Weduwee op Vrystaat-plaas gemartel, verkrag

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 58-jarige weduwee van die Vrystaat is Sondagmiddag op haar plaas naby Harrismith aangeval, gemartel en vermoedelik verkrag.

Sers. Mmako Mophiring, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die aanval het tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind.

“Twee onbekende mans het die vrou by haar huis ingewag. Hulle het haar oorval toe sy teruggekeer het nadat sy sake op Bethlehem gaan doen het,” het Mophiring gesê.

Die verdagtes het die vrou, wat glo alleen op die plaas woon, in die huis in gedwing waar hulle haar met kledingstukke vasgebind het.

“Hulle het haar verskeie kere met ʼn mes gesteek en met ʼn warm strykyster gebrand en aangedring op geld. Sy het vir hulle gesê sy het nie baie geld nie, net dit wat sy by haar gehad het.”

Die mans het haar glo ook verkrag voordat hulle met die vrou se wit Mahindra-bakkie gevlug het. Hulle het die geld wat sy by haar gehad het en ʼn selfoon gesteel.

Sy kon haarself ná die aanval loskry en het hulp ontbied.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou het ernstige beserings opgedoen en is vir steek- en brandwonde behandel. “Sy is na ʼn privaathospitaal op Ladysmith geneem vir verdere behandeling,” het Botha aan Maroela Media gesê.

Mophiring het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die slagoffer se voertuig is ook nog nie gevind nie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek wat ʼn verdagte wit Mahindra-bakkie met Vrystaat-nommerplate  sien, om hul naaste polisiestasie te bel. Ons kan ongelukkig nie die bakkie se nommerplaat bekend maak nie, om die slagoffer se identiteit te beskerm.”

Die Harrismith-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord, huisroof en verkragting. Mense met meer inligting oor die voorval, kan die stasie by 058 624 1000 bel.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Linda ·

Dit is so tragies, maar ek wil tog ‘n vraag vra. HOEKOM bly vrouens ALLEEN op plase? Dit is mos nou regtig moeilikheid soek.

Lynette ·

Linda, haar man is oorlede, dis haar tuiste, wat moet sy doen? Dis oral gevaarlik in die land

Linda ·

Lynette, ek verstaan die begrip van man oorlede. Dis hoekom sy ‘n weduwee is. Ek is ook een – so ek verstaan dit regtig. My bekommernis is dat as mens in so ‘n situasie is, hoekom die ekstra voorsorg tref deur iemand daar te laat bly nie, miskien ‘n vurwapen? In ons land is niemand nerens veilig nie, maar om vrou alleen op ‘n plaas te woon is regtig om van jouself ‘n uiters “sagte teiken”te maa’k.

Illa ·

Mense, jul maak alweer die fout om die slagoffer te blameer vir ‘n geweldige barbaarse trauma waaraan sy blootgestel is. Daar is nie ‘n: “ek is jammer, maar ….” in hierdie situasie nie. Sy het NIKS verkeerd gedoen nie. Niemand het die reg om haar dit aan te gedoen het nie. Soos ek al vantevore gesê het, gaan jy die juffrou blameer as jou kind ‘n potlood op haar tafel steel, omdat sy die potlood daar laat lê het? Nee man, regtig! Ek raak so boos. Ja, sy kon baie dinge gedoen het, maar al het sy selfs nie een van die dinge gedoen nie, MOES en MAG dit wat met haar gebeur het nie gebeur het nie. Sy is die onskuldige, onthou dit voor julle allerhande blaam rondslinger!

Dee ·

Illa, jy ruk nou alles wat gesê is kompleet uit verband. Lees weer en leer om tussen die lyne ook te lees en dan sal jy en Lynette verstaan wat Linda sê. Dit behoort nie nodig te wees om altyd alles presies uit te spel nie.

Gert.j ·

Haai ouens , daar is iets fundamenteel verkeerd met hierdie gesprek , ek verstaan voorsorg en wat daarmee saam gaan maar ek wonder so n bietjie waneer die gesprek n wending begin neem waarin die slagoffer verantwoordelikheid moet aanvaar vir die chaos in die land …… se ook maar net …… en net vir ingeval , ekself het tenspyte van meer as voldoende voorsorg self die “vooreg ” gehad om in my inrit geskiet te word ……..

