Weermag help SANParke om stropers te beveg

Items wat gewoonlik by stropers gevind word (soos gewys tydens die nabootsingsoperasie) Foto: Lindi Masinga/ANA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Dinsdag gesê sy samewerking met SANParke is suksesvol om stropery te beveg.

Elaine van Staden, bedryfsbevelvoerder van die SANW, het gesê stropers is in hegtenis geneem en stropery-aktiwiteit het afgeneem sedert daar met SANParke-natuurbewaarders saamgewerk is al langs die Mosambiekse grens, waar 11% van olifantstropery sy oorsprong het.

Hulle het met ʼn nabootsing aan die media gewys hoe die twee magte binne die wildtuin saamwerk.

Piet Theron, internasionale koördineerder vir die Groot Limpopo Oorgrenspark, het gesê die samewerking is ʼn suksesverhaal. “Talle van die operasionele behoeftes lei tot die ontwikkeling van nuwe beleide en wetgewing in Mosambiek,” het hy verduidelik.

Die internasionale ooreenkoms tussen Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika is in 2002 deur die staatshoofde onderteken. Die doel van die ooreenkoms is om alliansies in die bestuur van die natuurlike hulpbronne te bevorder deur maatskaplike, ekonomiese en ander vennootskappe aan te moedig insluitend die privaat sektor, plaaslike gemeenskappe en nie-regeringsorganisasies.

Die soldate het tydens die nabootsing die items gewys wat gewoonlik in die stropers se besit gevind word wanneer hulle aangekeer word, insluitend gewere, tradisionele medisyne en kosvoorraad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Die weemag moet ook berokke raak by bestryding van plaasmoorde….die SAPS is useless…..

Ockie vd Berg ·

Baie bly dat die weermag kan help teen wildstropery,maar mens sal graag wil hê dat hulle help teen plaasaanvalle. Sal reken die mens is meer werd as n dier.

Michael ·

Moet nie te gou bly raak nie dit is net n tydelike reeling soos met alles wat die anc aanpak sou dit werk stop hulle dit het gisteraand op e nuus gesien

Cherokee ·

Snaaks dat wanneer ‘n onderwerp soos hierdie ter sprake is, daar so dikwels iemand is wat die waardes van dierelewens wil opweeg teen die van mense. Dit is twee verskillende temas, Ockie vd Beg. Bly asseblief by die onderwerp. Mense is intelligenter en weet waarteen gewaak moet word. Diere nie.

Kobus ·

Dis baie goed.die res van die SAW kan dan die boere gaan beskerm

Nico ·

As die anc se veterane(oud soldate) kan bestaan en hulle se laat hoor en hulle sal opstaan vir die anc as hulle bedreig word kan ons seker die kommandos terug bring om die moorde op plaasboere en die uitroei van die renosters en olifante te bekamp want die minister van polisie doen niks

Ben ·

Wat van die SANW begin ook weer om die grense te patroleer en te beskerm teen onwettige immigrante, smokkelars (Wapens,Mense,Voertuie,Dwelms) ens…? Baie goeie geleentheid vir opleiding.

hendrik ·

Hoogtyd dat hulle iets doen behalwe om die belastingbetaler se geld op te eet.

JoeV ·

Wat vreemd is is dat die stropers oop toegang gekry het toe die oos grens met Mosambiek oop gemaak is, en dit geen rooi ligte laat aangaan het nie. Die is die normale stand van sake soos beplan deur die regering.
Het iets probeer regmaak wat nie gebreek was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.