ʼn Jongman van die Oos-Kaap is Saterdagaand op ʼn sportveld dood, nadat hy deur weerlig getref is.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die 23-jarige man het omstreeks 19:00 in die Nqadu-nedersetting in Willowvale sokker gespeel saam met ander jong mans toe ʼn weerligstraal hom getref het.
“Die oorledene het voor die res van die groep gehardloop toe hy getref is. Hy is op slag dood,” het Manatha gesê. Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.
Die Willowvale-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Dis baie tragies as so iets gebeur. Tyd is min, gebruik dit goed.
Op ‘n ander noot..
Raak nou ‘n ernstige ding. Moet nou vir eens en altyd uit vind, “Where does this lightning come from”…
Natuurfrats, tragiese geval. Het die taakspan al uitslag gelewer insake hul ondersoek wat geloods was insake weerlig?
Waar kom reën vandaan?
Weerlig in die Oos-Kaap is nie jou maat nie. Daar moet ‘n mens altyd so gou moontllike veilige skuiling soek.