Weerdiens se radars het nie gewerk tydens erge storms

Jerry-Lengoasa-uitvoerende-hoof-SAWD

Jerry Lengoasa, uitvoerende hoof van die SAWD, het gesê die weerdiens het die tesourie vir R30 miljoen gevra om sy infrastruktuur op te gradeer. Foto: Esté Meyer Jansen.

Die Suid-Afrikaans Weerdiens het gesê hy benodig ʼn belegging van R30 miljoen om sy toerusting op te gradeer nadat slegs twee van die instelling se vyf radars tydens die erge donderstorms op 9 en 10 Oktober gewerk het.

Die donderstorms het gepaardgegaan met swaar neerslae, sterk winde en groot haelkorrels wat Noordwes, Gauteng, die ooste van die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo getref het. Die munisipaliteite van Mogale City, Johannesburg en Ekurhuleni het die swaarste onder die gure weer deurgeloop.

KwaZulu-Natal is tot rampgebied verklaar ná die verwoestende storms wat die provinsie vroeër die week getref het. Minstens 11 mense is in die storm dood en talle word steeds vermis.

Jerry Lengoasa, uitvoerende hoof van die SAWD, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie by hul kantore in Erasmusrand, Pretoria gesê die radars word gebruik om die graad van storms te ontleed.

Hy het erken die weerdiens se radar by die Irene-weerstasie is eintlik die enigste een wat nie tans probleme gee nie. Die radars by Ottosdal in Noordwes en in Durban word binne die volgende week herstel.

Lengoasa het gesê terwyl die finansiële inspuiting gebruik sal word om die radars te herstel, moet die weerdiens se infrastruktuur ook dringend opgegradeer en gemoderniseer word.

Die weerdiens het ook planne om sy vermoë, om tornado’s te voorspel, te verbeter nadat die ongure weeromstandighede met drie van die vreemde weerverskynsels gepaardgegaan het. Tornado’s is in Ruimsig naby Roodepoort en Krugersdorp, Eloff naby Delmas in Mpumalanga en in Bethulie in die Vrystaat gesien.

“Tornado’s is steeds abnormaal vir Suid-Afrika, maar dit kom al meer hier voor. Die VSA is gerat om hierdie weerverskynsel te hanteer, maar ons eie voorsorgmaatreëls hiervoor skiet nog heeltemal te kort,” het Lengoasa verduidelik.

Volgens hom is die weerdiens tevrede dat hulle betyds die stormstelsels voorspel het, wat die erge donderstorms veroorsaak het. “Die waarskuwings daaroor is tydig aan die nasionale rampbestuursentrum en die media uitgestuur, veral as ʼn mens ingedagte hou net hoe vinnig die stelsels gegroei het.

“Dit was egter vir ons duidelik die oorgrote meerderheid van mense het nie hierdie kritiese inligting ontvang om hulleself en hulle besitting te beskerm nie.”

Lengoasa wil daarom ook die weerdiens se kommunikasiekanale opgradeer en uitbrei om dié inligting so vinnige moontlik by inwoners uit te bring. “Ons wil veral gemeenskapradiostasies en sosialemediaplatforms hiervoor gebruik.”

Hy het gesê die weerdiens beplan om ʼn YouTube-kanaal te ontwikkel en sy dienste op Facebook en Twitter uit te brei. Die weerdiens wil ook ʼn interaktiewe verbeterde app ontwikkel wat inligting oor weer en storms in die hande van die 20 miljoen aktiewe selfoongebruikers plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Daan ·

Daar is n goedkoper manier. Gratis. Teken in op een van vele weer App s. En siedaar. En die Apps is soms akkurater as die Weerdiens

