Weduwees eis R9 miljoen na heli-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie vroue wie se mans dood is toe ʼn polisiehelikopter in 2010 naby eMalahleni (Witbank) neergestort het, eis dat verstekvonnisse van R9 miljoen teen die polisie toegestaan word, het Beeld Maandag berig.

Barry Hurter, die vroue se regsverteenwoordiger, het gesê die polisie het hom verskeie kere versoek om nie voort te gaan met die aansoek op 2 Februarie in die hooggeregshof in Pretoria nie. Volgens Hurter het die polisie egter nie op hul vorige dagvaardings reageer nie.

“Dit gebeur net nie. Dit is regtig moeilik om teen die staatsprokureur te litigeer as hul kantoor ongeorden is,” het Hurter gesê. Ao. Thinus Gouws se weduwee Diane, ao. Colin Davids se weduwee Florence, en kol. Percy Maduna se weduwee Thuli, voer in hofdokumente aan dat kapt. Wickus Zaayman, die vlieënier, se beweerde nalatigheid tot die ongeluk gelei het.

Sers. Kobus Henning, ao. Dirk van Aswegen en sers. Daniel du Bruyn, is ook in die ongeluk dood. Die kantoor van die staatsprokureur het aangedui dat hulle die eise teenstaan, aangesien dit die belastingbetaler erg sal benadeel. Die polisie ontken dat Zaayman nalatig was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pop ·

Die belastingbetalers word deur die staat benadeel nie arme weduwees nie

Elize ·

Wat is R9 miljoen vir weduwees in vergelyking met R246miljoen vir Nkandla nou wil die polisie dit teenstaan, omdat dit ons belastingbetalers gaan benadeel. n pluimpie vir die persoon wat aan die belasting betaler dink. Gee hom n pos in die Nkandla sage!

Henk ·

En die multi miljoene wat die staatsprokureur op Selebi spandeer het en toe afgeskryf het? Dit het nie die belastingbetaler benadeel nie?
En die multi miljoene wat deur Zuma gebruik word om hom uit die hof te hou? Op klagtes wat NOG belasting geld raak? Dit benadeel ook nie die belastingbetaler nie?

Dave ·

En ‘n kwart biljoen rand wat gespandeer is op Nkandla, waar was die staatsprokureur tòe om die belastingbetaler te verdedig? Waar is hy wanneer kabinetsministers vir hulself voertuie koop van heelwat meer as ‘n miljoen rand met belastingbetalersgeld?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.