Weer speel nie saam op kiesdag

Foto ter illustrasie. (Foto: Johannes Plenio/Unsplash)

Sommige kiesers sal Maandag sweet wanneer hulle in die ry val om hul kruisies in die munisipale verkiesing te trek, terwyl ander liefs met sambrele moet gaan stem.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) kan kiesers in die sentrale en noordelike dele van die land op plekke uiters warm en sonnige weer verwag, met die kwik wat in sommige gevalle tot 35 °C sal styg. Diegene langs die kus moet hulle egter vir ʼn nat en koue verkiesingsdag staal, wanneer ʼn kouefront oor die westelike dele van die land beweeg.

Jacqueline Modika, weervoorspeller verbonde aan die SAWD, sê Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal, Noordwes en die Vrystaat kan meestal warmer toestande verwag.

Kiesers in Pretoria sal na verwagting ʼn minimum van 14 °C in die stad beleef met ʼn maksimum van 32 °C, terwyl Johannesburg ietwat koeler sal wees met ʼn minimum van 11 °C en ʼn maksimum van 28 °C.

Mbombela (Nelspruit) kan ʼn koel 16 °C verwag wat tot 33 °C kan styg. Polokwane sal Maandag soortgelyke weerstoestande ervaar met ʼn minimum van 15 °C en ʼn maksimum van 31 °C. Durban sal sonnig wees met ʼn minimum temperatuur van 19 °C en ʼn maksimum van 26 °C.

Diegene wat gaan tou staan by die stembusse in Potchefstroom kan ʼn minimum temperatuur van 15 °C verwag, wat later tot ʼn maksimum van 35 °C kan styg, terwyl Bloemfontein ook temperature van tussen 10 °C en 32 °C kan bereik.

Die Noord- en Wes-Kaap sal Maandag na verwagting bewolk, koel en winderig wees, met reënbuie al langs die kus. Die Oos-Kaap sal gedeeltelik bewolk en warm wees, maar later die dag koel en winderig wees, wanneer reënbuie oor die suidkus beweeg.

Upington kan ʼn minimum temperatuur van 14 °C verwag en ʼn maksimum van 25 °C, terwyl Kaapstad koud en nat sal wees met ʼn 30%‑kans vir reën en temperature van 13 °C en 18 °C. Gqeberha (Port Elizabeth), wat ook ʼn 30%‑kans vir reën het, kan ʼn minimum van 14 °C en ʼn maksimum van 21 °C verwag.

“Die weerdiens sal die publiek deurlopend op hoogte hou oor die veranderende weerstoestande op kiesdag,” sê Modika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

Ek sal my pad deur ‘n orkaan veg net om NIE vir die ANC te stem nie!

Robert ·

Inderdaad… gelukkig is my stemlokaal so 150m van waar ek woon.

Kerneels ·

Stem sal ek stem om ontslae te raak van die ANC, al moet ek deur die sneeu leopard crawl om my kruisie te gaan trek!

Anna-marie ·

Jy droom as jy dink jy gaan so maklik van die ANC ontslae raak. Droom maar lekker verder.

Kerneels ·

Anna-marie, ek luister graag as jy ‘n beter plan het…

Anoniem ·

Wie het op Maandag 1 November besluit? Hoekom kon dit nie eerder op Woensdag 3 November gehou word nie? Ek het ‘n vermoede dat baie mense ‘n langnaweek hiervan gaan maak en nie Maandag gaan stem nie.

DieKriek ·

Wel, ja, te oordeel aan die verskriklike verkeersknope op hierdie mooi Vrydag. Veel erger as die gewone maandeind verkeer. Almal gaan op vakansie.

NWT ·

Twee opmerkings van die mees prominente figure in die land het stem bevestig. 1. Ons visie president het gese dat die ANC 300 jaar benodig om die ongelykhede uit die skakel. Hoe gaan die land se staatkus na 300 jaar lyk . (2) Die president in die land se vir Soweto se inwoners as hul krag wil he moet hul ANC stem.

Kan iemand my se om deel van politiek te word moet n mens gaan studeer om te so te lieg . En waar gaan jy leer. Ek het n paar jaar gelede gelees dat die ANC het n politieke skool. Waar . Want ek wil inskryf. My probleem is dat hou van die waarheid en dat ek vind dit moeilik om te lieg. So miskien moet ek ANC stem net om te gaan leer hoe om so te lieg.. Miskien kry ek n BA graad in liegtery.

Ek gaan stem nie met my hart of emosies nie. Met my volle verstaan. Want ek sien met my oe wat om my gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.