Weermag gryp in by Noordwes-gesondheidsorg

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het by die gesondheidsorgstelsel in Noordwes ingegryp ná ʼn staking deur gesondheidswerkers, het die SANW in ʼn verklaring gesê.

Die SA Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) is op 20 April in Noordwes ontplooi en het die verskaffing van gesondheidsdienste by die Mahikeng- provinsiale hospitaal oorgeneem. Hulle behandel pasiënte in die hospitaal en buite-pasiënte.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het gesê hulle het binne die eerste 24 uur reeds 131 pasiënte behandel en nege bevallings hanteer.

Sedert die militêre gesondheidsdiens ontplooi is, het veiligheid in die hospitaal gestabiliseer en medikasie word van die depot na klinieke en hospitale versend.

Die DA in Noordwes het intussen ʼn beroep gedoen op dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, om behoorlike gesondheidsdienste in Noordwes te verseker. “Die DA het bevestig daar is ʼn tekort aan medikasie soos ARV’s, chroniese medikasie en immunisasie-inentings. Slegs die Bojanala-distrik word tans nie deur hierdie groot tekorte geraak nie,” het dr. Tutu Faleni, die DA se woordvoerder oor gesondheid, gesê.

Hy het gesê die party verwelkom die regering se besluit om die departement van gesondheid in Noordwes onder administrasie te plaas, aangesien die departement nie die kapasiteit het om sy grondwetlike pligte na te kom om noodsaaklike gesondheidsorgdienste te lewer nie.

“Dringende ingryping is nodig om onnodige sterftes en lyding te voorkom. Werkers by Tshepong-hospitaal in Matlosana en werkers in Mahikeng, wat nie aan die staking deelneem nie, word verhinder om werk toe te gaan. Dit wil voorkom of die situasie nou ook na hospitale in Potchefstroom uitgebrei het. Intussen moes sommige klinieke hul deure sluit omdat hulle nie die gemeenskap kan dien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LR ·

As ek CR was sou ek die weermag tot so n mate bemagtig dat hulle al meer betrokke kan raak by oproere en weteloosheid in die algemeen. Op hierdie manier sal die belastingbetaler ten minste waarde vir sy belegging in die weermag ontvang.

SjN ·

Bestaande infrastruktuur kan nie eers in stand gehou word nie, danksy die ANC, Viva

Oom Kalahari ·

Dit is al so opmerklik hoe die Gesonheids sorg op baie vlakke en fasiliteite verswak het. Daar is net nie meer die kliente/pasiente diens wat altyd met deernis en professionaliteit uitgevoer was nie. Die vertrouenswaardigheid raak al hoe minder en die tipe van ongevoelige optredes en behandeling teenoor pasiente is onregverdig na die mediese eed wat afgele is deur hierdie personeel. Tog us daar ‘n handjie vol wat nog hul bes doen en passie uitleef om pasiente menslik en met liefde te behandel, maar hul is maar ‘n handjie vol. Dan kom die groot vraag……waarom het alle Staats instansies/departemente so verswak en korrup geraak en gaan alles net oor geld en mag. Dit is betreurenswaardig dat alles so agter uitgaan en baie mense het daardie spesialiteite om werklik groot verskille te kan maak, maar word weg gewys

White Rhino ·

Alles waar die anc betrokke is het verval of is tot niet.Ek wonder waarom? Gebrek aan alles dink ek.

John ·

Ja, wetteloosheid en orde is sekerlik eerder die taak van die Weermag as mediese dienslewering vir die publiek, of gaan hulle nou in eetplekke en skole waar tekorte heers ook skottelgoed was en skoolhou. Wat van swartsakke oplaai en rioelpype skoonmaak? Maar die ANC hoor net ‘stemme’ in sy kop. Orals is staatshospitale in nood en chaos. Vuil dwyle wat lusteloos rondgeswiep word in vervalle gange is simptomaties van ‘n groter siekte wat geleidelik die land tot in totale verval laat ly. En Kaapland met die enigste beter mediese fasiliteite word nou geoormerk vir oorname in 2019 om die pessiekte verder suid te bedryf. Indien Pat oorstap na die ANC gaan sy die bitter vrugte van al haar moeite pluk en die gruwelike metamorfose self moet aanskou. So sad…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.