Weerdiens waarsku teen swaar reënval, vloede

Die weersvoorspelling vir Donderdag en Vrydag. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat swaar reënneerslae Donderdag en Vrydag oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land verwag kan word.

“ʼn Sterk opwaartse lugstroom kan tot wydverspreide reënval en donderstorms oor die volgende twee tot drie dae lei. Weens die beduidende reënval wat die weerstelsel kan meebring, kan kitsvloede plek-plek voorkom,” het die weerdiens in ʼn verklaring gesê.

Die weerdiens het gesê ʼn hoëdrukstelsel wat op ʼn kouefront volg, sal Donderdag bewolkte en koue weerstoestande met oormatige vogtigheid in die binneland en aan die oostelike kuslyn meebring.

“Bewolkte en koue toestande sal Vrydag na die noordoostelike gedeeltes van die land versprei. Vrydag is daar ʼn hoë waarskynlikheid van swaar reënval oor die oostelike gedeeltes van die land waar dit koud sal wees. Weens die lang duur van die stelsel met reënval van meer as 50 mm op sommige plekke, kan dit tot gelokaliseerde vloede lei.”

Die weerdiens het gewaarsku swaar reënneerslae wat tot kitsvloede kan lei, kan verwag word in die oostelike gedeeltes van die Vrystaat, in Noordwes, Gauteng, die Hoëveld van Mpumalanga en sekere gedeeltes van KwaZulu-Natal. Swaar reënval kan tot Vrydag voortduur in Gauteng, die westelike gedeeltes van Mpumalanga, oostelike gedeeltes van Noordwes sowel as oostelike gedeeltes van die Vrystaat.

Erge donderstorms word vir Donderdag oor die sentrale en suidoostelike gedeeltes van die Noord-Kaap voorspel.

Geen reën word vir die Wes-Kaap voorspel nie.

“Die bewolkte weer behoort teen Sondag op te klaar, maar dit sal koel bly. Dagtemperature sal teen volgende week geleidelik begin styg.”

Die weerdiens het ʼn beroep op die publiek gedoen om laagwaterbrûe te vermy in gebiede waar kitsvloede kan voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit reen lekker in die Laeveld en uit ervaring is hierdie langer as ‘n eendag reen (Geelperskereen). Gedurende die afgelope naweek het ‘n boomslang my tuinwerk onderbreek, die meneer het hom tuisgemaak naby die lugversorger se warm uitlaat pyp. Ons altwee het geskrik, hy het verdwyn tussen die plante, ek moes ‘n draai gaan loop…

zeno ·

Ai, oral kom reën, maar die Weskus kry niks. Dis bitter droog by ons, ons Dag Zero is om die draai,maar ons vra maar elke aand vir Ons Vader vir reën en om `n uitkoms vir ons te gee vir die erge droogte. Bid almal maar saam vir ons vir reën asb.

Dottie ·

Dankie vir die reën, wens ek kon dit deel met die Kaap!!!

Lion ·

Ja dottie ek stem saam sal baie graag wil deel met die wat droogtes het.

Elsa ·

Maak nou al die af voerpype skoon en oop dan sal daar nie oorstromings wees nie, is dit so moeilik om te dink? genoeg tyd gehad, maar oral afwesigheid van werkers, stel dan ander aan wat graag sal wil werk, en hul werk sal geniet….die reen kan nie die skuld kry vir vloede nie, swak bestuur van werkers wat wag vir salarisdag en nie werk doen nie….grawe is gemaak om skoon te spit en nie op te leun nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.