Week oue baba in veld gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Week oue babaseuntjie is onlangs sonder toesig in ʼn veld in Oos-Londen in die Oos-Kaap gevind.

Kapt. Mluleki Mbi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om die ouers van die babaseuntjie te identifiseer. “Die babaseuntjie is op 21 Julie in ʼn veld in Mdantsane gevind,” het Mbi gesê. “Hy is tans in die sorg van maatskaplike werkers en is in ʼn gesonde toestand.”

Mbi het enigiemand met meer inligting oor die kind versoek om sers. Noluvuyo Mapunye by 082 958 9267 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Hierdie berigte maak seer. Ek kan nie glo dat ‘n ma dit kan doen nie! Wat gaan aan met die mensdom?

EMK ·

@Leeutjie – die ergste is die eerste sin dat die kind “..sonder toesig in ‘n veld …” gelos is. Die waarheid is dat die arme kind wat ongevraagd gebore is, weggesmyt is in die veld! Maak my siek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.