Weermag moet nou zama-zamas takel

Argieffoto. (Foto: SA Weermag)

Meer as 3 000 soldate is ontplooi om die polisie te help om misdaad te bekamp en reg en geregtigheid af te dwing. Dít teen ʼn koste van amper ʼn halfmiljard rand.

Die kantoor van die president het Donderdag aangekondig pres. Cyril Ramaphosa het toestemming gegee dat 3 300 weermaglede ontplooi word as deel van Operasie Voorspoed.

“Dié soldate sal met die polisie saamwerk om veral onwettige mynbedrywighede in alle provinsies te takel,” lui ʼn verklaring deur die presidensie.

Die soldate is tot 24 April ontplooi en die koste hieraan verbonde sal na raming R492 miljoen bedra.

Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het in Julie vanjaar gesê hy wil verseker dat “onwettige mynbou totaal uitgeroei word”, aangesien dit tot “ʼn enorme en verwoestende probleem” in die provinsie lei.

Lede van die weermag is in 2019 onder dieselfde operasie ontplooi om bendegeweld in die Wes-Kaap te help bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hannes ·

Kyk net hoe hard werk die ANC, so net-net voor die verkiessing. Hulle wil 30 jaar se plunder en onvermoë toesmeer in 6 maande.

ES ·

Ek ook nogal, veral die bewerings dat dit amper R 500 miljoen gaan kos en dat hulle kamtig in 2019 ontplooi is om bendegeweld in die Wesk Kaap te “help bekamp”.

Shakespeare ·

Wat op dees aarde weet hierdie clowns van reg en geregtigheid ? Nog ‘n kader chaos !!

SjN ·

Die soldate kry mos reeds salaris, moes reeds aangewend gewees het.

Kokerboom ·

Ekt gelees hul moet SAP beskerm! Wie gaan hul dan beskerm!
Vraag: Gaan mynboewe nou vir eens en altyd uitgeroei word?
Ons soek antwoorde!!

Gerhard ·

Jissie, daar word so baie geld gespandeer op iets wat hulle verseker nie spoedig onder beheer gaan kry nie. Daardie geld en weermaglede kon gebruik word om die orde in die landelike gebiede by te staan wat so onder moord en roof deurloop Selfs die Kaapse vlakte waar bendegeweld die lewens van selfs kinders eis. Kyk hoe gaan dit in informele nedersettings. Dit is ‘n totale hool in die meeste van die informele nedersettings. Nee wat, die mense se prioriteite is op die verkeerde plekke.

Pannies ·

Hoekom is daar n ekstra koste aan verbonde as die hele weermag in elk geval sit en niks doen en net wag vir etenstyd en betaaldag? Of moet hul nou addisioneel tot hul salarisse betaal word om iets te doen.
Bendegeweld is nou erger as ooit, so hul ingryping het nie juis gehelp nie.

Piet 6 ·

Dit is my vraag ook. Dit is meer as R25000.00 per maand per soldaat. Is dit dalk verblyf in gastehuise? In die ou dae was daar tente opgeslaan.

Pierre ·

Dit is sekerlik additionele verblyf, ververssings, vervoer, S&T, die weermag vandag behoort aan vakbonde wat septer swaai lank nie meer die SAW nie.

Delia ·

Pannies, die hele Weermag sit nie en niks doen en wag vir betaaldag en eet nie. Sommiges wel. Wanneer jy moet gaan vir m werkskongres moet jy sekerlik veilig slaap, eet bad ens ens. Gun dit dan vir ander ook.
Ek is moeg van mense wat kritiseer en eintlik nie weet wat aangaan binne in m organisasie. Ek was nog tot onlangs vir 20 jaar in die Weermag. Moet asb nie so veralgemeen….

electricmango ·

Dis so mooi gebaar van die regering. Ek hoop nie hulle word beroof nie

Delia ·

Piet, daar word steeds tente opgeslaan. Jy kan nie die uitgawe bedrag deur die aantal soldate deel en dink elke soldaat kry X bedrag nie. Voertuie, petrol comms, ammunisie ens ens ens. Dit is opmerkings soos die wat die hardwerkendes in staatsorganisasies ook moeg maak. Sal jy daarvan hou om oor dieselfde kam geskeer te word as elke ander wit man in die land.

Piet 6 ·

Delia, lees mooi. Ek het nie gesê elke soldaat kry R25000.00 ekstra nie. Die vraag is, hulle het hulle vergoeding gekry voor hulle herontplooi word, nou is dit ongeveer R25000.00 per soldaat per maand ekstra en my vraag is of dit dalk die verblyf in gastehuise is. Dit is minder as R1000.00 per dag, wat dan nie baie is nie as kos ingereken word nie.
My punt oor tente is dat dit in die ou dae gedoen was op plekke waar daar geen geriewe was nie, absoluut onmenslik.

Ek het nooit ras ingebring nie, maar jy doen dit.

Dalk moes ek oorspronklik bietjie meer uitgebrei het.

Delia ·

Piet. My fout! Die kommentaar oor almal oor dieselfde kam skeer was vir n ander opmerking. Jammer. Dit stuit my teen die bors as iemand bv sê..almal in die Weermag sit en eet en wag vir hulle pay en almal in die SAPD is korrup. Vandaar die vraag oor hoe sal.jy voel…. eintlik het my verwysing na wit, nie n rasse bedoeling. Weereens Jammer!

Willem ·

Die helfte van ons lewende weermag word nou ondergronds ontplooi – kon niks teen bende geweld uitrig nie – sal gou agter kom om in tonnels weg te hardloop is moeiliker as in strate

Kobusnutz ·

Dit klink goed, maar maak die verhandelingsketting oop sodat ons weet vir watter minister myn die Zama Zama’z!

Andre ·

…nie gedink daar is nog soveel soldate oor nie?
Kry hulle nou danger-pay om hulle werk te doen?

Jakes ·

Waarmee gaan die weermag die Zamas aanvat? Met ketties en gewere met lee magasyne? Gaan hulle die weermag voertuie stoot want daar is nie geld om diesel te kiop nie en meeste voertuie is nie rybaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.