Weermag ‘gereed’ om in Afrika te help, sê Zuma

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag op 21 Februarie 2015 in Potchefstroom, Noordwes (Foto: Potchefstroom Armed Forces Day, Facebook)

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag op 21 Februarie 2015 in Potchefstroom, Noordwes (Foto: Potchefstroom Armed Forces Day, Facebook)

ʼn Bataljon van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) word voorberei om deur die Afrika-Unie ontplooi te word indien nodig, het pres. Jacob Zuma Saterdag tydens Weermagdag in Potchefstroom, Noordwes gesê.

“Die SANW het onlangs deel geword van die nuutgestigte Afrika-krisisreaksiemag (Acirc), wat ʼn tydelike meganisme is om bystand te lewer in vrede en sekuriteit op die kontinent totdat die Afrika-bystandmag gereed is,” het Zuma gesê. “Die bystandmag is ʼn baie belangrike inisiatief deur die kontinent, aangesien dit ons help om Afrika-oplossings vir Afrika-probleme te bied.”

Amerika het verlede jaar, tydens die Amerikaans/Afrika-beraad sy ondersteuning gebied vir vrede in Afrika.

Zuma het na afloop van die beraad gesê Amerika het ingekoop op vrede- en sekuriteitsinisiatiewe op die kontinent, insluitend ondersteuning vir die Afrika-bystandmag.

City Press het in Augustus berig dat die SANW weer so gou as Oktober soldate na die Sentraal-Afrikaanse Republiek sal terugstuur as deel van Acirc. Ander Afrika-lande het ook onderneem om hul weermagte op bystand te plaas indien daar ʼn krisis sou wees.

Volgens berigte in daardie stadium sou hulle hulp ontvang van die Amerikaanse weermag se omstrede Afrika-kommandement (Africom). Die hulp sou toerusting en moontlik vervoer insluit, aangesien meeste lande in Afrika se weermagte ʼn tekort aan finansies het. Dit sou by die beraad gefinaliseer word. Nie alle Afrika-lande was egter te vinde vir Africom se betrokkenheid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

scalla ·

Hul kan hulself nie eers help nie, wat nog in die res van afrika, gaan op stakings, vigs syfer hoog, onbevoegde slapgat nuwe rekrute, julle leef in n droom wereld.

Chris ·

Scalla ek stem volmondig saam met jou. jy het net vergeet om die woord oorgewig ook by ter voeg. In elk geval het die grootste persentasie weermaglede net aangesluit ter wille van die
gratis kos en klere.

John ·

Watter weermag word hierna verwys? Die SAW soos die res van die regering gedy op korrupsie, rassisme en onbeholpenheid. Geen trots of proffesionalisme is aan die orde van die dag. Wie gaan ons help in tye van nood?

Adri ·

Ek wil nie heel te mal saam julle stem nie, my man, en 2 van ons vriende en hul vrouens is in die weermag, en glo my nie almal is so slapgat, oorgewig, korrup, rassisties of onproffesioneel nie. Van hul is wragtig daar vir ons land… en dit is die SANW. Suid Afrikaanse Nationale Weermag. En wat kos aan betref dis nie meer soos in 10 jaar terug nie, glo my, en daar is n paar van die ander kleuriges wat ook regtig hul pligte in weermag ken, daars so 10 uit n 100 wat nie daar hoort nie…..
Lekker daggie….

Bennie Beukes ·

Is die nou om afrika te beskerm teen westerse invloed of daarteen?
die islamietiesse tereur groeppe in SA word niks aan gedoen nie soo waar le SA se lojalietyd?

Eish! ·

Nog ‘n sirkus! Kyk om ons rond. Waar sal ons hulp vandaan kom? Hahahahaha uit die staatdiens? Ag nee stuur hulle so kan van hulle ook uitgemoor word en nie net die boere nie. (Hoop daai voertuie is vol van SA se weermaglede gelaai)

Adri Kuhn ·

Ek wil nie heel te mal saam julle stem nie, my man, en 2 van ons vriende en hul vrouens is in die weermag, en glo my nie almal is so slapgat, oorgewig, korrup, rassisties of onproffesioneel nie. Van hul is wragtig daar vir ons land… en dit is die SANW. Suid Afrikaanse Nationale Weermag. En wat kos aan betref dis nie meer soos in 10 jaar terug nie, glo my, en daar is n paar van die ander kleuriges wat ook regtig hul pligte in weermag ken, daars so 10 uit n 100 wat nie daar hoort nie…..
Lekker daggie….

Adri ·

hkm word kommentaar nie geplaas nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.