Weer glo oorsaak van kragonderbrekings in Tshwane

(Foto: Sebastian Pociecha/Unsplash)

Verskeie huishoudings in Tshwane is Maandag ure lank sonder krag gelaat. Dit is bo en behalwe die nuwe fase 4-beurtkrag wat vroeër die dag ingestel is.

Dié sporadiese en onbeplande kragonderbrekings is glo as gevolg van die gure weer wat Gauteng sedert die vroegoggendure beleef.

Volgens die Stad Tshwane is sy tegnici besig om aandag te gee aan die toevoerprobleme wat talle mense dié nat en koue dag sonder krag gelaat het.

“Die stormagtige weer wat tot grootskaalse kragprobleme gelei het, het veroorsaak dat daar ʼn groter agterstand in herstelwerk is,” sê Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro.

Tegnici word boonop nie toegelaat om tydens beurtkrag te werk nie omdat hulle kan skok indien elektrisiteitstoevoer onverwags herstel word. “Weens die nuutingestelde fase 4-beurtkragskedule wat Eskom vroeër die dag aangekondig het, is dié agterstand dus nóg groter.”

Volgens Mashigo het die stad al die bekwame tegnici wat hy moontlik kon spaar sedert vroeg Maandagoggend na die geraakte gebiede ontbied.

“Tegnici is op grond van die gebiede waar hulle woonagtig is, gegroepeer om die reisafstande tussen diensversoeke te verminder en dus die hersteltyd te verkort,” sê sy.

“Ons is daartoe verbind om te verseker dat alle inwoners van Tshwane wat deur die onderbrekings geraak word, se krag so gou moontlik weer herstel word.”

Talle inwoners van Johannesburg het hulle intussen tot sosiale media gewend, aangesien onbeplande kragonderbrekings ook in dele van dié metro plaasgevind het.

“Die krag het afgegaan kort nadat ons beplande beurtkrag gehad het,” sê een gebruiker.

City Power in Johannesburg het die publiek op Twitter op hoogte van die verskeie kragonderbrekings in die metro gehou. Luidens dié metro het talle gebiede óf vroeër as aanvanklik beplan is beurtkrag gekry óf hul krag het sonder waarskuwing vir ure afgegaan.

ʼn Groot meerderheid van die geraakte dele se krag is nog nie herstel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marthina79

Eksdom sal tot die man op die Maan blameer vir kragonderbrekings!

Shakespeare

Dwase ( Nie Andre of Oberholzer nie) maak die oorgrote werkspan van Evkom uit. Kader onbevoegde dwase. Die chaos is te verwagte.

Francois

So technici kannie werk tydens load shedding nie. En straat ligte moet in die dag brand sodat hulle kan sien watter om reg te maak. Dis nie net Margate waar dinge lekker gaan nie !

Papsak

Ja eskom moet maar ophou lieg ag ASB

annie

Daar is groot druk/planne om kamma die wit bestuurders die sondebokke te wil maak en die blaam vir die probleme op hul skouers te plaas sodat hul afgedank moet word om dan weer ‘n klomp lekker kaders in plek te kry vir ‘n voortsetting van die ‘goeie ou dae’; daar’s nou te veel beheer na die misdrywers/sindikate se sin en die sente word te veel omgedraai.