Weerdiens waarsku: Kouefront op pad

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag inwoners van die Wes-Kaap en suidelike gedeeltes van die Noord-Kaap gewaarsku dat ʼn intense kouefront op pad is.

Veral kleinveeboere is gewaarsku om voorsorg te tref aangesien die kouefront met swaar reënval, sterk tot stormsterk winde en sneeu op hoogliggende gebiede gepaard kan gaan.

Volgens die weerdiens sal die kouefront Saterdag in die Wes-Kaap aankom. Stormsterk winde van tot 80 km/h word tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas, die Breederiviervallei en die westelike dele van die Sentraal-Karoo verwag. Die windtoestande sal tot Sondagoggend voortduur.

Sneeuval word van Saterdagnag tot Sondagoggend verwag oor die bergagtige gebiede van die Kaapse Wynlande, die Weskus-distrik en die Overberg-distrik, asook by die suidelike hoogliggende gebiede in die Noord-Kaap.

Rowwe seetoestande met golwe van tussen 6 m en 9 m hoog sal Sondag tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas voorkom.

Volgens ʼn weervoorspeller by die weerdiens kan koue temperature volgende week in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga verwag word, hoewel dit nie gelykstaande aan ʼn kouefront sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hannelie ·

Ons verwelkom reën in die Wes-Kaap, Karoo boere kort baie water!!

bgj van der westhuizen ·

tyd trug was ook voor spel groot reen en wind en vloede en daar was nie eens behoordlik gereen nie wil eers sien of dit gaan gebeur

sandra ·

soos ek hier sit en tik is my vingers stokstyf van die koue en die reentjie val saggies daar buite. kan nie waag om ‘n verwarmer aan te skakel nie, dan styg my elektrisiteitsrekening weer die hoogte in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.