Weerdiens waarsku oor erge donderstorms, hael

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Saterdag gewaarsku dat erge donderstorms in sekere dele van die land verwag kan word.

Die weerdiens het ʼn weerwaak uitgereik vir erge donderstorms in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes.

Die storms, wat gepaard kan gaan met hael, word in die oostelike gedeeltes van Noordwes, suidelike gedeeltes van Gauteng, westelike gedeeltes van Mpumalanga en noordoostelike gedeeltes van die Vrystaat verwag.

Daar word veral ʼn groot hoeveelheid klein haelkorrels en rukwinde met swaar reënval in Mpumalanga verwag. Die stormstelsel kan ook donderstorms in KwaZulu-Natal veroorsaak asook in Limpopo waar daar die moontlikheid van klein haelkorrels is.

Maroela Media het vroeër berig reusehaelkorrels, sommiges net skrams kleiner as ʼn krieketbal, het Dinsdagaand skade aan eiendom en vrugteboorde op plase buite Hoedspruit in Limpopo aangerig.

“Die grootte van die haelkorrels het gewissel. Die meerderheid was tussen die grootte van ʼn albaster en ʼn gholfbal. Die grootstes was net so ʼn bietjie onder die grootte van ʼn krieketbal. Jaco Fivaz (48), algemene bestuurder van Mohlatsi Farms, ʼn groepering plase wat mango’s produseer, het Woensdag aan Maroela Media gesê die storm het omstreeks 19:30 uitgebreek. Lees meer en sien foto’s hier.

Van die haelkorrels wat afgeneem is. Foto: Via Storm Report SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leahim ·

Ok ons sal almal ons karre in die garage trek en die troeteldiere in die huis kry

Johann Marx ·

Ek werk in die wind en die weer vir die afgelope 20 jaar. Mens ervaar nie meer lekker reën of matige wind of ‘n bewolkte dag nie…………As dit nie ‘n droogte is nie, is dit ‘n haelstorm. As dit nie ‘n stormwind is nie, is dit windstil. Alles is deesdae net uiterstes…

elize naude ·

stem saam…. ook hier by ons beleef ons uiterstes bv. gletsers wat verskuif en sneeustortens veroorsaak…

Kapenaar ·

Wens die reen was hier by ons in die Kaap want ons het dit broodnodig.

Dafer ·

Kapenaar wees gerus, ons almal wens dat dit reen in die Kaap ook.

Cherokee ·

Ek oorweeg om die weervoorspellers by die verbruikersraad te verkla omdat ons nie ingesluit word by die reënvoorspellings. Daar is plekke wat droog is in Natal en ons kan doen met meer reën.

oumie ·

Dankie HERE die wonderlikste reen in Pretoria laasnag en die hele nag geval Kaapstad ek en ek glo ons almal bid vir julle vir reen Amen

Pieta ·

Jy speel seker. Of is jy net suur van nature? Heerlik green in Pretoria laas nag.

Cheryl ·

Hoe lekker reën dit in Pretoria…van so 22:00 uur af en nogsteeds dis al amper 00:00 uur. Dankie Vader!!!

Leahim ·

Die weerdiens was reg die Pretoria moot is sopnat ek hoop die wes kaap kry gou reën en ook cherokee se natal streek.

SARIE VAN HEERDEN ·

30 mm in suide van Petoria en
CHEROKEE, verlede week baie reen (en baie skade) by Natalse Suidkus gehad.

Apache ·

Lanklaas reen gesien ek het al vergeet hoe dit lyk.
Ek sal maar die reendans doen en hoop.

Cherokee ·

Spook, Leahim en Sarie, ek het net gegrap. Ons is geseënd met reën.
Verlede week heel week gereën en Sarie ek woon juis daar waar die orkaan skade aangerig het. ‘n Vrou in ‘n straat uit haar skoene gelig het en teen die winkelmuur neer gesit het; gelukkig het sy nie seer gekry nie. Vraghouers (containers) by die hawe wat opmekaar gestapel was, afgegooi (julle weet hoe swaar is ‘n vraghouer) en dakke van geboue afgehaal het. Die natuur het ongekende krag.

Cherokee ·

Ria…!!!! Haai lekker om jòu stem te hoor en jòu gesiggie te sien met ‘n wýe glimlag :-) Hallo jy!!!

Cacophony ·

Ek dink self ons moet die weerdiens aankla vir vals advertering! Sit in die grootste antisipasie en wag vir die reen. Geute is skoongemaak, blomme is geplant want hulle sê mos die reen kom. En wat kry ons? Niks net mooi niks! Prosedeer sê ek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.