Weerlig slaan beeste dood in Mpumalanga

Argieffoto

Argieffoto

Die karkasse van 24 beeste wat Saterdag in die Drakensberg in Mpumalanga deur weerlig doodgeslaan is, gaan in die veld gelos word vir wilde diere om te eet, het Beeld Dinsdag berig.

Jacques Blake van die plaas Wanhoop, sowat 45 km buite Lydenburg, het gesê die beeste is Saterdagmiddag getel voordat hulle gaan wei het.

Hulle het vermoedelik teen die hange van Steenkampsberg tot op ʼn plato naby die bopunt van die berg gewei toe weerlig hulle later die aand getref het.

“Ons het ‘n verskriklike storm deur die nag ervaar. Sondagoggend is ek berg op om seker te maak ons diere was okei,” het hy gesê. “Dit is toe ek op die dooie diere afgekom het.”

Die oorlewende beeste is na ʼn ander weiveld geskuif.

Blake het aan Beeld gesê dat hy aanvanklik gedink het die beeste is vergiftig. ʼn Veearts het egter bevestig dat weerlig die oorsaak van hul dood is.

Daar is besluit dat die karkasse nie begrawe gaan word nie sodat die natuur daarby kan baat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

L ·

Wilde diere eet nie aan `n karkas wat deur weerlig dood geslaan is nie …… nie eers `n aasvoël nie !

scalla ·

Heeltemal reg L, het n swael reuk, ek het probeer vir leeus voer, weier om te eet, begrawe of brand die karkasse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.