Weerdiens waarsku hiér teen wind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Wes- en Noord-Kapenaars moet hulle staal vir sterk wind wat moontlik strukturele skade in sommige dele van dié provinsies kan aanrig.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen skadelike wind in die Namakwa-distrik, waaronder Calvinia en Sutherland, en die oostelike gedeelte van die Wes-Kaap, waaronder Riversdal, Oudtshoorn en Beaufort-Wes.

Venetia Phakula, ’n weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, het aan Maroela Media gesê sterk wind van tussen 65 en 70 km per uur kan vanaf Donderdag tot Saterdag in die geraakte gebiede verwag word.

Dit is weens ’n weerstelsel wat tans oor die land beweeg.

Phakula sê die weerstelsel kan ook koeler weersomstandighede en reën meebring.

“Rowwe seetoestande kan veroorsaak dat kleiner bote moeilik koers hou, water inneem en omslaan. Vinnige en gelokaliseerde ontwrigting van kleiner hawens en strandaktiwiteite kan ook verwag word,” waarsku die weerdiens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wielspore ·

As die wind sterk in die Kaap waai, kry die binneland en Oostelike gedeeltes baie reen.

Impartial ·

Al is die wind hoe lastig in die Kaap, ek sal dit nooit verruil vir die binneland nie. Kaap is werklik n seen om in te woon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.