Week oue baba langs pad gevind

Foto: Verskaf

Die polisie in KwaZulu-Natal het foto’s aan die publiek beskikbaar gestel van ’n week oue babaseuntjie wat Sondag naby ’n verlate huis langs die R74 in Maphumulo in dié provinsie gevind is.

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is die KwaDukuza-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe nog op soek na die baba se naasbestaandes wat nêrens in sig was toe ’n verbyganger op dié bondeltjie afgekom het nie.

Zwane vertel die baba was warm aangetrek en toegedraai in ’n kombers. Hy is na ’n nabye hospitaal geneem vir mediese behandeling.

’n Saak van kinderverwaarlosing is by die Maphumulo-polisiestasie aangegee.

Die eenheid het die gemeenskap van Maphumulo aangemoedig om die seuntjie se familie te help opspoor. Die polisie het Dinsdag foto’s van die baba uitgereik in die hoop dat iemand met meer inligting na vore sal kom.

Enigeen met inligting kan sers. Duma by 079 484 5748 bel of die misdaadhulplyn by 0860 010 111.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ronel ·

Arme weerlose ou babatjie wat nie gevra het om gebore te word nie, wat dit nie verdien om sommer so weggegooi te word nie! Eendag gaan iemand verantwoording MOET doen. Ek hoop hierdie mensie gaan baie baie liefde kry.

Iris Mulder ·

Los om die familie te soek,daar is so baie mense wat hunker na so bondeltjie.Laat hom gaan vir aanneming,sy ouers verdien hom nie……Met aanneming sal hy n liefdevolle huis kry en ouers wat nooit hul rug op hom sal draai nie,Hoop die ma lees dit en verdwyn van die aardbol af

Theresa B ·

Tipies – Altyd die maklikste uitweg. Daardie ou dingetjie het nie gevra om hier te wees nie. Ek hoop die ma en pa kry wat hul toekom.

ALTA VZ ·

Ek hoop die “owerheid” soek na die ouers om hulle op te sluit en nie om die baba terug te gee nie! Iemand het eendag tereg gese daar is baie mense wat rondloop, maar eintlik gehospitaliseer moet word – soos in ‘n gestig!

christa ·

arme dingetjie. Kon sy dit nie maar voor iemand se deur gaan sit het nie. So hartloos soos kan kom

Thea ·

Nie eers ‘n hond los haar kleintjies aan hulle eie genade nie.

Leeutjie ·

Kan dit nie ‘n ontvoerde baba wees nie? Miskien moet ‘n mens dieper kyk as om die ouers te beskuldig…

MJ ·

‘Die baba was warm aangetrek en toegedraai in ‘n kombers’… dit sè die mamma of pappa of wie ookal het genoeg omgegee om hom darem toe te maak.. wat kon verkeerd gegaan het? Hul na ‘n week van kind grootmaak net nie meer kans gesien nie? Dis so hartseer..

possie ·

gevoel hulle skuld hom darem die warm toemaak in ruil vir die volgende 18 jaar se kindertoelaag wat hy haar/hulle besorg. as sy bna vergelyk word met ander babas wat die afgelope paar jaar opgetel was,wonder ek hoeveel sibbe mag gevind word.

Asjas ·

MJ, ja ons weet nie wat is die omstandighede rondom die situasie nie. Die persoon wat die kleinding daar gelos het was miskien in n erge stryd en kon nie aan n ander uitweg dink nie, al is daar opsies. Ek sê nie dis reg nie, maar ons is almal vinnig om te oordeel sonder om te weet wat die omstandighede is. Mag die kleinding n veilige woning kry vol liefde.

Anoniem ·

Postpartum depression is erg…. ek stem glad nie saam met wat die ma gedoen het nie, dis heeltemal verkeerd, maar depressie is erg – ek hoop as dit die geval is kry sy hulp…. sy kon die mensie net veilig by ‘n hospitaal of so gelos het nie net so in ‘n veld nie….

koos harmse ·

daar is hoeveel mense wat alles sou gee om die kind te kan kry.hoekom hom weggooi en dalk vind iemand hom.wat jy saai sal jy eendag maai.

Jozi ·

‘n Saak van “kinderverwaarlosing”……. Rerig? Kom ons wees realisties.
As die baba nie betyds gevind was nie, sou hy by ‘n lykshuis opgeeindig het.
Met ander woorde, open ‘n saak van poging tot moord of wat is daai ander een? Manslag. Of wat van kinderverwerping (child abandonment).
Wat hier gebeur het is soos in ek los jou hier, ek kom nie terug vir jou nie, moet my nie kom soek nie.
Dis nie verwaarlosing as jy ‘n baba / kind op ‘n ashoop, sypaadjie of in ‘n asblik loop smyt nie.
Ek hoop nie hulle soek te hard vir die familie nie.
Mag hy by goeie mense uitkom waar hy net liefde en omgee kan ervaar.
Mag die Here met hom wees.

Gesiggie ·

N engel kind wat net so gelos word? daar is soveel ouers wat smag na n kindjie, Hoop die Baba word in goeie sorg geplaas, en kry soveel Liefde… want sy Ma verdien hom nie.

Jackeline ·

Iemand moes tog van die swanger vrou geweet het.hoe kan n ma so klein bondeltjie soos n weggooi hondjie los.sy kon hom na n welsyn vrou geneem het.al kon sy nie vir hom sorg.dit was beste opsie.

Ansa ·

Sjoe maar die judgement is genadeloos sonder feite. Dalk het sy ma hom gelos sonder gevoel (na sy hom aangetrek het en nie tot nou van honger laat vergaan het nie) of dalk kry hulle haar oor n week verkrag en vermoor in dieselfde bos. Ons het n gebroke wêreld, ek ken n Jong man wie se ma hom onder n brug weggesteek het omdat sy pa hom wou vermoor. Wat gee ons die reg om te oordeel sonder dat ons ooit 100% al die feite en volle agtergrond sal hê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.