Week oue baba uit ma se huis ‘ontvoer’

ʼn Baba van ses dae oud is uit haar ma se huis in Meerensee in Richardsbaai ontvoer.

Klein Megan de Lange se biologiese pa het glo Donderdag omstreeks 05:10 met haar uit die huis verdwyn.

Megan het ʼn pienk hempie en grys broek aangehad toe sy vermis geraak het.

Volgens Missing Children SA ry die man wat Megan na bewering ontvoer het met ʼn swart Citroën met ʼn GP-registrasienommer.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het bevestig die Richardsbaai-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

“[Die ma], haar vriend en die baba het in hul huis in Richardsbaai geslaap. Nadat sy wakker geword het, het sy besef die baba en haar vriend is nie meer in die woonstel nie en sy kon hulle nêrens opspoor nie. Die baba se klere en doeke was ook nie meer daar nie,” het Mbele gesê.

Klein Megan de Lange word steeds vermis. (Foto: Facebook)

Enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 of die Richardsbaai-polisie by 035 901 2400 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jessica ·

He won’t get away with it, he need her birth certificate at the clinic’s for her injections. Hoe they find her very soon, if you have his cell number they can pin his location, or registraion number to see where his home address is. his going to sit for very long.

Nee aarde ·

Nee aarde jong man wat het jy gedink, die babatjie lyk goed versorg en as sy goed nie regdoen, kan jy haar mos aankla. Hul raak net boser. Vat haar terug na haar Mamma, werk julle dinge uit soos grootmense.

jaco ·

En as jy sê vat ‘n verhouding stadig, maak seker, bly weg van seks en trou eers na julle doodseker gemaak het julle is regtig vir mekaar bedoel, dan reën die beskuldigings neer van outyds, agter die tyd, verkramp, los ons tog net uit en en en.

Asjas ·

En hier dog ek, ek is die laaste van die verkrampte, oudtydse, terug op die brug ou mense.

Jolanda ·

Hoekom plaas hul nie n foto van die “vriend” nie, gaan dalk dan vinniger opgespoor word.

Vee ·

Getroud man en sy het met die man en sy vrou onderhandel om die kind te vat. Die vrou lieg deur haar tande. Drie kinders, Drie verskillende mans. 23 Jaar jonk.

Corrien ·

Ek sal nie so snel oordeel nie. Ons ken nie die agtergronde nie. Wat het die ma gedoen? Hoekom kom die pa tot so drastiese stap? Baie kere is bewys dat die ma ook lekker tricks het om die omgewing te mislei. Nee laat ons wag totdat ons die pa gehoor het. Dat die pa in die tronk moet, ek sien die regtertjies met hulle beriggies al lekker veroordelend werk. Die ma’s is nie altyd so onskuldig nie. Ek se weer laat ons wag met oordeel en veroordeel. Praat uit ondervinding.

Corrien ·

Nou wonder ek, waar staan in die Bijbel dat die ma die besitter van die kind is? Ek het die indruk dat die pa die besitreg op die kind het. Of lees ek die bybel verkeerd dames?

Dear ·

Oh my word. Jy klink op die aanval. Jy redeneer soos ‘n kind

Erik ·

Week oue babas word meestal geborsvoed. Sover ek weet kan pappas nie borsvoed nie. En gewoonlik neem mens mekaar in ag. Ons het skaars ons huis verlaat in die eerste paar weke met ons eersteling. Hoe op aarde kan jy die pa verdedig? Ek is self ‘n pa en hierdie is net verkeerd.

Belinda ·

Corrien jou punt hier. Eenvoudig jy ontvoer nie n kind punt. Jy gaan deur die regte kanale as jou kind nie versorg word nie. Die kleintjie is maar ses dae oud en sy lyk goed versorg vir my. Ek hoop hul kry die ou of pa wat dit gedoen het en slag hom lewendig af.

Oop Oge ·

Inderdaad so Corrien… Dis sy saad en sy het slegs die vrug voortgebring…
Die bloed van die lewe le in die man.

Min mense begryp daardie realiteit en verborgenheid.

Petro ·

Verkeerd is verkeerd en ontvoering is verkeerd – ongeag die rede. Daar is geen regverdiging vir hierdie saak nie. Daardie kind hoort by haar ma – dringend. Sy sal met skeidingsangs grootword agv hierdie optrede van haar pa (ma se vriend, ek veronderstel dit is dieselfde persoon).

