Weermag gryp in om Vaalrivier te red

Die besoedeling in die Vaalrivier hou ’n bedreiging in vir mens en dier. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) rol van vandag af hul moue op om die Vaalrivier skoon te maak nadat die rivier as gevolg van riool besoedel geraak het.

Die weermag het ʼn volledige ondersoek ingestel na die omvang van besoedeling in die Vaalrivierstelsel wat veroorsaak word deur die toevloei van riool van gemeenskappe langs die rivier.

“Die situasie is deeglik ondersoek en daar is ʼn volledige verslag wat dui op die menigte probleme in die onderskeie gebiede en wat die oplossings daarvoor kan wees,” sê Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane.

Die minister het onlangs die Sebokeng-aanleg vir afvalwaterbehandeling besoek om haar van die rehabilitasieprojek te vergewis. Sy is vergesel deur Obed Bapela, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, en Jacob Khawe, Emfuleni se burgemeester.

Die Vaalrivier voorsien die helfte van Gauteng se water, maar raak toenemend gevaarlik weens besoedeling Foto: Facebook

Hoewel die weermag voorlopig net in die Vaalrivier-omgewing ontplooi is, kort 57 munisipaliteite ingryping.

Bevolkingsgroei, verouderende infrastruktuur, vandalisme en ʼn gebrek aan kapasiteit is van die redes wat Mapisa-Nqakula vir die waterbesoedeling aangevoer het.

Van die gemeenskappe wat geraak word deur die rioolafloop na die rivierstelsel is Boipatong, Vereeniging, Sharpeville en Sebokeng.

Die SANW se ingryping en die ontplooiing van hul tegniese spanne kom ná ʼn aankondiging deur Tito Mboweni, minister van finansies, in sy midtermyn-begrotingsrede in Oktober dat die weermag gevra is om te help om die Vaalrivierstelsel dringend te rehabiliteer.

Hoewel die weermag voorlopig net in die Vaalrivier-omgewing ontplooi is, kort 57 munisipaliteite ingryping. Vir dié doel is R5 miljard opsy gesit.

Mapisa-Nqakula het gesê dit is belangrik om ʼn blywende oplossing te vind vir die besoedeling in die Vaalrivier aangesien dit die helfte van Gauteng se water voorsien en die huidige probleme in die toekoms vermy moet word.

“Ons wil nie hê dat ons ons oor twee of drie jaar in dieselfde situasie bevind nie,” het sy gesê. “Ons moet iets doen wat ʼn blywende oplossing sal bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Santjie ·

Het die weermag nie iets beters om te doen nie? Is daar nie belangriker dinge om te doen nie? Hul kan eerder dan die polisie bystaan en patrollie doen in die plaaswyke. Laat omgewingsake en gesonheid hul werk doen, want dit lyk of hulle nou op die weermag leun.

Anoniem ·

Die weermag bestaan nie net uit opgeleide soldate wat oorlog wil voer nie. Die weermag het tegniese mense wat verskeie take kan uitvoer. Dus bly stil en aanvaar hul hulp want dit bespaar ook kostes deur van hul gebruik te maak of wil jy eerder sien dat daar miljarde gespandeer word aan privaat maatskappy met net weereens korrupte tenders.

Johan H. ·

Plaas julle iewers oorlog maak, nou pas julle water op. Selfde soos daaie polisie vlieenier wat eerder eet as vlieg. Misplaaste prioriteitte.!!!!!

Chrisjan ·

Alles moet eers ten gronde gaan en vernietig wees, dan sal daar mettertyd “probeer” word om die probleem op te los. Voorkoming is nie in almal se woordeskat nie – hetsy voorkoming van geboue wat uitmekaar val, of Staatsdiens departemente – en ook nie voorkoming van hopeloos te veel babas wat verwek word nie.

wielie ·

hahahahaha die weermag kan hulle self nie eers verdedig nie ,,,,,,, nou pas hulle riviere op. Oh my word wat gaan ons doen as die vyand ons storm ???? Met dooie visse en water gooi!!
Oh my fish :))))