Annika ·

Julle moet liewers nie kommentaar lewer as julle nie die mense ken nie. Sy het haar redes hoekom sy alleen op die plaas bly en nie in die dorp nie. Ek ken haar, sy is een van ons kliënte, maar ek gaan nie haar naam bekend maak nie. My hart was vanoggend bitter seer omdat dit met haar gebeur het!! Sy het NIE gevra daarvoor nie!!! Sterkte A xxx

jacques ·

Ok so jy meen sy is die skuldige een,en al het sy n man gehad sou dit elkgeval nie gehelp het nie want hy sou dan nou dood gewees het.
So sit en wag ons almal maar om aangeval te word en niemand doen iets daaraan nie want dis political nie reg om daaroor te debate nie.

Gideon ·

Linda, jy is belaglik om so stelling te maak!! Kom ek vra jou- hoekom bly vrouens dan alleen in huise , of in woonstelle? Daar word vroue ook vermoor. Dit is die vrou se brood en botter. Gaan jy daarvan hou as jy as vrou wat in die dorp woon jou werk moet los net omdat jou man dood is!! Dit is wat jy voorstel, dat vrouens moet verhuis omdat hulle nie alleen mag bly nie!! Pleks dat jy die verkragters die skuld gee!!!

annette duvenhage ·

Hoekom mag sy nie op haar plaas bly en boer nie….dit is haar reg om te bly waar sy wil.

Ongelukkig word die publiek nie beskerm nie en die skelms het meer regte as ordentlike belasting betalers en “law obiding citizens” Dit maak my woedend elke keer as ek lees hoe ons wittes gebrandmerk word en boonop gemartel en verkrag word in ons eie huise en grond.
NIEMAND met ‘n wit vel, man of vrou hond of kat is veilig in hierdie land nie. Ons is gebrandmerk en klaar.

Elisabeth ·

Hoekom nie? In enige ander land as dit normaal is kan ‘n persoon alleen op ‘n plaas bly. Dit is verkeerd dat mense hulle lewens moet verander vir mense was siel siek is.

Chrisna ·

Korrek reg Elisabeth, maar in jou eie woorde – IN ENIGE ANDER LAND! Ongelukkig nie ons EIE land nie.

ig ·

Linda en sou sy veiliger gewees het om in die dorp te bly ?NEEE.

ladybug ·

1. Hoekom bly sy alleen?
2. As sy alleen bly hoekom het sy nie ‘n vuurwapen nie? En as sy ‘n vuurwapen het, hoekom dra sy dit nie by haar nie?
3. Kyk nou die gemors?
4. wat is die registrasie nommer van die Mahindra bakkie?

Wally ·

Ons kan die skuld maklik op die slagoffer plaas, vra liewer wanneer ons gaan saam staan en die skuldiges uitsort wat ons so met minagting behandel.

Danie Kok ·

Linda, ek wil tog ‘n vraag aan jou vra. HOEKOM kan vroue nie alleen op plase bly nie? HOEKOM vra jy nie eerder aan die misdadigers WIE aan hulle die reg gee om andere se regte van hulle te ontneem nie? HOEKOM reken jy dat die vrou wat aangeval is “moeilikheid” soek? HET sy geen reg om veilig te voel by haar huis nie?

CECIL ·

Ja die vraag is wat het hulle daar uit te waai , hulle het nie net gekom vir geld en selfoon nie. Die wereld om ons is besig om in een te stort , danksy die kremineel.

Dr Pieter J Visser ·

Danie, ek stem met jou saam. Hoekom word die fout altyd by die slagoffer gesoek en nie by die misdadiger nie. Ons mindset in SA is alreeds van “ons is jammer want ons is altyd verkeerd”. Dit grief my erg!

Bruno Stef ·

Mag ons verneem wat die aanvallers en die slagoffer se se ras is die hele berig klink vir my n wegskram en opsetlike weerhouding van feite om watter rede wonder ek.

