal tensy daar iewers ‘n slang in hierdie gras is

Quintus ·

Ombudsman se momentum was reg hulle sou hom nooit gedek het nie ( dit na sy dood) hy kon mos n ander polis gekry het. Momentum is nalatig. Makelaar en en Momentum moet gedagvaar word. hulle was albei veronderstel om klient intelig en hom te onderig. het hulle dit gedoen? Het makelaar sy werk gedoen om n nurse uit te kry vir bloed toetse (nee) dagvaar Makelaar eerste, dan sy baas Momentum tweede.

Vraagteken ·

Christo, hy het opsetlik nie die waarheid op die polisvoorwaardes genoem nie. Verstaan net eending – Momentum se polise word volgens statistiek uitgeryk. So as iemand inligting weerhou, dan verander die situasie. Die premies sou verander het indien hy die waarheid genoem het.

Maar ja, mense wat vir versekeringmaatskappye werk moet regte werke kry !

Ellisras ·

Onthou die makelaar is JOU makelaar. Die makelaar werk vir JOU. JY betaal hom. Nie die versekeraar nie. As die makelaar droogmaak is dit op jou rekening.

Willie ·

Mense, dit is eintlik baie eenvoudig. Indien die persoon eerlik was met aansoek, sou Momentum die aansoek of geweier het of n mediese belading gegee het. Sou sy aansoek geweier gewees het, sou daar in elk geval nie dekking gewees het nie. Die publiek kritiseer Momentum onregverdig nou. Risiko versekering berus op eerlikheid. Die onderskrywer by Momentum ken nie elke mens se mediese geskiedenis nie, dus vind onderskrywing plaas op grond van die mediese inligting wat voor die onderskrywer is.
Let wel: Eerstens, met my skrywe het Momentum toe besluit om uit te betaal die volle R2.4m, wat n uitstekende gebaar is van hulle – dit was nie kontraktueel nodig gewees
en nie en Tweedens, ek is n adviseur by een van die ander groot Finansiele maatskappye, dus is ek heeltemal onpartydig.

Mornay ·

As jy kan ry hul .Maar hou net ingedagte dat die jobie maklik R500 000 of meer kan raak en geen saak is water dig nie en kan jare draai

Pieter ·

Vinnig om premies te vat. My skoonsuster het vd teledata ONE LIFE wat jou bel n polis uitgeneem wat se geen mediese ondersoeke verlang nie. Sy gaan in vir n galblaas operasie. Komplikasies tree in en sy is toe oorlede. Versekering versoek dr verslag. Dr meld sy het ruk gelede longontsteking gehad. VERSEKERING WEIER OM UIT TE BETAAL AGV DIE LONGONTSTEKING. PRESIES DIESELFDE AS DIE GEVAL ONBUDSMAN VAT VERSEKERING SE PART. PATETIES

Hennie Theart ·

Vir my is dit duidelik:
1. “N brief wat se geen mediese ondersoek word verlang nie, maar sal later gedoen word.
2. Moord word nou ingebring – almal van ons staan ‘n kans om vermoor te word. Die gevolg is dat ons almal ‘n kans staan dat geen uitbetaling sal plaasvind nie.
3. Ondersoek na dood deur ‘n huisdokter? Hoekom nie ‘n otopsie gedoen nie?
4. Hoekom die premies wil terug betaal?
Hier is ‘n slang in die gras, en Momentum moet geondersoek word.

Johan ·

Hy het gelieg oor sy diabetes om ‘n laer premie per maand te betaal.
Hy kon moontlik nie eens dekking gekry het oor sy toestand nie.

Nou wil hulle hierdie beveg? Nee wat – Momentum is korrek indien hierdie waar is.
Ek sou ook nie aan hulle uitbetaal het nie. Die oorsaak van dood is nie die saak hier nie. Dit handel oor die feite – hy het vals dekking gekry omdat hy gelieg het.

Koos de Meyer. ·

Momentum, discovery, Spur en al die ander pasop, fynskrif maar wat belaglik is die man is doodgeskiet en is nie dood agv. Bloedsuiker nie. Dis siek.

SjN ·

Momentum het reg opgetree en is ook so beslis deur die ombudsman, daar is inligting weerhou en as daar gemeld was van suiker sou daar beslis n hba1c (suikertoets) as vereiste gestel wees, die uitslag sou hetsy belading, uitsluiting of afgewys word, Sy huisdokter moes dit in die rekord van mediese verslag gemeld het met al die datums, besoeke en rede vir konsultasie. Die inligting kan ook van sy mediese fonds gekry gewees het indien hy aan n fonds behoort. Hy moes dit geweet het. Dit was 4 jaar terug. Laat hul die onmiddelike vooruitbetaling van R50 000 verreken tov premies ontvang plus rente.

