Weduwee en seun by pa se begrafnis geskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n Weduwee is dood en haar seun gewond nadat hulle by haar man se begrafnisdiens geskiet is.

“Die skietery het Sondag by Grootgeluk naby Newcastle plaasgevind,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Beide slagoffers is vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, maar die 53-jarige vrou is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Die 30-jarige seun is in ‘n stabiele toestand.

Die verdagte is deur die begrafnisgangers aangekeer. “Hy is glo deur gemeenskapslede aangerand. Die verdagte is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem,” het Zwane gesê.

Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen wat glo in die voorval gebruik is, sowel as twee magasyne en nege koeëls. “Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of die vuurwapen vir enige ander misdade in die land gebruik is.”

Die 39-jarige verdagte sal na verwagting binnekort in die Madadeni-landdroshof verskyn waar hy van moord en poging tot moord aangekla sal word.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.