Hugo Diedericks ·

In SA word ras slegs gerapporteer indien die aanvallers wit en die slagoffers anderskleurig is..dan is dit a rassevoorval…volgens die SA media het rassisme n primere kleur…dit gaan ook nie verander nie, dis Polities korrek jy weet… skaam ons!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Wanner gaan plaas anvalle eendag ophou ek raak nou moeg daar voor magtig kan iemand iets doen asb kom ons almal staan saam en betoog daar teen ons steek a paar regerings geboue aan die brand miskien word ons gehoor mede SA ners so kan dit nie aan gaan nie .

Helen Raper ·

Ek boer ook, moet ek nou verkoop omdat hulle mense vermoor, hulle vermoor in die dorp ook.

FJD ·

Ek dink eerslik die vraag oor hoekom sy alleen bly en vrae oor n vuurwapen is irrelevant – dit het niks met die aangekeentheid uit te waai nie – my magtig wie gee die oortreders die reg om haar privaatheid te skend haar aan te rand en te verkrag!!

SNEL ·

Ek stem saam (Danie Kok, Cecil en FJD) hoekom moet ons nou juis hierdie arme vrou aanval met sulke woorde, sy is deur hel, ek dink sy het ondersteuning nodig. So iets kan met enige een gebeur. Wie verwag so iets helder oordag. Ons as burgers van die land het die reg om veilig te voel op enige plek en te bly waar ons graag wil. Ja, dinge het verander en dis van ons ontneem, maar kom dat ons nou nie die slagoffer aanval nie, kom ons gee die vrou ons ondersteuning. Pleks dit en dat, en as sy maar dit of dat, het geen een nodig om te hoor wat nou net deur so verskriklike gebeurtenis is nie, en so iets kan met ons dorpsjapies ook gebeur. Sy het dit nie verdien nie, dis vreeslik en dit is soos Busfark van Pletsen sê; miskien moet ons ook saam staan en betoog en n paar goed afbrand sodat ons gehoor kan word en suke plaasaanvalle gestop kan word.
Baie sterkte aan die dame!

Theresa ·

Ek bly ook vrou-alleen in my huis. Dit is nie regverdig om ons daarvoor te ‘blameer’ as iets gebeur nie. Ek het hoë mure, alarmstelsel, paintball pistool en 6 honde maar weet dat dit n kwessie van tyd sal wees voor dit my beurt is om myself te beskerm. Of ek nou een alleen of n huis vol mense het gaan nie n verskil maak nie.

Sindi ·

Sjoe Theresa, dis aaklig dat ons in ons land so ver moet gaan om onsself te beskerm! Ons woon nie op n plaas nie, maar ons huis kyk ook soos ‘Fort Knox’ net om die wetters te probeer uithou! Weg is ons almal se basiese mense regte!!

Winston ·

Elke indivudu se veiligheid moet deur die staat verseker word deur misdaad te voorkom en oortreders te straf. Moet ons almal onsself in tronke toesluit, by kinders gaan bly of wegkruip in n kluis? Ons het regte wat deur die staat beskerm moet word! Wil ook graag weet wat is die ras van aanvallers (dink ek weet reeds) en slagoffer. Waarom met mes steek, brand met yster en verkrag? Nou het die misdadiger regte(deur regering daargestel) en die slagoffer het net lyding. Sterkte vir haar.

Sindi ·

Danie, jy en ig sit alweer die pot mis!! My eerste reaksie toe ek die berig lees was ‘hoekom bly sy vrou aleen op die plaas, sy weet dan wat in die land aangaan’. Nes ek en Linda wonder meeste lesers dieselfde! Jy weet egter presies wat hulle die ‘reg gee’ om te doen wat hulle doen.

Amanda Breedt ·

‘n Vrou het die reg om onafhanklik te wees. Sy moet egter weet as sy daardie voorreg wil he, moet sy verantwoordelik optree en haarself beveilig. Verby is die tyd wat die swakkeres beskerm is – nou is hulle die teiken. Ons bly in ‘n land wat eintlik in oorlog is maar die meeste mense ken nie eers ‘n basiese selfverdediging nie. Ek het op 54 begin met karate en is nie ‘n dag spyt nie. Gesondheid en selfvertroue.