Nettie ·

@Johan (hier bo) – ek stem: die man het (dalk) gelieg. Hy het (dalk) geweet hy is ‘n diabeet of het verhoogde suikervlakke, maar dit (waarskynlik) nie verklaar nie.

Ek het onlangs probeer om lewensversekering uit te neem, maar is summier AFGEKEUR deur SANLAM Life gebaseer op ‘n vraag-en-antwoord lys wat ek vooraf moes invul. By verdere navraag is daar weer gekonsentreer op my diabetes en moes my huisdokter ‘n baie volledige verslag indien, ek ‘n in-diepte “medies” ondergaan en bloedtoetse gedoen word. Daarná het SANLAM Life my oorweeg vir versekering – teen ‘n BAIE HOËR premie.

So, hoe onmenslik dit ookal klink, ek dink beide Momentum en die Ombudsman was reg: indien daar inligting weerhou is, word die versekering “null & void” verklaar op grond daarvan en het die dame geen eisregte nie. Dit is niks minder as reg as Momentum die premies terugbetaal nie. Hulle is vrygewig deur toe te gee t.o.v. die begrafnisvoordeel, aangesien laasgenoemde deel van die lewensdekking vorm.

Ekke ·

Ombudsman beteken niks. Ons het n motor gekoop en dit het vier keer in eerste drie maande gebreuk. Hul wou nie dat ons voertuig terug gee. En wet se jy mag. Die groot ondernemings met die baie geld wen gewoonlik by ombudsman.

Daan ·

Ekke. Ekke is seker jou motor se bloedsuiker was te hoog. Jy moet asb ‘n verslag van jou motorwerktuigkundige indien.

Sophia ·

Ek dink beslis sy het ‘n goeie saak teen Momentum! Hoe bewys hulle dat haar man hoë bloeddruk gehad het toe hy die polis uitgeneem het? Ek glo nie enige regdenkende mens sal met soiets lieg as hy die aansoekvorms invul nie… My broer het erge emfiseem gehad toe hy in 1999 by sy huis gehijack en koelbloedig doodgeskiet is deur drie polisiemanne wat van diens af was, en sy versekering het uitbetaal, want hy het nie emfiseem gehad toe hy jare voor die insident sy polisse uitgeneem het nie! Niemand kan voorsien watter siektes jy gaan kry as jy die dag jou polisse uitneem nie, en mens neem dit mos JUIS uit vir die dag wanneer siekte mens tref en jy doodgaan om vir jou familie voorsiening te maak! Vir my is dit net ‘commen sense’!!

SjN ·

Sophia, hou dit ook net in gedagte dat jou broer as roker dit verklaar het en n baie hoer premie betaal het vir die risiko.

Nettie ·

@Sophia, waar val jy uit met die “hoë bloeddruk”-ding? Die man het diabetes gehad ….. verhoogde suikervlakke!

Sophia ·

My broer het nooit gerook nie… Inteendeel, hy was ‘n pastoor van die AGS Kerk in Olifantsfontein.

Karien ·

Ek glo as hy die polis uitgeneem het en voor hy dit uitgeneem het nog nooit by n Dr was oor sy bloeddruk nie, het hulle nie n voet om op te staan nie, want dan is daar geen bewyse dat hy dit gehad het of selfs daarvan geweet het toe hy die polis uitgeneem het nie. Party mense voel sleg, maar hol nie met alles Drs toe nie en so kon hy dit gehad het, maar nooit eers daarvan geweet het toe hy die polis uitgeneem het nie. Versekeraars sal alles probeer om uit n betaling te kom, veral as dit so groot bedrag is en die polis nog nie eers vir lank uitgeneem was nie.

Ek stem! ·

Hou aan baklei, want al die premies is betaal en jy het dekking gehad. Hul was bereid om jou premie elke maand te vat. Hy is nie dood aan sy Bloedsuiker nie. Wat het sy bloedsuiker te doen met die skietery ? Hoekom is dit getoets?
Sy dood in ‘n ongeval en dit moes summier uitbetaal word sonder vra. Momentum word nie benadeel nie.

