Weerlig slaan drie dood

Argieffoto

Argieffoto

Weerlig het drie mense, waaronder twee kinders, in die Vrystaat doodgeslaan.

Volgens die provinsiale departement van gesondheid het weerlig twee leerlinge Donderdag, by die Popano Secondary School in Botshabelo, buite Bloemfontein, raakgeslaan.

“Die provinsiale nooddienste het een van die leerlinge op die toneel dood verklaar, terwyl die ander leerling matige beserings opgedoen het en na die Botshabelo-hospitaal geneem is vir behandeling.”

In ʼn ander voorval het weerlig ʼn leerling in Khayelitsha, Bloemfontein, getref. Die kind is op die toneel dood verklaar.

In die derde voorval is ʼn 35-jarige man deur weerlig getref in Nyakallong, Allanridge. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Veritas ·

Nou gaan een of ander ANC hooggeplaaste seker weer vra vir ‘n kommissie van ondersoek oor hoekom slegs swart mense deur weerlig getref word.

Andre ·

Iemand sal nou seker weer wil ondersoek laat instel oor wie verantwoordelik daarvoor is

Ekke ·

As hulle so saak ondersoek sal daar seker weer gese word:” we will not rest…untill..we know… Where does that lightening come from” en dan dit ook seker weer op die witmense en apartheid blameer. Ek se net.?

Vryburger ·

Veritas jy is heeltemal korrek. Daar was mos n paar jaar gelede ook vir dieMinister van Gesonheid gevra hoekom slegs swart mense deur weerlig getref word en het sy erken dit is n goeie vraag en gaan sy dat die saak ondersoek word. Ek het nerens enige terugvoer gesien nie en wonder ook wat het die ondersoek ons belastingbetalers gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.