Weermag bedank lede vir bydrae tydens afsonderingstyd

‘n Weermaglid op patrollie tydens die landwye staat van algehele afsondering. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die weermag se ontplooiing tydens die nasionale ramptoestand het Woensdag verstryk en genl. Solly Shoke, weermaghoof, het die lede wat in dié tyd betrokke was vir hul bydrae bedank.

Die weermaglede sal nou na hul operasionele basisse terugkeer, maar kan weer hulp verleen indien ʼn tweede vlaag infeksies sou uitbreek.

Pres. Cyril Ramaphosa het as opperbevelvoerder die weermag in Maart vanjaar magtiging gegee om saam met ander staatsdepartemente te help om die verspreiding van Covid-19 te help stuit. Permanente weermaglede, die reservistemag en burgerlikes by die departement van verdediging was by die landwye operasies betrokke.

“Die weermagbevelstruktuur wil ook die lede van die publiek bedank wat in hul honderde aangebied het om tydens die ontplooiing met verskeie take te help. Hulle het beslis die ekstra myl geloop toe hulle gevra is om te dien en het só patriotisme gewys,” lui ʼn verklaring van die weermag.

Volgens die weermag het hy met die ontplooiing weer eens bewys dat hy in oorlog én vredestyd die land van hulp kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snowball

‘n Saluut aan julle……. van Collins Khosa in besonder.

ElizeK

Die laaste paragraaf het my nou laat skaterlag.

Persheks Adri

Vrede tyd? Iemand is weer deur die marakkas eish eintlik weet hulle nie hoe hulle op getree het nie…

Joe Olivier

Ek moet sê, hulle kamoefleerdrag is baie effiektief, want ek het nie een gesien nie.

JohanF

Nou is daar mos genoeg om die Swaziland/RSA se grens prenarie te gaan verlig, daar sit 370 SANW lede wat 900km moet bewaak……..