Weerdiens waarsku oor stormweer

Argieffoto (Foto: HubertRams, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag gewaarsku dat stormweer na verwagting van vandag tot Dinsdag oor groot gedeeltes van die land gaan voorkom wat tot kitsoorstromings en erge haelstorms kan lei.

Luidens ʼn verklaring sal die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die hoëveld en platorandgebiede van Mpumalanga deur die stormweer geraak word. Volgens die weerdiens sal ʼn afsny-laagdrukstelsel Sondag langs die Weskus ontwikkel wat hewige donderstorms en moontlik groot haelstorms en kitsoorstromings tot gevolg kan hê.

Teen Maandag sal die stormweer ook na die Noord-Kaap en Vrystaat uitbrei namate die afsny-laagdrukstelsel ontwikkel. “Moontlike gevolge van hierdie weerstoestande sluit in oorstroomde paaie wat kan lei tot verkeersontwrigtings en skade aan infrastruktuur, maar ook droogteverligting in sommige.”

Die weerdiens verwag dat die stelsel teen Dinsdag sal begin verswak en suid beweeg, wat tot vermindere reënval reg oor die land sal lei.

Die nasionale weerkantoor monitor egter deurlopend enige verwikkelinge in die weerstelsel en sal die jongste inligting aan die publiek deurgee soos dit beskikbaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Helena. ·

Reën is altyd welkom..hoop daars nie te veel hael skade nie. Ek kla nie..net baie dankbaar.

LD ·

As julle dit kry, stuur dit asseblief bietjie Limpopo toe ook! Wens dit kan hier ook so kom rëen!

Michael ·

Is limpopo droog op die oomblik? ken daardie gedeelte van die land nie.

LD ·

Verskriklik droog! Ons plaas dam is al die afgelope 5 jaar droog! Dorp se water is klaar, Doorndraai dam is maar op 23%. Ek het in my hele lewe nog nooit die weer so gesien soos die laaste 2 jaar nie. Die wolke is donker en helemal toe getrek vir 2/3 dae lank met swaar weer dan val daar nie ñ druppel nie!

Mads ·

Die wolke hang al 2 dae laag in Oudtshoorn, maar nie n druppel reen nie. Dam 37%. Karoo boere steier onder die droogte.

Penellope Jones ·

Ek hoop dat die droogtegeteisterde gebiede broodnodige reen sal kry!

jaco ·

niks reen vir die wes-kaap nie. miskien was daardie ANC raadslid van iewers in die binneland reg toe hy so 2 jaar gelede gese het die Here straf die wes-kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. blykbaar is ANC-beleid en optrede soos korrupsie en jobs vir ANC-kaders en swak onderwys en vuil staatshospitale en slaggate in paaie en plakkerskampe 25 jaar na apartheid ALLES binne die wil van die Here en nie sonde nie. Die Here seen blykbaar sulke beleid en optrede met reen. Relatief skoon regering deur die DA is egter sonde en die Here straf dit met droogte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.