Nettie ·

Corrien – as ‘n mens ‘n kind het, maak dit dat jy daardie kind “besit”? Is dit ‘n item, soos ‘n huis, ‘n kar, ‘n TV wat jy kan BESIT? Is ‘n baba of kind nie veronderstel om ‘n bron van vreugde en liefde te wees nie?

Anon ·

Ek dink daar is meer aan die storie want geen man sal ‘n 1 week oue baba sonder rede neem nie. So kom ons wag en kyk wat die uiteinde is en dan, dan kan ons onsself lekker oor die vingers raps omdat ons te gou veroordeel het. Of hoe dames? Ek is ‘n vrou maar glo nie dat ‘n man ‘n ding is wat afgemaak moet word om elke hoek en draai nie. Geen mens sal só ‘n risiko sonder uiters sterk motivering doen nie.

Skerpioen ·

Jy verstaan die Bybel vreeslik verkeerd. Maar ten minste lees jy nog Bybel. So dis ok….

Petto ·

Ja wat,Ek sit met selfde probleem,pa betaal onderhoud en medies maar mag kind net sien wanneer dit hulle pas,tot die ouma het gese sy meer reg op my kind as ek.So as Ek die Pappa kan raad gee,gee die kind maar terug,jy het nie reg op die kind

CK ·

Dié ma het die baba afgeteken. Wens mense wil nie onnodig die land op hol he nie. Sy moet van die begin af die waarheid gepraat het.

Anon ·

As dit inderdaad die waarheid is, gaan die dames wat Corrien so aanval darem baie vies wees vir hulself. ;-)

Corrien ·

Jessica, verduidelik waar staan in “jou bybel” waar die vrou die besitreg het op ‘n kind? Ek se weer n pa is die vader en kan nie sy eie kind ontvoerd nie. Dis sy kind.

Justice ·

Dit klink asof CK dalk mag weet waar die “vriend” hom bevind indien hy soveel kennis van die saak het.

Elize ·

CK, vertel asb wat jy weet. Hoekom sou die baba by die ma wees as sy haar dan afgeteken het ?? Maak nie sin nie .

Onnie ·

Ek kan verkeerd wees, maar die baba lyk bietjie ouer as 6 dae. Hier is meer aan die storie. Ek dink die ma vertel nie die hele waarheid nie.

Anni ·

Ai ai hoe weet die pa dit was sy saad. Was daar DNA toetse gedoen waar van julle weet. So nou waarom hof toe gaan as mens skei en kinders aan die vrou gegee, wat ook as die ma geken word. Kom die saad – baba nou nie ook van haar af nie. So net mans is dus onvrugbaar verklaar want sy saad is invrugbaar. So alle kinderlose ouer pare is dus nou volgens die bybel die man se skuld. Wat kan ek se – die mens…..

Gesiggie ·

Wat ook al die geval mag wees… ek hoop die Pa versorg die mooi baba en dat hy maar eerder vir sy eie beswil haar terug gee, hoe het hy toegang tot die huis gekry?? en hoe vas slaap die Ma dat sy nie eers hoor dat die man in huis was… met n baba van 6 dae”’ sal ek haar langs my bed gehad het”’ iewers is iets nie reg…maar solank sy veilig is en als goed sal afloop.

Cherokee ·

Baie onlangs, meer dae as weke gelede, was daar ook ‘n berig oor ‘n meisiekind van.. dink Randfontein of Krugersdorp, wat weggeraak het. Kort daarna ‘n berig dat sy opgespoor is, het met ‘n outjie weggeloop. Hoeveel seunskinders was in dieselfde kraamsaal?

DON'T ASSUME ·

Mense, ontspan asb … daar is whatsapp, (deur die Ma self gestuur) bewyse dat die Ma die kind nie wou he nie en vir die Pa gee, of hy vat kind, of sy gee kind vir aanneme, sy het selfs oa gese dat die Pa-hulle die kind die dag van geboorte moet gaan haal … sy het kindjie GEGEE aan die Pa en sy vrou, en gese hulle moet n prok gaan sien, al die nodige stappe neem, dan sal sy net teken om die kindjie af te teken … Nou skree se ontvoering???

WEL, DIS ALLES SWART OP WIT OP WHATSAPP SKERMSKOTE ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.