Andre Kaap ·

B en Barries. Dit was momentum se fout, hulle vat die premie maar weet dat die toetse nie afgehandel is nie. Soos met baie ander dienste is hulle vinnig om jou geld te vat maar waneer hulle moet betaal is daar altyd iets. Wie se die ou was oneerlik. dis n simpel dig om te se.

Anna ·

Presies. Momentum het die versekering toegestaan en die paaiemente verwelkom. Dit was húlle verantwoordelikheid om die kliënt te lei in álle voorwaardes. Die mentaliteit om dít aan ‘n weduwee te doen wie se man vermoor is, spreek boekdele. Veral nadat sy en haar man getroue betalers van premies was… Geldwolwe kan harte hê van graniet, maar Iemand weet en sien…

Antoinette Muller ·

Ek weet nie wie hier reg of verkeerd is nie, maar as dit die dame is, hoop ek werklik sy kry die geld.

Antjie ·

Momemtun het blykbaar ‘n probleem met verhoogde suikervlakke> ek wou verlede jaar ook vanaf Ou Mutual oorgaan na Momemtum toe. Het toe die mediese toetse afgele en volgens hulle moes ek ook my suikervlakke laat toets by ‘n dokter want sien, my broer en suster is diabete maar ek is nie, en op grond daarvan het hulle aangedring daarop dat my suikervlakke ook getoets moes word. Hulle wou nie aanvaar dat my suikervlakke normaal was nie. Ai

Abe ·

SjN,
Jy is heeltemal korrek. Om inligting te weerhou wat vereis word by n aansoek vir n polis is bedrog en dit maak die polis onmiddellik ongeldig. Met ander woorde Momentum het geen verpligting meer om hulle kant van die bepalings van die polis na te kom nie.

Abe ·

Antjie,
Natuurlik sal dit vir Momentum belangrik wees om vas te stel wat die suikervlakke van iemand is voordat hulle sy lewe verseker want verhoogde suikervlakke maak mense dood. Dit is bloot swak besigheid om iemand se lewe te verseker as sy bloefsuikervlakke buitengewoon hoog is. As so’n persoon sou veswyg dat hy aan hoe bloedsuikervlakke ly wanneer hy aansoek doen vir lewensversekering, pleeg hy growwe bedrog en die versekeraar het alle reg om te weier om die polis te eerbiedig.

Neels Faber ·

Arme Denise gaan nou nog meer geld mors op regs kostes.Die Ombudsman is neutraal,so hy sou die besluit omgedraai het,as Momentum verkeerd opgetree het.

Asmain ·

Polisse is n vermorsing van geld.
Versekeraars soek (en kry altyd) n rede om nie te betaal nie. My kind was die enigste begunstigde op sy pa se polis…Old Mutual het 3 jaar gesloer om uit te betaal omrede hulle die 2de vrou probeer oortuig het om n eis in te stel. Toe sy dit wel doen, betaal hulle haar 51% van die polis!!!!
Belê eerder maandeliks n bedrag

$ ·

My vraag: het die versekeraar ‘n spesifieke vraag in die aansoekvorm gevra oor ‘n vroeëre diagnose van verhoogde suikervlakke waarop hy “nee” geantwoord het, terwyl hy eintlik ja moes antwoord en dit geweet het? Indien wel, verstaan ek hul houding. Indien nie, is my vraag en kommer: hoe weet mens dan wat alles jy openbaar moes maak, veral as jy al vergeet het van ‘n toestand waaroor jy voorheen die dokter gaan spreek het en veral geen behandeling daarvoor ontvang nie? As die versekeraar geen mediese toetse vereis nie, moet hy minstens baie spesifieke vrae in die aansoekvorm vra om sy risiko te bepaal.

Ek is eens dekking geweier omdat ‘n ortopeed (ja, ‘n ortopeed!) besluit het ek ly aan depressie toe ek hom gaan sien het in ‘n tyd waarin ek voltyds gewerk en deeltyds studeer het en besig was met eksamen. My gemoed was laag en my stresvlakke hoog – toe skryf hy anti-depressante voor. Ek het dit aan die voornemende versekeraar openbaar gemaak en hul het besluit ek kwalifiseer nie vir dekking nie. Ek het nooit die voorskrif ingedien nie, nooit die pille gebruik nie en my eksamens deurgekom – maar vir die versekeraar was ek ‘n “te hoë risiko vir lewensdekking”.

Madelein Steyn ·

Die huis dokter kan sekerlik bevestig op welke datum die hoe bloedsuiker eerste opgemerk was.