Elsie ·

Dit is en bly baie tragies! Sterkte eerstens aan die slagoffer. Dit word so maklik gesê en môre het almal weer vergeet. Hoeveel geld moet ons spandeer net om “veilig” te wees? (Sal ons ooit wees?) Hoeveel mediese onkoste het so slagoffer nie en kan hy dit bekostig? Die staat moet daarvoor opdok! Die hartseerste van alles is: al word die wonde genees, geestelik is jy ‘n wrak! My hart gaan uit aan elke slagoffer want wanneer is dit my beurt of iemand na aan my? Enige wit suid afrikaner voel na aan my en elke dag kry ons daardie tipe nuus en dan hoor ons nie eers van almal nie. Sterkte!!!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Johann Marx ek hou van jou komentaar ,Maar jy noem iet daar wat dalk aandag moet kry hoekom moet ons belasting betaal as dit asgevolg van misdaad is ek wonder hoeveel miljoene die staat daar uit kry .Jy kry a hospitaal rekening van R 60000.00 en jy betaal 14% btw staat maak geld .

F Slabbert ·

Hierdie verskriklike dinge MOET met die wereld gedeel word, sodat hulle kan weet wat in Suid-Afrika aangaan. Is daar enigsins n manier wat ons hierdie misdade aan ander land kan deel?

Elizabeth ·

Dit skeel die wereld min wat in die RSA aangaan. Het die wereld miskien ‘n vinger gelig om die blanke boere in Zim te help???

Brett ·

Daar is nou weer ‘n hele klomp mense wat Linda doelbewus verkeerd moet opneem! Almal weet sy praat van die praktiese implkasies nie die beginsel nie. Dit is immers ons realiteit al vir meer as 300 jaar? Dit is immers hoekom die praktyk van bijwoners ontwikkel het in ons kultuur?

pop ·

Nou gaan ek seker weer aan gevat word oor die volgende stelling. Daar is geen afskrikmiddel vir kriminele nie, die regering word boonop ryk met al die misdaad. En dan die groot ding, in die vorige bedeling was enigiemand te bang om eers n pakkie vuurhoutjies te vat want hulle het geweet. Jy sou boet daarvoor. Die 2 knape sou nou al gevang gewees het en hulle sou die doodstraf gekry het. Finish and klaar.

Hein ·

Pop, stem heelhartig met jou saam! Die gesprek is nie veronderstel om te handel of mense alleen in hul huise of plase bly nie; dit is hulle reg om dit mag doen en die regering is veronderstel om hulle reg om dit te doen te beskerm. Dis is maar wat gebeur as ‘n terroriste organisasie die land beheer: die terroriste wat rondloop het meer regte as die mense wat hulself saans moet toesluit. Ek sal eerste in die ry staan as hulle mense soek om die hefboom te trek sodat hy kan swaai aan sy nek!

Elizabeth ·

Hoekom is ons buurland Botswana se misdaadsyfer so laag – omdat hy die doodstraf toepas. Dis al afskrikmiddel wat sal werk.

Eugene ·

Statistiek wys dat mense al hoe veiliger voel naby aan hulle huise, maw soos jy verder uit jou gemaksone beweeg raak jy meer onrustiger. Die skelms weet dit en daarom wag hulle jou in by jou huis, want dan is jy op jou kwesbaarste. Meeste mense word omkant betrap omdat hulle aspris met jou slot peuter en wanneer jy daai oomblik jou gedagtes laat dwaal met:”Wat gaan nou aa? of is dit die verkeerde sleutel dan oorrompel hulle jou. kan jou wed syt pakkies in een hand gehad en bos sleutels in die ander…. geen maar geen tyd om na jou wapen te gryp nie…. dis nou maar ongelukkig so…. leer maar net ‘n lewensles hieruit… sterkte dame hoop jy word gou beter en mag die Here sy hand van beskerming oor jou hou…

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Mooi Poplanp ek like jou stelling nou praat ons lekker saam ons moet net a oplosing kry een wat werk en vinnig ook . En so gaan dit aan as dit nie die boere is dan dit die renosters en pelemoen koripsie transito rooftogte verkragting kapings . Al die misdadigers dink mos die tronke is oor vol hulle sit mos net a derde van hulle vonnes en dis die probleem .

jacques ·

Ek het erns iets gelees dat Suid Africa se krime klaar n punt bereik het wat te hoog is om weer na normaal te kan terug keer.

