Weerdiens waarsku oor storms in Wes-Kaap

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die publiek gewaarsku oor stormtoestande wat die Wes-Kaap nader.

Hannelee Doubell, woordvoerder van die SA Weerdiens, het aan Maroela Media gesê storms en rowwe seetoestande kan oor die volgende paar dae verwag word van Alexanderbaai tot Algoabaai in die Wes-Kaap. Dit word veroorsaak deur ʼn kouefront.

Persone op skepe, bote, seiljagte en selfs branderplankryers, vissermanne en baaiers word gemaan om baie versigtig te wees rondom die kusgebied.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het intussen bevestig hy bly op hoë gereedheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

Ek hoop die damme loop oor,die mens en dier trek swaar in die mooiste beste provinsie .

rollie ·

Hier laat-middag het die wind opgesteek en later het dit ‘n bietjie gereen. Dis nou na 9h00, die wind het gaan lê en die reen het opgehou. Ons raak nou regtig moedeloos.

Koos ·

Ai ja hier ook in Ashton area darem so 0,005mm gekry..nou id dit weg..maar ons glo dit sal kom op sy tyd

Jan ·

Vanoggend om half 4 het dit behoorlik hard gereen oor Kaapstad se Noordelike voorstede.
Ek het so half 5 opgestaan, die straat voor ons huis het soos rivier gelyk. Ek reken dit het BAIE gereen, sal later as dit lig is my reenmeter inspekteer.
Ons is baie dankbaar !
My tenke is vol.
Hoop die Theewaterskloofdam het ook baie water gekry.

Colleen ·

Ek is bly oor die reën, maar Goodwood se strate oorspoel al die afgelope meer as 45 jaar en elke jaar is Goodwood se brandweer en munisipaliteit “reg” vir die reën, maar steeds oorstroom die paaie dat ek soms nie kan gaan werk nie en die kinders nie kan skooltoe gaan nie. Vanoggend was weer dieselfde. Een nag se reën en die paaie is oorstroom. Maak dreine ‘n slag ordentlik skoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.