Weerdiens waarsku oor kitsvloede

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag ʼn waarskuwing uitgereik vir swaar reën en kitsvloede regoor Gauteng, asook ander dele van die land.

Mbazhi Maliage, ʼn voorspeller by die weerdiens, het aan Maroela Media gesê reën kom sedert Vrydagaand oor die hele Gauteng voor en dit sal na verwagting tot Sondagoggend voortduur. “In hierdie stadium is dit moeilik om te sê hoeveel dit al in die provinsie gereën het omdat ons klimaatdepartement dit eers Maandagoggend sal kan bevestig. Ons het egter vroeg vanoggend ʼn waarskuwing vir swaar reën en moontlike kitsvloede uitgereik,” het Maliage gesê.

Sy het gesê daar is ook waarskuwings vir swaar reën in die oostelike dele van Noordwes, die hele Mpumalanga en die noordelike dele van KwaZulu-Natal uitgereik. “Die meeste reënval sal na verwagting tot 23:00 voorkom, maar dit sal môre ook nog onderbroke in hierdie plekke reën.”

Maliage het gesê ʼn Whatsapp-boodskap wat die ronde doen met kitsvloedwaarskuwings vir spesifieke laagwaterbrûe in Pretoria kom nie van die weerdiens af nie, maar het gemaan dat motoriste steeds waaksaam moet wees op nat paaie.

Maroela Media het vroeër berig dat kitsvloede vandeesweek groot skade in Heidelberg, Gauteng, aangerig het met huise wat oorstroom is, paaie wat weggespoel het, stormwaterafvoerpype wat geblokkeer is en elektrisiteitstoevoer wat afgesny is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris Ws ·

33mm sover van laasnag af=Koster omgewing.Alle eer aan YaWHeH vir SY genade.

Marita ·

Nederig danbaar tot die Allerhoogste vir Sy genadegawe van milde reën?

Riaan ·

Wakker geword met die reën vanoggend. 100mm tot nou in Wierdapark, Centurion.

Kabous ·

Alle Dank aan ons Skepper. Lekker reèn op die Sabbath dag.

Koos ·

Ons word geseèn op die Sabbath dag met baie reèn. Dankie Vader

Celia ·

Saam julle dankbaar vanuit die Kaap waar ons ernstige water beperkings het. Damme om ons is leeg en die eendjies sit op droee grond! Droogte is vreeslik! Dankie Vader al die eer aan U vir die reen in ons land.

hennie schutzler ·

Ons dank die Vader vir 160mm reën op die plaas!! Vryburg

CHRISTA ·

Ek het gistermiddag laat 77mm uitgegooi (24 uur se reën) hier in Edenvale. PRYS DIE HERE!!! HY IS GOED!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.