Weduwee uit meer as R1 m. bedrieg

Die finansiële adviseur het geld uit die boedel onttrek en vir homself gehou. (Argieffoto: pixabay)

’n Hoof- finansiële raadgewer by die Tswaing-munisipaliteit in Noordwes is deur die Valke in hegtenis geneem, nadat hy ’n weduwee glo uit meer as R1,4 miljoen bedrieg het.

Thebeyagae Petrus Hotane (47) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Delareyville verskyn waar hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê dat Hotane glo in 2019 deur ’n weduwee, wie se naam nie bekend is nie, aangestel is om haar oorlede man se boedel te bestuur.

“Die beskuldigde het glo R68 000 aan die weduwee oorbetaal waarna hy glo stelselmatig meer as R1,4 miljoen uit die boedel onttrek en vir homself gehou het.

“Die aangeleentheid is deeglik ondersoek wat gevolglik tot sy inhegtenisneming gelei het.”

Die saak is hangende ’n verdere ondersoek tot 9 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon ·

Neewat my maat, jy moet maar vir jou kry wat kom. Moeilikheid gesoek……moeilikheid gekry

johanf ·

Sulke mense veroorsaak dat ons ouer mense wat hard gewerk het, vir ons aftrede, geroof word, ja bedrog, en geen simpatie…. Kyk net na hul lewenstyd wat hulle gehanfhaaf het…
SIES……

Lourens CFG ·

In vandag se dae, HOE weet mens watter finansiële adviseur gaan jou nie indoen nie?
Mens sien dit só baie.

SjN ·

Maak gebruik van geakriditeerde raadgewers by erkende makelaarshuise, daar is klomp in die finansiele wereld, kry ook ander insette en opinies, dienste is beskikbaar.

Moedeloos ·

As hy by n munisipaliteit werk en bedrog pleeg hoe lyk die munisipaliteit se boeke?

Nico ·

Hierdie ou moet alles terug betaal al moet hy gaan leen, verkoop sy huis sy meubels sy kar/karre. Trek hom kaal uit.

Misky ·

Hy is ‘n finansiele raadgewer, maar werk by die munisipaliteit. Wonder watter een was die “sideline jobbie” gewees? Daai klas van geld maak jy mos seker jy gaan na ‘n ordentlike instansie en wees veilig

akkedismis ·

Dis haar eie skuld om so gevang te word! Het sy nie familie wat raad kon gee nie?

Danie ·

Finansiele raadgewer wat by n munisipaliteit werk op die belastingbetalers se koste?
En dan privaatwerk doen?
Ek verstaan glad nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.