Erika Kotze ·

Dee: Die vraag was in duidelike Afrikaans
1: Hoekom bly vrouens alleen op plase? Geen verskuilde sinspeling volgens my : haar gevolgtrekking dis moeilikheid soek, nogsteeds geen verskuilde sinspeling ‘n stelling word gemaak en volgens my ‘n ongegronde stelling.
Sommige van ons het nie die luukse om te kan doen en bly waar ons wil, omstandighede maak dat sekere dinge maar net gedoen moet word, so Danie Kok en Pieter Visser klink vir my na heel rasionele intelligente mense. Staan eers self in iemand se skoene voor jy op of aanmerkings maak, ek boer self en dit is duidelik dat jy geen idee het waaroor dit regtig hier gaan nie.

johann Fouche ·

Mense wat slagoffers van misdaad veroordeel tree volgens my krimoneel op en weet nie waarvan hulle praat nie. Moet sy op haar relatief jong ouderdom haar inkomste prysgee om kriminele te ontduik. Snert, Zuma en sy ANC trawante moet tot verantwoording geroep word. Hulle is soos die kriminele besig om die land vanuit hul poste as leiers te beroof. Veroordeel my maar maar ek kry lekker as enige van die sogenaamde regeringsamptenare met hul lewe boet in hul jaagtogte op ons land se paaie. Net jammer van die onskuldige padgebruikers wat soms tydens die oongelukke met hul lewens moet boet.

Justa ·

Ongelukkig lewe ons nie in n normale land met beskaafde inwoners nie.

Eugene ·

Dit begin hier en ons kom dit nie na nie…moenie jou rug op MY draai nie….Op 16 Desember 1838 het Andries Pretoruis ‘n Gelofte afgele, Let WEL nie ‘n Belofte nie maar ‘n GELOFTE aan GOD dat indien Hy hulle sou help sal hulle/ons en hulle/ons nageslag God eer en dit ‘n heilige dag maak….. ons kom dit nie meer na nie en solank as wat ons wegskram sal ons die pyn moet verduur…ek klink dalk bemoeisiek en sinies maar ek dink ons moet as nasie bietjie introspek doen en hoe vinniger hoe beter …of ons gaan aan en lag dit af…dis mos nie ek of jy wat daai Gelofte gemaak het nie, so why care???

SNEL ·

Ek stem Eugene. Hoog tyd dat ons Geloftedag weer ernstig opvat en die dag hou soos ons voorvaders gesê het ons sal.

Sonika ·

Moet asseblief nie die fout soek waar dit nie is nie. Die feit van die saak is, hulle en net hulle was verkeerd om haar aan te val. Sy het die reg om te bly waar sy wil en hoe sy wil. Hulle het nie die reg om haar aan te val nie. Hou asb op om allerhande verskonings uit te dink.

ABC ·

‘n Strykster is ‘n vroulike persoon wat strykwerk doen. Volgens die berig is die slagoffer met ‘n warm “strykster” gebrand. Gee gerus aandag aan spelling om ‘n swak indruk van die nuusblad te voorkom.

Phillip ·

Dankie vir die terugvoer. Ons vra om verskoning vir die blaps en het dit reggestel.

Vriendelike groete.

Phillip Bruwer (nms Maroela Media)

Eish! ·

Sy bly seker alleen want dit is wat sy kan doen om haar brood op die tafel te kry. Haar man is dood, wie moet sorg? Sy is op ‘n stadium waar sy moet regmaak vir pensioen en dalk nog kinders op universiteit ook. As my man dood is (wat ek nie het nie) moet ek aangaan soos altyd om alles te voorsien wat hy sou voorsien het. As sy alles verkoop en trek, waar moet sy gaan bly? Hulp van die staat is net vir die wat die regte kleur het.

Engela de Klerk ·

Dertig jaar gelede was ‘n tante van my ‘n beesboer en het alleen in haar huis gebly, maar nie sonder voorsorgmaatreëls nie. Sy het geweet sy kon, toe al, ‘n sagte teiken wees én sy het haar werkers se taal vlot gepraat. Ek is uiters jammer wat met die dame gebeur het, maar dis vandag en vandag KAN ‘n vrou nie alleen op ‘n plaas woon nie. Ek het familie wat boer en wanneer die mans weg van die plaashuis is, neem hulle kennis. Daar word nie net gedoen en geleef soos dertig jaar gelede nie. Daardie dae is verby en dalk vir altyd so. Moet seblief nie kom en sê dit kon met haar ook gebeur het in die dorp nie, want almal weet dit is so, maar op ‘n plaas alleen? Verseker!

