Weerlig slaan boer glo dood

Argieffoto bloot ter illustrasie.

’n Boer van Bultfontein in die Vrystaat is Donderdagaand dood nadat hy na bewering deur weerlig getref is.

Die 68-jarige boer het veld toe gegaan om sy skape te gaan haal en die plaashekke te sluit. Sy vrou het later bekommerd geraak toe hy nie huis toe kom nie en het die buurman ontbied. Die buurman en sy kinders het toe in die veld na die boer gaan soek.

Dit is hiér waar hulle ná ’n lang soektog op die bewustelose boer afgekom het. Hy het in daardie stadium nog geleef, aldus kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Volgens Thakeng is die boer op pad na ’n hospitaal dood verklaar.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.