Chivago ·

Madelien – dit is juis die problem, hy het skynbaar 2 weke voor die Momentum aansoek sy bloedsuiker laat toets en daaroor stilgebly op die aansoek. Momentum is van opinie dat hul nie die polis sou uitreik met die feite nie daarom is die eis (met reg) geweier.

KLEINTJIE ·

Sou die bedrag uitbetaal word as alles reg verklaar was met die uitneem van die polis en hy skilfers gehad het en dit nie verklaar het nie.

Abe ·

KlEINTJIE,
Nee, want skilfers maak mens nie dood nie maar verhoogde bloedsuikervlakke (diabetes) wel.

Ella ·

My man het n groot polis by die “groot o, groot m”uitgeneem toe hy 33 jaar oud was. Hy was toe reeds behandel vir n hartkwaal maar die agent het hom nie gestuur vir n volledige ondersoek al was dit n groot polis.
Ek was bekommerd oor my man dit nie genoem het tydens die uitneem vd polis. Sy redenasie was: hy is nie uitgevra oor sy hart.
Hy is oorlede op 39 en sy dokter het sy geskiedenis op die medieseverslag gemeld.
Hulle het die geweier om die polis uit te betaal.
Net ons premies is uitbetaal omdat hulle gese hethy nie die waarheid vertel het nie.
My argument was dat die agent hom moes stuur vir volledige toetse vir so n groot polis, so hy was deels te blameer.
Ek het nerens gekom met my argumente en voel vandag nog die gevolge van twee mense, my man en die agent, se onverantwoordelike optrede.
Ek is jammer dame, jy gaan nerens kom met hulle.

Koos ·

Mooi man. So hulle swyg. Speel nie oop kaarte met kliënte ivm vereistes nie, maar as die die dag van afrekening aanbreek (wanneer die kliënt na jare sr betaal van harte op hulle staatmaak) dan is daar skielik dié of daardie vet, logiese verskoning. Laat ons LEER…!

GM ·

‘Wat moontlik voorgekom het voordat hy sy aansoek om die polis in 2014 voltooi het’. Die ‘moontlik’ dui mos nou aan dat hy toe nog nie gediagnoseer was met suikersiekte nie? Moet elke liewe persoon nou elke dag hul versekeraars bel en ‘n ‘update’ gee oor hul mediese toestand?
Momentum moes doktersverslae aangevra het, of bloedtoetse laat doen het. Hul kan mos vereis dat ‘n persoon jaarliks getoets moet word. Hulle soek net ‘loopholes’ om nie uit te betaal nie. Die versekeraars vertel nooit vir ‘n mens die volle waarheid nie.

‘n Ander baie bekende instansie maak ‘n HIV en Cholesterol toets verpligtend. Ek het verder GEEN inligting verskaf behalwe naam en van, I.D. nr., graad, ouderdom, en natuurlik bankbesonderhede nie. Daar is geen mediese geskiedenis aangevra nie, en ek het ook nie eers gekies watse opsie ek oorweeg nie, hulle het self als gekies. Ek kon net teken. Almal wil net geld maak, maar mens word verplig om als te moet hê. As jy ‘n motor koop – versekering en tracking. As jy huis wil koop – lewensversekering.

Essie ·

Ek sê ook soos talle mense die man is nie dood as gevolg vn bloedsuiker nie maar iemand wat hom geskiet het dus na my mening is dit nou n geval van betaal.As dit die geval is sal ek weer dink voor ek enige lewenspolis gaan uitneem.

belaglikMomentum ·

die oorsaak van dood het NIKS uit te waai met sy suikervlakke nie. betaal uit soos van jou verwag word Momentum. Indien hy oorlede is aan suiker of verwante oorsake, JA dan kan jy dit terughou. Dis ‘n skande dat so groot maatskappy vertrou word en dan stories het as hul moet betaal.

Anoniem ·

toe ek so 3 jaar terug n polis by Liberty gevat het, het ek met die versekeraar ou gepraat en hy het dit duidelik gemaak dat maak nie saak hoe ek dood is nie as ek enigsins jok op die vorm kan hul die uitbetaling terug hou, of dit nou verband hou met die problem of nie. hy het ook gese dat as ek in tussen enigsins behandeling kry vir ‘n siekte of so moet ek hulle dadelik inlig en dan vat hul dit van daar af. daar was ook net ‘n MIV toets gedoen oor ek gese het ek het geen siektes nie.
ek kan nie mening gee in die situasie nie maar dalk het Momentum ‘n voet om optestaan. want ons versekeraar het dit baie duidelik aan ons gemaak. hy het gese ons moet asb nie jok op die vorm nie. dit kan groot problem veroorsaak

Abe ·

Anoniem,
Jou agent was natuurlik reg en het goeie raad gegee toe hy gese het moet nooit jok nie. (Selfs al lyk dit wat oor gejok word nie belangrik nie.)

