Weermag bevorder meer as 2 000 oud-MK’s afgelope vyf jaar

Argieffoto

Meer as 2 300 bevorderings van oudlede van die ANC se ontbinde gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), bo die rang van kaptein is die afgelope vyf jaar deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van krag gemaak.

Dit blyk uit ʼn antwoord deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, op ʼn parlementêre vraag deur die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald.

Groenewald wou by die minister weet wat die aanstellingsvereistes vir die range van kaptein opwaarts is, of daar sedert 2014 enige afwykings van hierdie vereistes was in bevorderings en hoeveel van daardie bevorderings voormalige MK-lede betrek het.

Mapisa-Nqakula het geantwoord elkeen van die range het bevorderingsvereistes wat militêr én tersaaklik is. So byvoorbeeld moet ʼn regsoffisier oor die tersaaklike regskwalifikasies beskik en ʼn lid van die geneeskundige diens oor die mediese kwalifikasies, soos in die tersaaklike regulasies bepaal.

Sy het voorts gesê dat ʼn minimum tyd (gewoonlik drie jaar) in elke rang deurgebring moet word voordat enigeen bevorder kan word.

Vir die aantal jaar gedien in elke rang én die kwalifikasies is geen uitsonderings sedert 2014 gemaak nie, aldus die minister. Alles het dus streng volgens regulasie geskied.

Wat betref die aantal voormalige MK-lede wat bevorder is, was daar in 2014-’15 altesaam 517 oud-MK-bevorderings, in 2015-’16 was daar 509 oud-MK-bevorderings, in 2016-’17 was daar 562 oud-MK-bevorderings, in 2017-’18 was daar 541 oud-MK-bevorderings en in 2018-’19 was daar tot dusver 177 oud-MK-bevorderings.

Dit bring die getal oud-MK-bevorderings die afgelope vyf jaar op 2 306 te staan.

Aangesien die vraag nie daaroor gehandel het nie, het die minister nie ʼn aanduiding gegee van die algehele getal bevorderings in die SANW nie. Dit is dus nie moontlik om af te lei watter persentasie van die algehele bevorderingstal deur voormalige MK-lede behaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

John ·

So, ons weermag is deurspek van oud-MK’s. Die bevorderings is vir? Of is dit hou-den-bek-betaling of wag-nog-bietjie-vir daai-plasie wat ons beloof het? En as daar ‘n noodtoestand is, is die oudstes voor in die koor met die sannas…

Lukie Carelsen ·

Goeie genugtig!
Nooit geweet MK was so “sterk” nie!
As 2 300 MKs in die SANW bevorder word dan moes daar sekerlik TIEN MAAL soveel MK “soldate” gewees het wat destyds teen die weerlose vrouens en kinders in S.A. “geveg” het? (MK het NOOIT kans gesien om teen die SAW te veg nie).
Die SAW het slegs 3 500 troepe in Angola gehad in die bosoorlog, en hulle het afgereken met meer as 50 000 Kubane, Russe en Fapla soldate.
Baie interessant is dat GEEN MK “soldaat” deur Angola se militêre bevel toegelaat was om aan die oorlog teen die SAW deel te neem nie omdat hulle onbevoeg, ongedispilineerd en ‘n ramp sou wees om hulle te kon akkomodeer.

So wat motiveer hierdie skielike bevorderings? Seer sekerlik nie meriete nie!

Bernard Hellberg ·

Onfiks en oorgewig lê hulle in die barakke rond en bid dat die Maseru-brandweer nie sal aanval nie?

JG ·

Dit is nou die SANDF wat so op hulle %&#@ gekry het teen KINDERS met gewere daar bo in midde Afrika…

Joe Olivier ·

MK is so min ontbind as wat die ANC ontbind is. Hulle opereer nou net ondergronds.

Jean van der Riet ·

Dalk agter cash in transit , plaas aanvalle , swart wapenhandel ….. ??????

Pastoor ·

Dis darem lekker. Wonder 10 van hulle instaat is om n 2.4 kilos kan hardloop. Met full webing

Jean van der Riet ·

8 minute , 11 sekondes , sal nooit vergeet nie !!!! Hulle sal ook dit nie onder daai 12 minute merk kan doen om te ” pass ” nie !!!! Ditto …

Johan H. ·

Dis hoekom die witmense haters word, kan julle ons blameer, ek inkluis en n hater is n jakkals,assop!!!

ne ·

Sal graag die ouderdomme van die oud MK lede wil weet. Sommige was seker nog nie eers gebore voor die “oorlog” nie. Hê ,Hê, Hê…….

Roelof ·

Dis dalk ‘n bedekte seën dat die weermag net op papier bestaan.
Sal hulle ons kan keer indien ons eensydig ‘n gebied vir onsself toe-eien?
Ek wil my verstout om te sê NEE.

Jurie ·

Niks en niemand sal ons kan keer nie…ons trots en geloof is in ons harte !!!!

Jean van der Riet ·

Ek lees al julle comments , en ja , dis $%^&&%$ belaglik ! Ek was n troep n Kimberley en 2Lt in Youngsfield en Ysterplaat , en n pilot ………… en ek het hulle nooit gesien nie !!! lol Dalk net goed genoeg om bom aanvalle te loods in Toti , Pta en JHB waar baie blankes oorlede is ! Grapgatte !!!!

Jean van der Riet ·

Hulle het dan GEEN formele opleiding onder SADF gehad nie , en ook nie rang gevang soos ons moes nie ………… Hulle was dan deel van n terrosisme groep , nou deel van SANewDF ? Ongelooflik !

Bekommerd ·

dis nou n baie duidelike antw wat die standaard van ons huidige weermag is.

Cherokee ·

Kon nie help om te wonder of hoeveelheid winkel-bomme geplant, deel was van motivering vir bevordering. Ek weet Pieter, dat dìt ‘n lastige toevoeging tot jou vraag sou wees, maar ek wonder of jy dit nie graag wou vra nie.

Willem Grobler ·

So sit ons nou in ‘n land waarvan die weermag uit terroriste bestaan! En so terloops, wat het geword van daardie “ generaal” se bestuurder wat die vrou in die bors geskiet het??

Manie ·

Dit is die parasiete in die land wat sit en wag op gapings wat die regering vir hulle gee. MK was so swak ek dink daar was destyds nie eens n honderd lede. Die res is Afrika parasiete.

Andrew ·

2,300 Met geen militere ondervinding nie bo die rang van kaptein. Ace, ek hoop nie Zim raak dik vir SA nie!

Gerda ·

Dis hoekom hul nou so naarsigtelik opsoek is na blankes om aan te sluit.

Michelle ·

Het die land nie lankal sy agter wêreld gesien nie dit is ‘n groot grap waarvoor ons moet betaal. Wat is dit nou eintlik wat hul moet doen behalwe rond sit.

Skybird ·

Na 37 jaar Staatsdiens en die laaste 20 jaar as Adjudant Offisier (nooit geskik vir bevordering nie) vroeër aftrede geneem.

Zumie ·

Rede vir bevordering……maklik ….. stemmewerf dit is mos oppad verkiesing toe

HPV ·

MK soldate??? Nee dink nie so nie, soldate veg teen ander gewapende soldate, nie slegs teen ongewapende burgerlikes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.