Suid-Afrikaners oor groot dele van die land moes die naweek sambrele uitpluk nadat reën uitgesak het.
Die SA Weerdiens het boonop ʼn waak uitgereik vir moontlike hewige donderstorms oor Botswana, Noordwes, die oostelike dele van die Vrystaat en die noordelike gedeeltes van die Oos-Kaap.
In die omgewing van Bloemfontein word teen moontlike haelstorms gewaarsku.
Mbavhi Maliage, ʼn voorspeller vir die SA Weerdiens, het gesê reën word nog Maandag oor Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en dele van die oostelike Vrystaat verwag. Dit klaar op teen Dinsdag, maar teen Woensdag word nóg reën oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land verwag. Dit sal na verwagting tot Donderdag voortduur.
Maliage het gesê koeler temperature oor gedeeltes van die binneland sal tot die naweek voortduur, wanneer die kwik weer gaan begin styg. In Gauteng word temperature van tussen 24 en 26 vandeesweek verwag. Sy het gesê die reënweer is heeltemal normaal vir dié tyd van die jaar.
Charles Mababos, woordvoerder vir die Tshwane-nooddienste, het gesê nooddienswerkers en reddingspanne is weens die reën op ʼn gereedheidgrondslag in die stad geplaas.
“Ons het ook hulpbronne ontplooi om laagwaterbrûe te monitor, veral in omgewings soos Centurion,” het Mabaso gesê.
Volgens hom is geen ernstige voorvalle tot dusver aangemeld nie.
Kobedi Mokheseng, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie het gesê daar was sedert Maandagoggend ook nog geen voorvalle van oorstromings of ernstige ongelukke weens die reënweer in dié gebied aangemeld nie. Ook Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê sake verloop vlot, ten spyte van die reën en daar is tot dusver ook nie in Johannesburg ernstige voorvalle aangemeld nie.
Gauteng Weather het teen moontlike kitsvloede gewaarsku en motoriste is gemaan om ekstra rytyd by te voeg.
Discovery sms gedurig waarskuwing oor hael – en dan hael dit nie.
Die slag wat dit wel hael – dan het ek nooit ‘n sms ontvang.
Huh? Wat maak jy nog by Discovery?
Na hierdie vreeslike droe somer is hierdie reen darem baie welkom.
Defnitief. Veral in Ellisras/ Limpopo.
Alle lof en ere aan God vir hierdie rèèn. Amen!!
@Honourable Member, kan jy dalk jy dalk uitbrei? In vergelyking met 2015, het ons almal versuip. Dis nie asof ons doodgegaan het van droogte nie…
Steeds niks vir die Wes-Kaap nie. Miskien was daardie ANC raadslid van iewers in die binneland reg toe hy 2 jaar gelede gesê het die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. Dalk is n stemmery VIR goed soos korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering, slaggate in paaie wat nie herstel word nie en n hele rits ander tipiese ANC euwels dus maar tog die wil van God.
Daar is geen verdienste , maar steeds word ons geseen . Dankie Here .
Mmmm die bananas van ons republiek gaan mooi groei van al die reën…
@Fanie – ek wou hulle los – en toe maak hulle ‘n beter aanbieding.
Kompetisie is goed.
In die vsa het jy n app op foon as hulle se 12uur reen dit dan reen dit so lekker om jou dag te beplan dan hier weet jy nooit as dit reen is die son op sy warmste
En daar vergeet hulle KZN, donderweer , weerlig en reën my nou wakker gemaak. Lekker.
Nee wat, ek volg eerder die weer voorspelling op http://www.yr.no, baie meer betroubaar. As daar reën voorspel word, dan reën dit regtig.