Nettie ·

@Anoniem – uiteindelik! Iemand wat die ‘common sense’ het om te verstaan dat as jy LIEG, jou LEUEN jou gaan inhaal. As jy iets verswyg wanneer jy vir lewensversekering aansoek doen – m.a.w. nalaat om te noem dat jy verhoogde suikervlakke het of ‘n diabeet is – of wanneer jy LATER in jou lewe dalk die een of ander siekte opdoen waarvoor jy mediese behandeling ondergaan, wat jou lewensduur kan verkort (en dus jou risiko-profiel verander of benadeel) MOET JY JOU VERSEKERAAR DIENOOREENKOMSTIG IN KENNIS STEL. Indien nie, word dit as verbreking van die polisvoorwaardes, waarvoor jy geteken het, gesien en sal die polis nie uitbetaal nie.

Harambe ·

Ek het hoeka ‘n lewens-polis by Momentum. Ongelukkig is dit deel van my pakket, anders het ek dit summier gekanselleer.

Tammy ·

As die versekeraar nie aandring op mediese toetse nie, hoe kan hulle dan besluit om nie uit te betaal nie. As ek my aan kos vergryp wat hoog is in suiker en dan gevolge het en n dokter besoek vir n eenmalige geval beteken dit hulle gaan nie my polisse uitbetaal nie? Die versekeraar moet ook SY KANT beskerm en aandring om volledige mediese toetse ongeag klein of groot polis, dan sal hierdie tipe onaangenaamheid nie voorkom nie.

WILLIE ·

ombudsman beteken niks ekt dokumente in my hande gehad dat n handelaar my motor sou terug koop agv vals n advertensie toe verander hul hul storie gee alle bewyse aan die ambudsman het hul gereeld geskakel wag nou al 4 jaar so moenie die ambudsman inbring hul moet betaal

STEFAANS ·

Moennie by klein maatskappye polis uit neem nie. In die tagtigs was daar ook stryery oor dood in vliegtuig. OLD Mutual het uit betaal maar SANLAM weier en soek ALTYD VESKONINGS, redes om nie uit te betaal nie. SANLAM het ook al bankrot gespeel en weier om vir mense dit te vertel. So mense moennie sukkel met klein MATSJAPPYE nie. As jy geld wil verloor bly dan by Momentum, Sanlam, KLientel (Clientel) en Metropolitan. JUL GAAN BAIE GELD VERLOOR!!!!!

Die Waarheid ·

Stefaans jy praat nonsens. Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Sanlam het die beste uitslae as jy kyk na die Ombudsman se statistiek.

Alta ·

Ek het al baie bloedtoetse laat doen tov my bloedsuiker vlakke. 1 keer in 2 jr en 8 mde gewys dis verhoog. Ongeveer elke 3 mde getoets. 6 weke later was dit weer reg na vg toets Nou nog 100%. Hierdie man is vermoor en ek sou ook saak aanhou beveg het as ek sy vrou was. Hoekom na hy vermoor is met die stories begin. Soek hulle dalk maar net n rede om nie uit te betaal nie. Ek het begrafnis polis by hulle. Gaan dit verseker kanselleer.!!

Piet parys ·

Die man is nie aan onnatuurlike oorsaak dood nie . Want in suid afrika is dit ^ normaal ^ om vermoor te word . Hoekom stel momentum nie hul saak nie sodat ons weet wat feite

Nicolette ·

Momentum weier 99% van die tyd om eise uit te betaal al het jy waste bewyse en al het jy die forms 100% reg ingevul saam met ‘n makelaar sal hulle steeds redes soek om nie uit te betaal nie maar jou premies sal hulle elke maand klokslag vat sonder heiwer. Ons het dieselfde bloutjie geloop met Momentum (Al te wel nie ‘n doods eis nie – Maar met ‘n Kritiese siekte eis) Al het jy 10 jaar na aanvang van die polis eers siek geword verskonings sal hulle soek om NIE te betaal nie!!!

