Weerdiens waarsku teen swaar reën, oorstromings in dié distrikte

Foto: Pixabay

Nomusa Dube-Ncube, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê inwoners van dié provinsie moet “ekstra waaksaam” wees nadat die Suid-Afrikaanse weerdiens ʼn waarskuwing vir swaar reën en oorstromings hier uitgereik het.

Die weerdiens het gesê dié swaar reën kan weereens tot talle oorstromings in die provinsie lei. Distrikte wat na verwagting erg deur die reën getref sal word, is Ugu, Mgungundlovu, Harry Gwala, Ethekwini, Ilembe, King Cetshwayo en uMkhanyakude.

Dube-Ncube het gesê rampbestuurspanne in die provinsie is op hoë gereedheid geplaas.

“Die rampbestuurspanne is gereed om enige voorvalle te hanteer wat weens swaar reën kan voorkom,” het sy gesê. “Ons het alle rampsentrums in die provinsie op gereedheidsgrondslag geplaas om saam met wetstoepassingsbeamptes te werk sodat almal [tydens die storm] beskerm sal word.”

Sy het gewaarsku die swaar reën het reeds voorheen baie skade veroorsaak aan openbare infrastruktuur soos paaie en brûe, en die moontlikheid van nóg skade word nie uitgesluit nie.

Groot dele van KwaZulu-Natal is steeds besig met herstelwerk ná ʼn verwoestende storm in Oktober talle lewens in dié provinsie geëis en boonop dele daarvan in puin gelaat het.

Dube-Ncube het gesê veral motoriste en voetgangers moet versigtig wees in die volgende paar dae aangesien die sigbaarheid op paaie drasties sal verminder. Gemeenskappe wat in laagliggende gebiede woon, moet skuiling op hoërliggende plekke vind. Openbare geriewe soos gemeenskapsale sal ook beskikbaar gestel word indien mense weens die weer ontwrig en dakloos gelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vloedlyn ·

Veral verontagsaming van die vloedlyn gaan mense weer duur te staan kom. Daar word egter nie geleer deur gehoor te gee.

C ·

Ek het geen idee waar een van hierdie distrikte is nie. Ek hoop maar net nie ek bly in een van hul nie? LOL!!!!

Leon ·

Ek stem saam “C”. As ek sou reken dan is omtrent as jy oor van Reenens-pas, aan die linker en regterkant kant tot jy die see sien…….LOL

Leon ·

Ek stem saam “C”, maar ek dink dit is as jy oor van Reenens-pas gaan, dan is dit op die linker en regter kant tot jy die see sien………..LMAA!

SjN ·

Stuur eerder die spanne wat op n gereedheids grondslag geplaas is om alle storm water pype en afvoerslote skoon te maak voor die reen kom, n mens noem dit onderhoud en instandhouding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.