Weerlig slaan ses dood in KZN

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is dood nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal deur weerlig getref is.

Drie familielede is Saterdag dood nadat hulle naby Colenso deur weerlig getref is. Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die 46-jarige ma, haar negejarige dogter en ʼn 10-jarige meisie is dood nadat die huis waarin hulle was deur weerlig getref is. Die vrou se man het oorleef.

Volgens McKenzie is nog drie mense dood nadat hulle vroeër Saterdagoggend deur weerlig getref is in Vryheid. Twee vroue, tussen 70 en 80 jaar oud, en ʼn man, vermoedelik in sy 60’s, is dood nadat die huis waarin hulle was deur weerlig getref is. Drie ander vroue is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.