Ek bid vir haar herstel.

Henry ·

Dankie tog Engela vir jou innie kol kommentaar!
Ons almal is deeglik bewus daarvan dat misdadigers in hierdie land ‘n vrye hand het om te doen wat hulle wil, terwyl daar ‘n uitstekende kans is dat hul kriminaliteite ongestraf sal bly.
Natuurlik is die arme slagoffer onskuldig! Ek glo dat niemand wat kommentaar lewer, dit betwyfel nie.
Ons bevind ons egter in ‘n staat waar ‘n korrupte regime nie daarin belangstel om die mees basiese verantwoordelikheid, naamlik die beskerming van die burgers van hierdie land, kan of wil nakom nie.
Aanvaar die feite wat ons elke dag konfronteer en aanvaar dat ons in ‘n rampokkerstaat leef.
Daarom is die oorlewingskanse van ‘n vrou OF ‘n man wat alleen op ‘n plaas of kleinhoewe woon, uiters gering. Trouens dit is ook nie veel beter indien jy in ‘n dorp of stad woon nie.
Al wat ons kan doen is om soveel voorsorg as moontlik te tref teneinde te verhoed dat jy deel van die misdaadstatistiek van hierdie droewe land word.

AmY ·

As ek in my huis aangeval word (en woon alleen), wie se skuld gaan dit wees? Myne? Ek glo nie so nie.

johan ·

Al die moorde, aanrandings, verkragtings kan net voor die deur van die anc regering gele word. Dit is hulle wat niks daaraan doen nie en is dus direk verantwoordlik vir alles.

Angel ·

This woman has spent almost all her life on the farm. She comes from a family of farmers that have fed you and I. We as South Africans have a bad habit of blaming the victim. Would a man or a gun have resulted in a different outcome? Probably not. Will we wake up one day and realise there are no longer enough farmers left to feed our land? God Bless our farmers.

marlene ·

Graag wil ek u almal asseblief vra om vandag ‘n besluit te neem en te sorg dat jy by die nodige ondersteuningsgroep aansluit, betrokke raak sodat jy ingelig is en die nodige voorsorg tref om jouself en jou gesin te beskerm. Ek beveel aan dat u betrokke raak by Afriforum en Solidariteit wat tans besig is om aksies in plek te kry t.o.v. ons beskerming in Suid Afrika. Ons moet onsself versorg deur op hoogte en ingelig te wees, ons moet by die nodige ondersteunings netwerke aansluit sodat ons mekaar in hierdie omstandighede kan bystaan en ons moet erns maak daarvan om meer te doen om ons eie veiligheid te waarborg. Laat ons eers by onsself begin en ernstige veranderinge maak in ons eie situasie, daarna ons bure,vriende, familie ens. betrek om saam ‘n verskil te maak in ons lewens omstandighede. Ons weet reeds almal wat die huidige situasie en klimaat van geweld, verkragtings,roof, moord ens. is, dit is nou tyd dat ons self verantwoordelikheid neem vir ons lewens en nie daarop staatmaak dat enige instansie of persone aanspreeklikheid daarvoor gaan neem nie. Sterkte aan u almal, ek maak staat daarop dat u vandag aksie neem vir u omstandighede in Suid Afrika en positief sal saamwerk en deel wees van ‘n nuwe positiewe gesindheid in woord en daad. “Ons vir jou, Suid Afrika”

Gerhardt ·

Ek bid vir die arme dame. Ons sal moet begin wyd dink, hoekom nie ‘n koverte koevoet opstel nie? Dan is ons mos ook vruheidsvergters. En wat is dit met stryksyters en verkragting? Altyd diesefde storie, ek sweer ek sou my strykyster “booby-trap”. En ons weet die ras, stilbly is mos ‘n antwoord. Nou, wanneer doen ons hakke jag manne?

Gerhardt ·

Bring terug koevoet! Kom ons stig weer ons eie koevoet vir hakke jag. Ek bid vir die arme vrou!