LVH ·

As die man gestref het agv die bloedsuiker, dan kan ek dit verstaan. Die man is VERMOOR! Wat het dit met die prys van eiers te doen? Alle versekerings maatskappye is blerrie skelm, en sal altyd ‘n uitweg vind om nie te betaal nie.

Sonette ·

Momentum kan bepaal hoeveel dekking die premies wat betaal is, sou wees met belading agv bloedsuikervlakke bygereken en betaal dit dan aan die begunstigde uit. Die klient moes die aansoekvorm volledig voltooi en, as hy het, sou daar beslis meer as net MIV toets aangevra word.

MPN ·

Momentum steun op `n simpel hofuitspraak van jaar toet.
Hulle moet eerder die verhoogde risiko bepaal en die polis uitbetaling dienooreenkomstig verminder, as dit dan nou moet. Hulle behoort ook nie die reg te he om `n polis te wyer bloot omdat die persoon verhoogde suiker gehad het nie. Dis ook nonsens. By implikasie will hulle net aan absolute gesonde mense polisse gee? Hoort nie in die moderne tyd so te wees nie. Argaiese maatskappy.

Ellisras ·

Momentum is reg. Ek het jare terug ‘n polis uitgeneem. Na die mediese vraelys wat ek EERLIK beantwoord het is is ek vir toetse gestuur. Het ‘n redelike belading (boete) per maand gekry. Wat ek aanvaar het. 3 jaar later ‘n gevreesde siekte GEKRY. Wat overwant is aan oorspronklike belading. Polis het uitbetaal omdat ek aan die begin EERLIK WAS.

tamboti ·

Geen siekte of gesondheids probleem is die oorsaak van moord nie, ‘n eerbare Versekeraar sou uitbetaal met die lewering van doodsertifikaat wat onatuurlik/ moord aandui. Dit is jou en my geld wat hul vir die versekerde gee, nie hule eie geld nie – maar hul roem op groot winste en groei in besigheid!

Marinda Van Tonder ·

Ek sal graag wil weet of dit eenmalige lab toets was wat verhoogde bloedsuiker aangedui het en of hy vastend was ( soos dit hoort) tydens die toetse. Vingerprik toetse kan ook nie geld vir diagnose van verhoogde bloedsuiker nie Enige inname van suiker,peppermint/koffie kan eenmalige verhoogde bloedsuiker aandui en nie beteken hy lei per sy aan verhoogde bloedsuiker wat eintlik dan as diabetes verklaar behoort te word en dan behandel word. Doen bietjie ondersoek.

Ek dink ·

Die belaglikheid van hul stellings is absoluut verstommend. Ek weet hierdie tipe maatskappye is gou om jou geld te vat en onwillig om uit te betaal, maar hierdie is regtig die toppunt van belaglikheid. Sy bloedsuikervlakke het mos NIKS te doen met hoe hy dood is nie! Ek sal beslis nooit n sent op hulle mors nie!

Rot ·

As Momentum so “eerlik” is, waarom dan aanbied om die vrou se maandelikse premies wat sy al betaal het, terug te betaal aan haar? Ek ruik ‘n rot!

Anonieme Lafaard ·

Sjoe SjN, jy tree darem getrou in die bresse vir Momentum. Werk jy nie dalk vir hulle nie?

Daan ·

Ek verdedig eerlikheid. Dit is die fondament van ‘n ordelike samelewing. Die Zuma dae is verby.

Tina ·

Is dit net ek, maar hier ruik ek ‘n rot….. dis ‘n groot polis, verswyg die bloedsuiker vlakke (klink of Mevrou geweet het van die suiker vlakke, en makelaar moes dit geweet het toe hy polis geskryf het) anders sou hul nie versekring gekry het nie… klink of Mevrou die premies betaal het… en 3 jaar later word Meneer vermoor…… was daar nie paar jaar gelede ook stories oor groot polisse en moord later nie……..

Deon Scheepers ·

Ek het al jare ‘n polis by Standard Bank vir hospitaaldekking. Het intussen ‘n diabeet geraak. Onlangse eis van die hand gewys omdat ek opgeneem was vir ‘n seerplek aan my groottoon wat a.g.v. verstopte are weens bloedsuiker nie gesond wou word nie. Ek lees nie elke maand die bepalings van die polis nie . . . . .

Geweeg en te lig bevind ·

Momentum kon op dag een of enige tyd daarna ‘n mediese verslag aangevra het. Hulle was tevrede om die polis premies elke maand te verhaal vir hoeveel jaar sonder om dit te doen. Indien die klient nie vermoor is nie sou hulle aanhou om premies te verhaal vir hoeveel meer jare, sonder om ooit ‘n mediese verslag aan te vra. Intussen het die kliente geglo hulle is gedek vir moord. Skelms.

