Weermag keer motordiewe op grens voor

Argieffoto. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het vroeg Woensdagoggend ʼn groep vermeende motordiewe voorgekeer voordat hulle die grens na Mosambiek kon oorsteek.

“Lede van die weermag het die grens tussen KwaZulu-Natal en Mosambiek gepatrolleer toe hulle ʼn Toyota-dubbelkajuitbakkie opmerk wat die grensdraad aan die Suid-Afrikaanse kant nader,” het die weermag in ʼn verklaring gesê.

“Tegelykertyd het hulle gesien hoe twee mans aan die kant van Mosambiek se grens die grensdraad knip, terwyl drie ander groot klippe uit die pad rol.”

Die soldate het die voertuig genader en die verdagtes het op hulle begin skiet. Die soldate het teruggeskiet en in die proses die bestuurder van die voertuig gewond. “Nog drie verdagtes het uit die motor gespring en kon daarin slaag om te ontsnap,” lui die verklaring.

Die beseerde verdagte is na ʼn hospitaal geneem, waar hy aan die polisie oorhandig is. Die voertuig is ook nou in die polisie se besit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Knap gedaan, party plekke kan jy sommer deurstap aangesien heinings plek plek weg gedra is.

Gemaskerde Sopbeen ·

Danie aan die betrokkenes. Dis maar een uit baie.

Jack ·

Welgedaan ons soek meer van hierdie optrede. Skiet asb net beter. Die booswigte sal net ophou as die boodskap duidelik is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.