Quinton Jacobs ·

Ek sal erken dat die vele weer webtuistes heeltemal aanvaarbaar is vir daaglikse gebruik, omdat die weer modelle baie verbeter het oor die 15 jaar wat ek werk as voorspeller. Maar, wat van die dae wat die modelle in die hek duik? Ons het ‘n akuraatheid van meer as 85%, wat ek kan staaf met my M.Sc. wat ek gedoen het. Menslike voorspellers het nog ‘n funksie omdat ons kan reageer as dinge verander. Die gebrek aan infrastrutuur en inligting in Suid Afrika is die rede vir voorspellings om soms verkeerd te gaan – jy kan net inligting gebruik wat tot jou beskiking is. As iets noemswardig gebeur waar jy nie inligting voor het nie, gaan jy dit mis. Dis hoekom die voorspelling gedurig aangepas word. Mense geheues is ook sleg – hulle onthou net die tye wat dit verkeerd gaan – dan is ons altyd verkeerd. Ek hou vol ons kry 350 dae in die jaar reg, ek sal so 15 dae gee wat die weer nie saam werk nie!

Buitestander ·

Altyd die tegniese apperaat maar nooit menselike fout nie.
Stelsel is altyd verouderd!

Dafer ·

@ Andre Cronje – ons koppe, maar ons gebruik nie die inligting wat verwerk word nie! Ons doen nie iets nie!

honourable member ·

Hoe pateties. Wys ma net hoe alles vergaan het sedert 1994.

Johann ·

En die indervind8ng om ENIGIETS te bedryf? PATETIES!!!!!!! ANC LEGACY. Departement vir departement in sy mmmmmmm in wanbestuur besteel afgeskeep. VIVA AFRIKA STANDAARDE!!!!! Vra die Guptas…of Zuma…of een van hulle Zumaikies in Zuptopia!!!!

REAList ·

Net nog ‘n ANC suksesverhaal.
Wonder of die CRAY rekenaars nog werk…
Gelukkig maak ek staat op apps.

Johan ·

Ek wonder of daar enige staatsinstelling in die land is wat nie verouderd is nie en bene in die lug le nie? Wat ‘n skade ek skaam my as oud staatsamptenaar dat sake so uitmekaar geval het onder die demokrasie!!!!

Dw ·

Kyk net so bo oor ons land se grense.
En sien wat is ons toekoms !

Wessie ·

Hoop nie hulle kry enige fondse hiervoor nie!
Hulle kan nie eers die waarheid praat nie, hoe de hel kan hulle enigiets voorspel?

Theresa ·

Ai, ai, ai, meneer Lengoasa. Dis al baie bewys dat dit eintlik maar min help as so duur storm reeds gewoed het en NOU skielik besef jul oeps!! ons apparaat is nie opgegradeer nie! Oeps! ons het nie dit nie en is nie dat nie. Nee wat. Mens noem dit SWAK BESTUUR. SWAK VISIE. SWAK BEHEER. Terwyl jul daaraan karring, steek kersop hoe ‘n hele nasie tot veiligheid gelei kan word in groot, groter, grootste natuurrampe. Dit kom – so moenie sit en wag daarvoor nie – hemel behoede!!!

Eish ·

Die towerwoorde is instandhouding, opgradering, navorsing, tegnologie en kundigheid.
Watter deel verstaan julle nie?

Francois le Cochon ·

Hierdie woorde bestaan nie in inheemse tale nie. “Tower” dalk wel, moet ek toegee!

SE MAAR NET ·

Nou verstaan ek beter hoekom die weer voorspelling die meeste van die tyd verkeert is. die weer se sunny day en dan reen dit. Of anders om. Ek dink ons moet die klip begin gebruik. As die klip nat is, dan reen dit, As dit droog is dan skyn die son…. En as die klip om waai is daar ‘n storm… HAHAH!!

Susan ·

Nou hoe gaan opgegradeerde “voorspellings” en “waarskuwings” my eiendom en lewe van ‘n tornado red? Dis ‘n natuurramp wat alles in sy pad verwoes. Of gaan hierdie DUUR NUWE stelsels ons almal en alles in ‘n borrel toemaak en keer dat daar skade aangerig word. Hehe

Speedguard ·

Gee hulle ‘n Bonus…………………….dit werk mos so !!!

Lientjie ·

Shame my vriend NIKS werk in die land nie. Ons is glad nie surprise nie lyk my dis net jy.

Lukas van der Merwe ·

Assuransie maatskappye moet nou van hulle eis…..!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.