Weerdiens waarsku oor donderstorms, erge wind

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Woensdag gewaarsku dat onderskeidelik erge donderstorms, stormsterk winde en uiters hoë brandgevaar vandag en môre op verskillende plekke in die land sal voorkom.

Die weerdiens waarsku dat uiters hoë brandgevaartoestande vandag in die noordwestelike dele van die Namakwa-distrik sal heers, asook in die noordelike en westelike dele van Limpopo.

Terwyl dié gebiede droë en winderige toestande sal ervaar, word erge donderstorms vir ander provinsies voorspel. Volgens die weerdiens sal daar vandag na verwagting erge donderstorms oor die oostelike hoëveld van Mpumalanga voorkom, asook oor die suidelike en suidoostelike dele van Limpopo.

Dit word voorspel dat temperature in Gauteng van vandag af sal daal en dat bewolkte en nat toestande in dié provinsie ervaar sal word. Inwoners is gewaarsku dat swaar donderstorms wat met erge hael, swaar reënval en skadelike winde gepaard kan gaan, vir Donderdag oor die provinsie verwag word.

Swaar reënval word ook Donderdag aan die KwaZulu-Natalse kus en die aanliggende binneland en noordelike gedeeltes van die provinsie verwag.

Kaapstad sal na verwagting vandag gedeeltelik bewolk wees met reënval wat plek-plek kan voorkom met gepaardgaande matige wind. Die weerdiens het egter gewaarsku dat die verwagte UVB-sondbrandindeks vandag uiters hoog in die Moederstad sal wees.

In die George-gebied, waar verwoestende brande al dae lank woed, word bewolkte tot gedeeltelik bewolkte weer vir vandag voorspel. Daar is ook ʼn moontlikheid van enkele reënbuie wat na verwagting teen vanaand heeltemal sal opklaar.

Hou die SAWD se amptelike sosialemediakanale dop vir die jongste inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Limpopo ·

Groot asb Here! Limpopo is so droog, ons kort dringend reen!!

Piet ·

Ja asb Here stuur reen maar nie hael nie, my kar staan buite. En ook asb nou nie te *veel* reen dat mense se huise weg spoel. Byvoorbaat dankie.

Reën sal wonderlik wees ·

Ook nie sterk winde nie asseblief, net genoeg reen sodat ons lekker kan lewe en mooi tuine kan hê. Baie dankie van my ook.

Mel ·

Asb Vader stort U seën uit oor ons. En Vader die Krugerwildtuin die arme diere kry so swaar. En so ook die plase met al die diere. In U kosbare Naam vra ons. Amen

LL ·

Gaan my verstand te bowe dat mense voorskriftelik is wat hulle van die Here vra. Stuur reen maar nie hael nie .
Ek glo die Here weet dit. Wees net dankbaar as dit reën, en as dit wel hael, deal dan met dit.

Debbie ·

LL ons is kinders van Jesus – en ons het ook begeertes,ons mag vir Hom vra.
Mag ons almal se gebede beantwoord word

Ook net nie te veel reën nie assseblief ·

Ook net nie te veel aanhoudende reën nie assseblief want dit laat die hele somerseisoen se rose skade ly. Baie goggas wat die rose en ander blomplante vreet kom dan ook uit en dan moet mens weer te veel gif spuit wat skadelik is vir die natuur. En Satermiddag moet dit asseblief ‘n oop helder dag wees vir ons verjaarsdag partytjie en braai andesinds mag dit maar reën. Baie dankie en groete.

Debbie ·

LL – ons as kinders van Jesus mag Hom vra oor ons begeertes,ons almal het ons eie begeertes.Nes kinders hul ouers vra.
Mag ons almal se gebede verhoor word

wena ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie, daar word nou al voorgeskryf hoe , wanneer en hoeveel moet dit reen. Ons hou biddae vir reen maar geen dankie dae nie. Ons Liewe Heer wag seker om te hoor wat die mense wil he. Get a life people

Hartseer ·

Vader vergewe hulle want hulle besef nie U grote almag nie. Dankie dat U vir ons reën stuur, help ons om te aanvaar en dankbaar wees vir wat ons kry en het. Mag U wil geskied. HalleluYah

Vra en jy sal kry ·

Debbie ek glo ook ons almal kry waarvoor ons vra net soos ons vir ons ouers vra vir wat ons wil hê en begeer. Solank mens net asseblief en dankie sê.

Hannatjie ·

Hierdie mense wat so spot …. onthou net God laat Hom nie bespot nie!! Ek maak beswaar!

Engels Man ·

Selektiewe bedelaars…se eers dankie vir alles wat julle deur Sy genade ontvang, lofsi g en prys Hom, soek eers Sy wil en dan sal Hy julle gee sonder dat julle selektief hoef te vra want Hy weet reeds wat ons almal nodig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.