Jacques ·

As hulle nie stelsels uitmekaar laat val het nie , en net onderhou het was dit nie nou nodig om riviere op te pas nie . Die storie van die nuwe SA , alles moet eers stukkend wees en dan skrik die regering wakker om dinge reg te maak wat hulle of ons belasting betalers dubbel soveel kos . Kom by , die regering se “honeymoon” is al lankal verby , dit is nou tyd om julle self te bewys . (Ek weet dit sal nie gebeur nie) net so bietjie humor op n Maandag . WHAHAHA

Lynette Schultz ·

Dieselfde weermag wat skandelik teruggestuur is van die DRK af? Dieselfde weermag wat geen dissipline ken nie? O wee! Die Vaalrivier staar nog ‘n krisis in die oë…

Oom Willem ·

Die probleem is eenvoudig. On -bevoegdes wat nie verstaan enigiets moet instand gehou word om doeltreffend te funksioneernie. Al wat hulle van die begin af ken is om alles om hulle op te gebruik en te vernietig en dan verder te trek waar die proses herhaal word.
Dit sal nooit tot hulle deurdring dat slegs opgeleide westerlinge sulke ingewikkelde prosesse soos rioolwerke suksesvol kan bedryf nie en daarom sal die weermag ook maar net daar wees en die toestande sal aanhoudend versleg. Laat ou Sputnik maar in die Vaalrivier gaan swem. Miskien sal sy oë dan oopgaan. Om gedurig te gaan ondersoek doen na ‘n saak deur die “uiters bekwame” ministers en hoë lui wat in elk geval net weet hoe om hulle sakke te vul, het nog nooit iets verander nie. So, totsiens ou Vaalrivier!

Judge Dredd ·

Gaan lees wat Oom Siener van Rensburg van die Vaalrivier gese het. Sien die menige klein vuurtjies brand reeds. Sien dan dat die tyd om julself te verdedig naby is.

Adam ·

Jammer ou Siener kon net probleme identifiseer en nie oplossings nie. Wat ‘n irrelevante ou skepsel!

Colleen ·

Die weermag mag gebruik word om damme skoon te maak, maar nie om tydens onluste ontplooi te word in die Kaap nie. Dubbel standaarde? Is hulle opgelei om rommel op te tel siende dat hulle nie opgelei is om met geweld op die Kaapse Vlakte te help nie. RSA die sirkus van die wêreld LOL

Binx ·

Dis nie asof die HELE weermag hier gaan ontlpooi word nie, net ń handjievol wat gaan uithelp. Weermag by verskeie ander munisipalliteite ook al ingryping gedoen.

Poot ·

Kyk maar hulle kan verskonings opdis. Dis als en almal se skuld behalwe hul eie.
Onbevoegde aanstellings is nie een van die oorsake nie nè?

GM ·

Geboortebeperking en grensbeheer is netso belangrik soos die onderhoud van infrastruktuur, maar die mense dink nie verder as wat hul neuse lank is nie.

Stef ·

En moenie vergeet van die 5 miljard wat ook gaan wegraak nie

Donderstorm ·

Dit is elke Suid Afrikaner se werk om ons natuur te beskerm die land behoort nie aan ons nie maar aan ons kinders en klein kinders.

Cherokee ·

….aan ons kinders en kleinkinders sê jy.
Onlangs het ek ‘n skrywe gelees vanuit ‘n oorsese land waar iemand hierdie treffende vraag gevra het: “Hoe voel dit om deel te wees van die laaste geslag Suid Afrikaners?”

Alida ·

Weet enige van die onbevoegde ministers ooit iets van suiweringsaanlegte af. As die goed in stand gehou was en bekwame mense in diens was sou alles reg gewees het. Dit moet eers in duie stort en n pes siekte vesprei dan skrik hulle wakker. Die geld wat vir intsndhouding bedoel was het ook seker voete gekry.

Binx ·

Die dag waneer julle nie meer water het nie, dan kan julle kerm oor weermag se ingrype. Kom kyk hier in Vaaldriehoek hoe erg dit is. Sommige woonbuurte het al vir weke nie water nie. Hulle ingryping is noodsaaklik anders gaan hele land binnekort n erge water tekort probleem hê, selfs ondergrondse water is op plekke al besoedel. Skrik wakker mense, water in ons belangrikste hulpbron.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.