Weerlig tref elektrisiën

Argieffoto (Foto: CorinnaST, Pixabay)

ʼn Elektrisiën van die Tshwane-metro se elektrisiteitsafdeling moes hospitaalbehandeling kry nadat weerlig die toerusting getref het waaraan hy tydens ʼn donderstorm gewerk het.

Kingsley Wakelin, DA-stadsraadslid in wie se wyk die voorval gebeur het, sê die voorval het Maandagmiddag in Erasmia, suidwes van Pretoria se middestad, gebeur.

Die elektrisiën, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, se hande is gebrand toe weerlig die toerusting getref het. Daar is met hom na die Unitas-hospitaal in Centurion gejaag.

Sam Mgobozi, woordvoerder van die stadsraad, het Dinsdag by navraag aan Maroela Media gesê hy dra nie kennis van die voorval nie, maar het onderneem om uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lekker lag ek nou ·

Lekker lag ek nou @ Wonder nou!!! Dit is “shocking”…

Milwa ·

Wat wed ek jy bly in die Kaap wielie en het nog nooit ‘n regte egte “een minuut is die lig oop en die volgende sekonde is dit net donder en blitse om jou” donderstorm beleef nie. Gister se storm was een van daai!! Alle sterkte en wense vir ‘n spoedige herstel vir die elektrisien

PJC ·

Ons ouens hier in die Kaap is maar versigtig vir donderweer en as ons so nou en dan so iets beleef bly ons maar liefs binnenshuis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.