Ses mense is Woensdag dood en vyf is beseer toe hulle op die N8, sowat 20 km buite Botshabelo in die rigting van Bloemfontein, deur weerlig getref is.
“Die mans, almal tussen 20 en 40 jaar oud, was konstruksiewerkers. Hulle het in ʼn struktuur skuiling gesoek toe dit begin reën het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Ses persone is op die toneel dood verklaar en vyf persone het geringe beserings opgedoen.”
Die pasiënte is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.