William ·

Mense, instede van onder mekaar baklei, wonder ek hoekom ons nie lan saam staan nie?. Elke dag gebeur sulke wrede dade teen ons onskuldige mense-ons bly stil!. Eintlik-ons druk ons koppe soos n’ volstruis in die grond in!. Tot ONS luidkeels kan betoog-waar is die boere met hulle plaas gereedskap?. Reel georganiseerde betogings!.. Weerhou belasting-eis ons KOMMANDO’s terug.. Wees weerbaar en laat die vyand weet ons is nie hulpeloos nie!.. ToT ons n’ ” show of force” op die been bring gaan die nonsens nooit ophou nie. Die Afrikaan verstaan nie soebat en mooipraat nie.. Hulle verstaan en respekteer iemand wat sterk en braaf is, en wie nie sal skroom om sy man te staan nie.

Mike de Beer ·

Westerse norme en beskaafde beginsels geld eenvoudig nie. Ons ook ophou om die fout by die slagoffer te soek. Dit is hoofsaakklik in Afrika waar jy nie jou vryheid kan geniet op jou duurbekomde eiendom nie. Waarom martel en verkrag? Watter soort mens het so ‘n “mindset”?

Annale Nel ·

Dis regtig so baie hartseer en tragies dat hierdie onmenslike gebeure elke liewe dag gebeur …ek kan net bid en hoop dat ons almal in hierdie land sal weet hoe om te oorleef !
Ek vra net “hoekom ?” Weet nie meer hoe om te voel nie en baie sterkte aan almal (insluitend myself) …daar moet weer na ons sogenaamde regstelsel gekyk word …..sulke wreedhede moet die doodstraf kry .Ek en my man bly ook op n plaas .

Fanie ·

Ek glo d slagoffer het meer reg op lewe en ‘n vredige normale bestaan as ‘n misdadiger. Mens kry d indruk hulle jag ons asof ons diere is en dit is nou die “inding” Om hulle “stempel” so af te druk op ons vredige wetsgehoorsame burgers. Wrong turn se mense bly daarmee wegkom.

Jenny ·

Ons moet ons bly plekke so beveilig teen die kriminele dat lyk of ons kriminele is wat in tronke bly. En dit is onaanvaarbaar. Dit wat met haar gebeur het was onnodig en syt dit nie verdien nie. En hierdie korrupte regering is hiervoor te blameer, want hul doen niks daaromtrent nie omdat hulle die kriminele toelaat om eintlik hulle vuil werk vir hulle te doen, want hulle wil van ons ontslae raak maar weet nie hoe nie. Dink dis tyd dat al ons blankes teen hulle begin opstaan. En dan laastens, vir die mense wat altyd ‘n eier te le het as Maroela Media ‘n spelfoutjie gemaak het, wees eerder dankbaar want jyt nie nodig om te betaal om te weet wat om jou aangaan nie. Bekommer jou eerder oor belangriker dinge soos die geval hierbo ens

Willie ·

Ja hier is so baie kommentaar, en die meeste maak sin na een of ander kant toe, maar die enigste wat aan die sweer van misdaad in ons land iets kan doen, wil of kan nie want die vrot is binne daardie afdeling net so erg as daar buite(polisie en regering ek spel dit spesiaal met kleinletters want hulle is nie hoofletters werd nie). As hulle dan nie die doodstraf wil terug bring vir halsmisdade nie, gee dan lewenslank sonder die opsie van parool. (Miskien sal dit hulle bietjie afskrik)

William ·

Ek wil net se dit het niks te doen met of sy vrou alleen is en of sy n vuurwapen gehad het en waar sy bly nie. My skoon ouers het verlede jaar paasnaweek ook in Harrismith gaan vakansie hou vir die naweek om hulle ander seun van Johannesburg halfpad te ontmoet. Hulle was dus twee mans, twee vrouens en twee kinders. My skoon ouers is altwee daai naweek vermoor en hulle seun vir dood agter gelaat. Hy het gelukkig herstel na maande se behandeling. Gaan lees maar op oor Brian en Tillie POPE. Dis net afskuwelik wat in ons land aan gaan

Chris ·

Dis rasisties en apartheid vanaf 1994 tot nou toe op wit mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.