Weduwee kry skadevergoeding ná vliegongeluk

Annerie en haar man, Henk, voor die ongeluk. Foto: Facebook

Annerie en haar man, Henk, voor die ongeluk. Foto: Facebook

Annerie du Plooy (39) moet miljoene rande se skadevergoeding kry na ‘n vliegtuigongeluk waarin sy beseer en haar man oorlede is, berig die Citizen.

Du Plooy, van Olympus in Pretoria, moet R6,8 miljoen se skadevergoeding kry. Du Plooy het die boedel van Spencer Watson, haar man se stiefpa wat die vliegtuig gevlieg het, en sy versekeraars gedagvaar na die ongeluk wat in 2008 in Limpopo plaasgevind het. Watson (60) is in die ongeluk oorlede.

Du Plooy se man, Henk (31), het brandwonde oor 75% van sy lyf opgedoen nadat hy haar en sy stiefpa uit die brandende vliegtuigwrak getrek het. Hy is twee weke later in die hospitaal oorlede.

Annerie na die ongeluk. Foto: Facebook

Annerie na die ongeluk. Foto: Facebook

Du Plooy het in hofdokumente aangevoer dat die vlieënier nalatig was deur te wou land op ’n ongeregistreerde vliegveld, dit nie met die korrekte spoed en hoek genader het nie en dat die korrekte landingsprosedures nie gevolg is nie.

Die egpaar het saam met Watson in sy ligte vliegtuig gaan vlieg toe dit neergestort en in vlamme uitgebars het. Du Plooy het brandwonde aan 35% van haar liggaam opgedoen. Die skadevergoeding is om haar mediese onkoste te dek en vir vorige en toekomstige pyn en lyding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Dis net reg so. Die vlieënier het ‘n fout gemaak, en dis reg dat sy boedel betaal aan Annerie.

Sy gaan nog baie operasies en rehabilitasie (brandwonde wat BAIE lank om te genees) in die toekoms nodig hê.

ElzeMarie du Preez ·

Hierdie arme vrou is al deur soveel hartseer & seer in haar jong lewe & deur alles ondersteun & motiveer sy ander brandoorlewendes & hul gesinne, asook die bewusmaking van brandgevare, voorkoming & behandeling. Besoek gerus haar webtuiste om meer uit te vind van die ongelooflike werk van hierdie vrou & sien ook hoe JY betrokke kan raak om ‘n verskil te maak. http://www.heroburn.org

ElzeMarie du Preez ·

Wil tog net ook iets onder die koerant & lesers se aandag bring…die versekerraars het betaal nie die vlieenier se boedel nie & die ongeluk was Spencer se nalatigheid dis in die CAA se verslag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.