Weermag kap Sanwu oor Zuma-verklaring

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) het Maandag uitsprake deur die weermagunie (Sanwu) dat pres. Jacob Zuma van sy amp as bevelvoerder van die weermag onthef moet word, ten sterkste veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig dat Sanwu Sondag in ʼn verklaring gesê het Zuma is nie meer geskik om sy amp te beklee nie nadat die konstitusionele hof bevind het dat hy en die Nasionale Vergadering die Grondwet verontagsaam het deur nie te voldoen aan die regstellende stappe van die openbare beskermer soos dit in haar Nkandla-verslag uitgestippel was nie.

“Sanwu moedig alle lede van die samelewing, asook soldate, aan om in hul privaat hoedanigheid en tyd deel te neem aan enige wettige massaveldtogte wat eis dat Zuma sy amp moet neerlê,” het die unie gesê.

Die weermag het egter teruggekap na Sanwu se verklaring en sy lede gewaarsku om nie “politieke ambisies” na te jaag nie. “Die SANDF beskou sulke optrede as opruiend en dit sal nie geduld word nie,” het die weermag gesê.

Die weermag het verder gesê hy wil Suid-Afrikaners verseker dat hy ʼn niepartydige instansie is wat in ooreenstemming met die Grondwet op die been gebring is. “Die SANDF sal altyd verhewe bly bo kleinlike partypolitiek en weier om in die politieke arena ingetrek te word.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, het vroeër Maandag geëis dat Sanwu se Pikkie Greeff strafregtelik aangekla word oor die omstrede verklaring. “Wat ook al die politieke krisis is wat ons ervaar, daar is ʼn politieke oplossing. As hy mans en vroue in uniform mobiliseer, kom dit op ʼn coup d’état neer. ʼn Coup d’état sal nie in Suid-Afrika toegelaat word nie. Inteendeel, [Greeff] moet strafregtelik aangekla word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

willie ·

Nou wonder ek ook maar net wie het die minister van verdediging aangestel?

TDW ·

Almal weet die Unies regeer Suid-afrika
Die EFF is ook bewus daarvan.

niel ·

die baba kan al sy speelgied uit die kot gooi en niemand mag iets sê nie…shame

Jan maak n Plan ·

Maar die beste van alles is – as dit by stemtyd kom dan stem hulle almal weer vir die ANC of hulle bly weg van die stem bus af.

Apie ·

En so word die dief beskerm!!! Pleks van ferm standpunt inneem teen die onbekwame kader!!

My bydrae ·

Feit is dat zuma steeds self opruiend is en haatspraak aanblaas. Gedurende die naweek het hy ‘n skare in Zulu toegespreek en gesê ‘n “wit man loop en praat van hom. Hy weet nie wié die wit man is nie, maar hy loop en praat van hom (zuma) en hy wil hom (zuma ) in diskrediet bring. Mag zuma dan opruiend wees en burger oorlog aanhits?

jaco ·

Prikkie Greeff moet elke dag die Vader in die hemel bedank dat hy met sy wit velkleur nog werk het in die SANW. Dis onbesonne uitsprake van wit mense soos hy wat nog gaan maak dat ALLE wit mense sleg behandel gaan word.

Henry ·

Gelukkig is daar wit Suid Afrikaners soos Pikkie Greef en die lede van SANWU wat voortgaan om hul reg as burgers van hierdie droewe land te gebruik om die onregte van die korrupte ANC regime en hul korrupte leiers te veroordeel.
Mense wat nie bereid is om die knie te buig voor die onregte wat teen hulle gepleeg word nie.
Mense wat nie die vernederinge en haatspraak van die huidige regime se leier en lakeie aanvaar nie.
Mense wat nie stert tussen die bene sit en andere soos Greeff, asook die organisasie wat hy verteenwoordig, te veroordeel wanneer hulle die onregte van die huidige regime en hul korrupte leier afkeur.

Rupert Ashford ·

Dit is juis politieke oplossings vir kriminele aktiwiteite (al JZ se korrupsie sake bv) wat ons in die huidige gemors het.

Johann ·

Klaas. SANDF is. South African National Defence Force. (-:

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.