Anoniem ·

Dit is alle versekeraars se doelwitte om geld te maak en daarom het ek geen versekering nie want kyk nou in die ou se geval hy word dood geskiet maar hulle soek n rede om nie die eis te betaal nie want nou was sy bloedsuiker vlakke te hoog. Het hy gesterf aan suiker siekte ? NEE en daar is baie sulke gevalle. Jy vat versekering uit jy voel goed gaan nie dr toe nie en vyf jaar later gaan jy dood in n motor ongeluk nou word daar n nadoodse ondersoek gedoen en daar word bevind jy het n lekkende hart klep iets waaroor jy gee kennis gedra het want volgens jou was jy perdfris en gesond. Nou kom die versekeraar en se hulle betaal nie uit nie want jy het die een of ander siekte. Mense hoeveel mense gaan na n dr dan se die dr jy maker niks en oor n jaar is die person dood aan n siekte wat misgekyk is. Daar is duisende sulke gevalle. Vat jou gel sit dit in n belegging en trek rente al leef jy n leeftyd of nie jou metgesel kry wel n paar rand. Versekaars is soos die regering self verryking

Helien ·

Ek is n diabeet en dit so aan ons makkelaar gese. My man kon n polis op sy naam uit ge neem het. Ek het ook deur die toetse gegaan en is gedek vir n baie klein bedrag as ek sou sterf. Is beter om eerlik te wees en niks weg te steek nie want as dit n groot bedrag is sal hulle soek en 100% te vrede wees voor hulle enige iets sou uit betaal.

Ai tog ·

Wat het hulle op die aansoek vorm geopenbaar.??? Hoekom het die agent nie sy werk reg gedoen nie. Daar is duidelike vrae wat geantwoord moet word met die aansoek. As jy nie openbaar jy ly aan suiker nie gaan die maatskappy nie vra vir ander toetse nie.

Netta ·

Ok so as jy n polis uitneem en bv. Geen verhoogte suikervlakke het alles is 100%. Jy kry die polis en 2 jaar later gebeur iets en jy word bv. N diabeet 2. Of kry intussen n hartomleining. Moet jy jou versekering laat weet. Want as jy dood gaan bv. Jy word vermoor en jy laat hulle nie weet. Bt hulle nie uit want jy het n hartomleining gehad.

Oester ·

Nee, die probleem is hy het die kondisie gehad VOOR hy die polis uitgeneem het. As jy ‘n kondisie ontwikkel NA die polis uitgereik is sal hulle steeds die dekking hê. Die kliënt het gesê hy het nie suiker probleme nie maar die dokter se verslag het gedui dat hy wel die kliënt vir suiker behandel het voor die polis uitgeruk het. Die probleem met mense wat lieg is dat almal kan dan polisse uitvat en lieg oor gesondheid en hoop hulle gaan nie aan daardie kondisie dood nie en so doende spaar hulle op premies want as die versekeraar geweet het van die kondisie sou hulle of ‘n belading op gesit het of die polis a gekeur het.

Mariaan ·

Sy versekering is nie geldig nie omdat hy oneerlik was toe hy sy aansoek ingevul het. Dit maak nie saak waaraan hy dood is nie … die aansoekvorm is die dokument tussen versekeraar en versekerde. Hy het dit onderteken wel wetende dat indien hy sy bloedsuiker sou noem sy premie verhoog sou word.

Jacques ·

Momentum het dieselfde met my gedoen na ek medies ongeskik bevind is. Ek alle bewyse en verslae na hulle gestuur soos aangevra, maar hulle bly verskonings soek om nie te betaal nie. Hul vinnig om jou te aanvaar as lid en jou geld te vat. Verdomde skelms !!!!!!!

Lees kontrakte ·

Mense is baie oningelig oor versekering. Lees jou kontrak en vra vrae.

Makelaar stel nie die mediese vereistes nie. Klient antwoord die vrae op die aansoekvorm en keurders doen dan keuring op grond van antwoorde.

By sekere mpye MOET jy hulle in kennis stel as jou gesondheid verander NA uitname. Ander mpye hoef jy hulle nie in kennis te stel nie. Maak seker. Almal weet mos nou al om fyn skrif te lees?

M ·

Het die “verhoogde Bloedsuiker” hom beinvloed om sy vrou te beskerm?

