Weermag begin met entstofprogram

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) stuur Donderdag sy entstofprogram van stapel by Waterkloof- mediese sentrum by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria.

Sestien inentingspersele is geïdentifiseer vir staande mag, siviele en uitgebreide lede van die weermaggemeenskap. Die vrywillige inentingsprogram word beskikbaar gemaak aan alle SANW-lede en die weermaggemeenskap.

Prioriteit sal gegee word aan die gewone mag insluitend reserwemaglede in die volgende volgorde:

  • gesondheidsorgwerkers
  • persone in vergader-omgewings (militêre kursusse)
  • lede wat ontplooi is en wat ontplooi word
  • SA Vloot wat op die RSA/Mosambiekse grens ontplooi is
  • Gewone mag en reserwemag
  • Militêre veterane op die mediese voortgesettingsfonds
  • Afhanklikes volgens hul ouderdomsgroep soos voorgeskryf deur die nasionale departement van gesondheid.

Die volgorde kan op kort kennisgewing verander word gebaseer op onverwagse unieke bedryfsnoodgevalle. Skedulering sal deur die verskeie SANW-formasies en -eenhede gedoen word. Lede hoef nie vir inenting te registreer nie; personeel sal kan instap by die onderskeie geïdentifiseerde inentingspersele binne die radius waar hulle gestasioneer is.

Die SANW moedig die weermaggemeenskap aan om hulself teen Covid-19 te laat inent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.