Weerdiens waarsku oor erge donderstorms, windvlae

‘n Weerwaak is vir dié gebiede uitgereik. Grafika: Weathersa.co.za.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Woensdag gewaarsku dat erge donderstorms in sekere dele van die land verwag kan word.

Die weerdiens het ʼn weerwaak uitgereik vir erge donderstorms in sekere dele van die Noord-Kaap, Noordwes, die Vrystaat en die Oos-Kaap.

Die storms, wat gepaard kan gaan met hael, sterk wind en kitsvloede, word in die oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap, westelike gedeeltes van Noordwes, sentrale en westelike gedeeltes van die Vrystaat, en die sentrale en noordoostelike gedeeltes van die Oos-Kaap verwag. Stormsterk wind word vir Port-Elizabeth voorspel.

ʼn Waarskuwing is uitgereik vir stormsterk wind, wat ʼn hoë brandgevaar inhou, aan die KwaZulu-Natalse kuslyn.

Die weerdiens het ʼn 15%-reënkans vir ʼn bewolkte Kaapstad voorspel met bewolkte toestande in Gauteng en KwaZulu-Natal en mooiweertoestande in Mpumalanga en Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.