Die vyfjarige seuntjie wat Saterdag in ʼn ou mynskag geval het in die Jerusalem informele nedersetting in Boksburg, is steeds nie gevind nie.
William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê hulle vermoed die seuntjie het saam met maatjies gespeel toe hy in die skag beland het. Volgens Ntladi is die skag sedert 1950 nie meer in gebruik nie.
Ntladi het gesê lede van die Suid-Afrikaanse weermag het intussen op die toneel aangekom om hulle by te staan in die pogings om die seun te probeer red.
“Ons sukkel al van Saterdag af en dis baie moeilik om te sien wat daar aangaan. Dis ook uiters gevaarlik vir reddingswerkers as gevolg van moontlike modder- en rotsstortings. Die suurstofvlakke daar onder is ook glad nie genoeg vir mense nie en daar is suur mynwater wat tot 140m diep kan wees.”
Volgens Ntladi is die kans dat die seuntjie nog lewendig gevind kan word, baie klein. “Dit gaan nie net oor die feit dat hy nie kos en water gehad het nie, maar ook oor die val en die toestande daar onder.”
Ntladi het gesê lede van die weermag, reddingswerkers en die Ekurhuleni-nooddienste sal nou onmiddellik probeer vasstel wat volgende gedoen kan word.
Die Ekurhuleni-metro het intussen op Twitter gesê DRDGold, wat mynuitskot verwerk en die burgemeester van Ekurhukleni, Mzwandile Masina, sal ook binnekort met die rolspelers vergader. Masina het die weermag se hulp gevra met die reddingsoperasie.
- Foto: @EMMInfo/Twitter
- Foto: @EMMInfo/Twitter
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Hartseer, so jammer.
Waarom is daar in die eerste plek toegang vir kinders by oop mynskagte? Daar moet strenger wetgewing wees wat mynmaatskappye dwing om areas te rehabiliteer en veilig te maak. Die arme kind
Die weermag kan nie eers die grense bewaak wat wil hulle daar doen dis n grap
Almal se hulp word ma ingeroep anders is daar weer groot bohaai daaroor en die hele wereld word wee afgebrand.
Hoekom die Weermag. Kry die Proto Spanne in. Wat myners red, die weermag sukkel om die land te verdedig.