Weermag gaan seun (5) uit mynskag probeer red

Foto: @EMMInfo/Twitter

Foto: @EMMInfo/Twitter

Die vyfjarige seuntjie wat Saterdag in ʼn ou mynskag geval het in die Jerusalem informele nedersetting in Boksburg, is steeds nie gevind nie.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê hulle vermoed die seuntjie het saam met maatjies gespeel toe hy in die skag beland het. Volgens Ntladi is die skag sedert 1950 nie meer in gebruik nie.

Ntladi het gesê lede van die Suid-Afrikaanse weermag het intussen op die toneel aangekom om hulle by te staan in die pogings om die seun te probeer red.

“Ons sukkel al van Saterdag af en dis baie moeilik om te sien wat daar aangaan. Dis ook uiters gevaarlik vir reddingswerkers as gevolg van moontlike modder- en rotsstortings. Die suurstofvlakke daar onder is ook glad nie genoeg vir mense nie en daar is suur mynwater wat tot 140m diep kan wees.”

jerusalem-1Volgens Ntladi is die kans dat die seuntjie nog lewendig gevind kan word, baie klein. “Dit gaan nie net oor die feit dat hy nie kos en water gehad het nie, maar ook oor die val en die toestande daar onder.”

Ntladi het gesê lede van die weermag, reddingswerkers en die Ekurhuleni-nooddienste sal nou onmiddellik probeer vasstel wat volgende gedoen kan word.

Die Ekurhuleni-metro het intussen op Twitter gesê DRDGold, wat mynuitskot verwerk en die burgemeester van Ekurhukleni, Mzwandile Masina, sal ook binnekort met die rolspelers vergader. Masina het die weermag se hulp gevra met die reddingsoperasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Linda ·

Waarom is daar in die eerste plek toegang vir kinders by oop mynskagte? Daar moet strenger wetgewing wees wat mynmaatskappye dwing om areas te rehabiliteer en veilig te maak. Die arme kind

Ouma ·

In ‘n vroeër berig is gesê dat die skag geseël was, maar dat die onlangse reën die sement moes laat verbrokkel het. Dit is baie tragies, en my hart gaan uit na die familie en maatjie wat erg getraumatiseer is.

Dirk ·

Die beton bedekking het 2-3 weke terug in mekaar gegee en die myn skag ontbloot. ‘n Mens moet eerder vra hoekom mense nog op as hope woon terwyl regering se “huise vir almal” idee tot niet gaan. Daai arme seuntjie. Hy het glad nie so ‘n slegte einde verdien nie.

tom ·

Die weermag kan nie eers die grense bewaak wat wil hulle daar doen dis n grap

m ·

Almal se hulp word ma ingeroep anders is daar weer groot bohaai daaroor en die hele wereld word wee afgebrand.

Johan Venter ·

Hoekom die Weermag. Kry die Proto Spanne in. Wat myners red, die weermag sukkel om die land te verdedig.

Theo ·

Ja,ek wonder.Hulle wil seker nie die protospanne betaal nie.

LMF ·

Ek gaan nie my mening gee nie want anders is ek op more se koerantvoorblad

Scalla ·

Om die persoon vinnig by die hospitaal te kry wdp, tydsduur is mos vir die weermag n prioriteit.

James Duncan ·

Korreksie: DRDGOLD is nie betrokke by ‘n vergadering tussen die Burgermeester van Ekurhuleni en rolspelers nie. Di matskaapy se betrokkenheid is beperk tot die verskaffing, op aanvraag, van ‘n vergaderingslokaal.

Alida ·

Vra ek ook. Die SAW moes Saterdag al daar gewees het. Die kind is al dood.

Liezel ·

Almal prober hul bes om die kind uit die skag te kry en wat doen die inwoners van die informele nedersetting – hulle breek en plunder. Asblikke is omgegooi, verkeersligte is gebreek, bande gebrand, voertuie word met klippe bestook en ‘n vragmotor word uitgebrand. Hoekom hoor ons niks daarvan in die nuus nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Die kind kan nie gered word nie. Hul kan probeer om die liggaampie uit te kry volgens mense wat myne en mynskagte ken. Maar nie red nie. Hy is dood.

Suzette ·

My man ken daardie omgewing het so paar jaar gelede gehelp om n vrou daar uit te haal en ook op n ander liggaam af gekom wat die skag beland het. Weet nie presies waar dit is waar dit is nie maar hy sal weet. Inboks my as julle hulp nodig het. Hy was jare gelede op die ou ERPM en ken die plek. Toe hulle vrou se liggaam gesoek het het hy saam proto span gesak en hulle gewys waar sy was. Se maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.