Weermag-ingryping slegs tydelike oplossing

Die SANW is in Manenberg ontplooi (Foto: Henk Kruger/Cape Argus via African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Vrydag bevestig dat ʼn bataljon, onder die kodenaam “Operasie PROSPER”, vir drie maande, Julie tot Oktober, in Kaapstad en omgewing, wat deur geweld geteister word, ontplooi is.

Die SANW het in ʼn verklaring bevestig dat hy opdrag gegee is en magtiging het om verskeie SANW-elemente te ontplooi en bystand te bied tot die Suid-Afrikaanse Polisiediens in sekere gebiede in die Wes-Kaap wat deur misdaad geteister word.

Dit volg ná polisieminister Bheki Cele Donderdag in die parlement aangekondig het dat die SANW se ontplooiing goedgekeur is. Hy het tydens ʼn perskonferensie ná sy begrotingsrede in die parlement gesê pres. Cyril Ramaphosa het die versoek goedgekeur nadat hy met Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, gesels het.

Dit is deel van “buitengewone maatreëls” wat ontplooi is ná ʼn naweek in die Moederstad se informele nedersettings waar minstens 13 persone in verskeie skietvoorvalle in Philippi-Oos dood is.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, en JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, het die ontplooiing van soldate verwelkom.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook die weermag se ontplooiing in die Wes-Kaap se bendegeteisterde gebiede verwelkom.

Volgens die Wes-Kaapse provinsiale regering is 1 875 moorde tussen 1 November 2018 en 30 April 2019 in dié provinsie gepleeg.

“Ons verwelkom die besluit, maar dit is slegs ’n tydelike verligting,” het Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, gesê. “Die polisie, in samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag en die departement van korrektiewe dienste, is die staatsinstellings wat primêr die probleem moet oplos.”

Volgens genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, sal die weermag onder die polisie se bevel wees.

“Dit kan moontlik problematies wees, aangesien die weermag nie opgelei is om polisietake uit te voer nie, maar hul teenwoordigheid sal die gebied stabiliseer,” het Van Zyl bygevoeg.

Felicia Lombard, woordvoerder van die nasionale kommunikasiediens, het gesê die voorsitters van die portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane en die portefeuljekomitee oor polisie, verwelkom ook die besluit.

“Albei voorsitters, Cyril Xaba en Tina Joemat-Pettersson, glo samewerking tussen die SANW en die SAPD kan ʼn groot rol speel om kwessie van geweld aan te roer,” het sy gesê.

“Die gemeenskappe in, onder andere, Bonteheuwel, Mitchells Plain, Philippi en Hanover Park, gaan al te lank gebuk onder vrees. Kinders kan soms nie skool toe gaan nie en onskuldige mense verloor hul lewens wanneer hulle in die kruisvuur van bendes beland,” het sy bygevoeg. “Die voorsitters bevestig tegelykertyd die behoefte om die onderliggende sosio-ekonomiese uitdagings te takel as ʼn manier om die probleem uit te roei.”

Joemat-Pettersson het bygevoeg dit is noodsaaklik dat daar na die reg teruggekeer word en dat onwettige vuurwapens uit die gebied verwyder word. “Ons sal met die minister van polisie gesels oor die maatreëls van die ontplooiing, maar ons verwelkom die besluit.”

Xaba het gesê daar is ʼn verwagting dat die president die parlement in kennis sal stel van die ontplooiing kragtens artikel 201 (4) van die Grondwet wat betref die redes, plek, getal soldate en periode van ontplooiing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

sweis ·

Ons moet nie vergeet van die polisie se kol prinsloo wat gekonfiskeer wapens aan die bendes verkoop het nie ,nou is die rippel effek van sy ondeurdagte plan n realiteit en ek glo nie die sa weermag en polisie is opgewasse vir die bendes nie,dit is net n kwessie van tyd voor daar n oorlog uitbars in die gebiede.

Francois le Cochon ·

Ag, ek dink die bendes is heel geskik daarmee om ‘n 3 maande blaaskansie te vat, en daarna maar weer voort te gaan. Solank as wat mense ook geld aan dwelmverslaafdes by robots gee, sal die bendes daar wees, want hierdie geld hou hulle aan die gang. Dink maar twee keer as jy weer ‘n bedel plakaaat lees wat se^ “..need water, food, and work. God bless..”. Snert, hulle soek geld vir dwelms, tot R1000.00 per dag.

