Weduwee vas wat glo lieg oor hoe man sterf

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Weduwee is Dinsdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo gelieg het oor die oorsaak van haar man se dood om vergoeding by die Padongelukkefonds (POF) te probeer eis.

Marlene Pietersen het glo op 24 April 2018 ʼn vals eis namens haar oorlede man, Niklaas Gallant, by die POF ingedien.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, het Pietersen aangevoer dat Gallant op 7 Julie 2014 in ʼn motorongeluk in Joubertina dood is.

“Gallant is egter dood toe hy van ʼn brug afgeval het.”

Die POF het kort nadat die eis ingedien is teenstrydighede ontdek en ʼn klag by die Valke aanhangig gemaak. Ná ʼn deeglike ondersoek het beamptes vandeesweek die 42-jarige Pietersen in hegtenis geneem.

Volgens die Valke sou dié eis die fonds nagenoeg R700 000 uit die sak gejaag het.

Pietersen, wat Dinsdag in die hof in Gqeberha (Port Elizabeth) verskyn het, is met ʼn waarskuwing vrygelaat en die saak teen haar is uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

2014…..2021…bykans 7 jr wat ondersoek geduur het..
WOW ..maar hulle is vinnig

Elmarie ·

Geld is nie uit betaal nie omdat dat hulle teenstrydighede ondek het.

Swerwer ·

Ja kyk, wat sal persone nie alles doen vir geld nie, gaan my verstand te bowe. Die persone het geldmal geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.