D.M. Labuschagne ·

Ek het n polis gehad met gevreesde siekte dekking. Ek doen toe n gevreesde siekte op, raai wat ?

Die fine print se hul hoef nie te betaal nie.

Tog Druk ELKE polis smous ALTYD op vir gevreesde siekte dekking want dan is sy kommissie groter.

Basie ·

Momentum het die R50k betaal en sal dit nou “afskryf”. Big mistake, hierdie gaan hulle “byt”. Indien jy 100% seker is van jou saak, skryf jy niks af nie. Indien momentum die R50k kan afskryf, kan hulle maar die R2.4m ook afskryf. Niks te doen met menslikheid nie. My 2c, Momentum gaan “pakslae” kry!

Rooi Jan ·

Nee wat Basie hulle gaan nie. Die meeste groot versekerings maatskappye sal jou premies terugbetaal in n geval soos hierdie. Hulle gaan die R50K aftrek van daardie uitbetaling wat heeltemal hulle reg is. Die man moes gesê het hy ly aan suiker die vorms wat hy moes invul en teken vra baie spesifieke vrae hieroor. As hy eerlik was sou Momentum waarskynlik die polis afgekeur het. Die meeste versekeraars sal nie versekering toestaan in hierdie geval nie. Dis nie lekker nie maar hy het gelieg op die vorm. Dit is soos om te lieg op n werksaansoek vorm en dan onsteld te wees as jy afgedank word wanneer die maatskappy uitvind. Maak nie saak hoe goed jy gewerk het nie.

Lerato ·

Dis nou die les wat mens uit hierdie situasie moet leer.

As jy jou bloed-suiker vlak normaal hou sal niemand jou skiet nie.

Verseker liewer eerder by Outsurance. Hulle is nie so vol strooi nie

Lerato ·

Hierdie geval is net so absurd soos die Schabir Schaik geval.

Hy word tronkstraf vrygeskeld omdat hy “terminaal siek” is.

Dit terwyl daar hope gevangenis sterf maar nie vrywaring kry nie.

Slim van sy baas ·

Ek het ondervinding met Momentum… hulle het “manipulate ways” – be warned!
Did try to warn authorities – but no one cares to listen. Run while you can!

Lizelle Wessels-Hendriks ·

I am so happy for the family, but Momentum is a disgrace! They went looking for reasons not to pay. Why did they not do this kind of investigations when the late gentleman took out the policy? We have a very big Momentum
Policy, and believe me, I am going to overburden them with administration for my own peace of mind.

OS ·

En daar sien momentum hul alie! besluit na 2 dae se slegte publisiteit om toe maar die R2,4M uitebetaal……..

Linda ·

LET WEL….Nadat Julius Malema Leier van die EFF vandag landwyd n Twiet versprei het…PLEASE WARN MOMENTUM ….HET MOMENTUM DADELIK N VOLLE EIS VAN R2.5 Miljoen uitbetaal aan die begunstige. Ek hou by my stelling dat Momentum skelm is en soek redes om NIE EISE TE WIL UITBETAAL NIE !!!! Mense bly ver weg van Momentum, hul gaan nie na jou naasbestaandes omsien soos wat jy beplan het nie !!!!!!

My 2c ·

So as sy BLOEDSUIKER normaal was het hy nie gesterf van die koeel nie. Kom aan Momentum – julle weet jul is verkeerd. Jul het nie die mediese toetse voor sy dood gedoen nie. Jul is besig om julself in n knoop in te wurg. Wat het die oorledene se bloedsuiker te doen met die manier waarop hy gesterf het??? Regtig wil jul debatteer oor n punt wat geen invloed het op die oorsaak van sy dood nie. Mev Ganas – vat dit verder. Ons staan agter jou. Maak van Momentum n voorbeeld. Ons koop springmielies want hierdie gaan n lekker saak wees om te volg. Dit gaan die OJ saak na n kinder sprokie laat lyk. Sterkte

Kloekie ·

Sou graag wou weet: het n dr hom erens gediagnoseeer Met diabetes. Dan is dit n probleem. Of het hy erens n random Hoë eenmalige suikertoets gehad wat niemand opgevolg het nie en hy miskien daarvan vergeet het en toe tel momentum dit nou op na sy dood?

Nienodig ·

Mens kry meestal n lewens polis of bank lening as jy Kan bewys dat dit nie nodig is meen jy is blakend gesond of net ekstra Kan spaar en bietjie wag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.