Juandre ·

Sal dit nie goed wees as die weermag ook op die platteland waar ons boere is ook ontplooi word nie.

leser ·

het die sanw lede ooit opleiding ondergaan om met lewendige ammunisie te werk, is daar ooit lewendige ammunisie aan hulle uitgereik vir operasie prosper, vraag , na vraag , …..

Pieter ·

Nee dankie. Ons soek nie die weermag in die platteland nie. Hier is genoeg misdaad….

Joe ·

Ek sal maar wag en sien hoe die “tydelike oplossing” gaan uitwerk. Daar wag dalk ‘n groot verrassing vir die weermag.

Marie ·

Hierdie weermagdeelname is die beginlopie vir ‘n militêre diktatuur. Alles is mooi beplan, die eerste onteienings sal ook in die Kaap wees volgens Sisulu. Hulle gaan die Kaap met geweld vat as hulle dit nie by die stembusse reggekry het nie.

SjN ·

Na die 3 maande gaan hul seker 14 days kry, wat doen hul normaalweg.

Strandloper ·

Dink eerder hul is net so 14 dae per jaar aktief waneer in n ry staan vir betaaling

Ep ·

Die weermag en polisie gaan hul allies sien Die spul nare is nie opgelei Hoop die weermag gedra hulle Oral waar hul ontplooi is in afrika dros hulle Jammer hoedjie cele is slapgat om die nare te ontplooi op plase …..

Louis leeu ·

Drie maande is nie genoeg nie,voor die polisie nie hulle werk ordentlik doen en nie saam met die bendes werk nie ,moet die weermag bly ,ek hoop net hulle is ordentlik opgelei en het dissepline om net die situasie te help.

Jean-Pierre ·

Ja die 1st keer is dit presedent (Operation Fiela 2015) en die 2de keer nou (Operation Prosper 2019) is dit ‘n patroon en dan die volgende keer wonder ons waarom ons met ‘n een party militere diktatorkap sit.

Kyk maar status van die “Mexican Drug War”2006 of “Philippine Drug War” 2016

Dit is steeds aan die gang en is weereens bewys mens bestry nie armoede in die samelewing met geweld nie.

In Junie 2011 het die Globale Kommissie oor Dwelmbeleid ‘n kritiese verslag oor die oorlog teen dwelms vrygestel, wat verklaar: “The global war on drugs has failed, with devastating consequences for individuals and societies around the world”.

Anne ·

Ek lees al die hoofberigte en ek kan net dink ons is in totale anargie. Oral is oorlog in al sy vieslike vorme aan die gang. Die parlement sit vol clowns of hulle nou suits dra of probeer lyk soos rooi smurfies. Daar gaan dit net so. Niemand maar niemand het meer beheer hier nie. Mag God met ons wees.

Francois ·

Ek gee die weermag n maand dan wheel en deal hulle saam, ek dink die vloot sal seker volgende in lyn staan om te gaan red wat te redde is, en dan gee ek hulle ook n maand!

Strandloper ·

Jip jys reg. Pas op vir die vloot net nou brand hul nog n duikboot uit….

Laetitia ·

Die DA het meer as ‘n jaar gelede voorgestel dat die weermag ingeroep word, maar die ANC het nie gehoor gegee nie. Onskuldige mense moes i tussen met hul lewens betaal.Absolute skande.!!

aj ·

Cele is kop in een mus met die ANC se destabiliseringseenheid in die Wes Kaap!

Daarom dat hy vroeë waarskuwing gee aan die ANC kaders …. 2 weke voordat die Weermag ontplooi word.

Dis só deursigtig!

Vra die ‘wakker’ joernaliste om Cele te ‘braai’!!!

SjN ·

Het hy sy hoed op sy kop vas geskroef. Verseker sal die wind dit nie afwaai, hy ken seker van weghardloop.

Foxi ·

In 25 jaar kon hulle niks reg kry nie, waar gaan hulle nou n klomp gemors in 3 maande kan regkry? Nee wat…..als is in n gemors, ALLES!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.