Week oue baba ontvoer

(Argieffoto: Unsplash)

Die polisie in Klerksdorp, Noordwes, het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná ʼn vrou ʼn week oue babadogtertjie by ʼn winkelsentrum gesteel het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die babadogtertjie is Donderdag ontvoer.

“Die 17-jarige ma het verlede Maandag by haar huis geboorte gegee en die baba is Donderdagoggend in die Klerksdorp-hospitaal opgeneem vir ʼn ondersoek. Sy is omstreeks 14:00 ontslaan,” sê Funani.

“ʼn Vrou het die ma buite die hospitaal genader en gevra of sy vir die ma tekkies kan koop. Die ma het plakkies aangehad.”

Die ma het na bewering saam met die vrou na ʼn winkelsentrum gegaan en die vrou het vir die ma geld gegee om vir haar tekkies te gaan koop, terwyl sy by die babadogtertjie agtergebly het.

“Toe die ma uit die winkel kom, was daar geen teken van die vrou of haar babadogtertjie nie.”

Die ma het ʼn saak van ontvoering by die polisie aanhangig gemaak.

Die vermeende ontvoerder is sowat 1,65 m lank en praat Setswana. Sy het ten tyde van die ontvoering ʼn swart denimbroek en ʼn swart-en-pienk top aangehad.

Enigiemand met meer inligting om die ma met haar baba te herenig, word versoek om sers. Kenny Ntshekane by 082 568 6909 te bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KlipRSA ·

Hoe op aarde los jy jou week oue babatjies alleen by ‘n wildvreemde persoon. Nietemin, ek is seker die ma sit met genoeg skuldige gevoelens om nog kritiek van my af te kry. Ek hoop regtig hulle vind die babatjie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.