Wéér ʼn moontlikheid vir hewige donderstorms

Die provinsies wat Woensdag geraak kan word. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Die provinsies wat Woensdag geraak kan word. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag gewaarsku dat daar ʼn moontlikheid is vir hewige donderstorms in vyf provinsies wat kan gepaard gaan met swaar reën asook hael en wind wat kan skade aanrig.

Die gebiede wat geraak word is die hele Gauteng, die suidelike gedeeltes van Limpopo, groot gedeeltes van Mpumalanga, die noordelike gedeeltes van die Vrystaat en die oostelike gedeeltes van Noordwes.

Maroela Media het Dinsdag berig die broodnodige reën wat sedert Sondag geval het, het reeds erge hael- en waterskade in sekere gebiede tot gevolg gehad.

Talle buurte in die noorde van Pretoria waaronder Pretoria-Noord, Mountain View en Mayville is Maandag swaar getref waar hael, wind en swaar reën kitsvloede veroorsaak het, verskeie huise laat oorstroom het en dakke afgewaai het. Kliek hier om foto’s van die skade te sien.

Groot skade is ook veral aan die Oos-Rand aangemeld. Die donderstorms het ook vlugte by die OR Tambo-lughawe vertraag en kragpale aan die Wes-Rand omgewaai. ʼn Storm het glo ook ʼn ongeluk, waarin vyf mense dood is, op die M1-snelweg veroorsaak.

Limpopo, veral die Hoedspruit-omgewing, het Sondag onder ʼn hewige storm deurgeloop en verskeie mense het foto’s op sosiale media gedeel van haelkorrels so groot soos tennisballe. Nagenoeg 200 huise in dorpies soos Apel, Sekhukhune en Mopani is beskadig toe die huise se dakke afgewaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.