Weermag onbewus van oudsoldate in Nigerië

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag het Maandag gesê hy is onbewus daarvan dat oudsoldate in Nigerië ontplooi word om Boko Haram te help vernietig.

“Ek weet nie waar kry Beeld die storie nie. Vra vir hulle,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, gesê.

Beeld het Maandag berig dat oudsoldate van die weermag deel is van ʼn multinasionale span militêre kundiges wat op pad is Nigerië toe. Volgens die berig is dit op versoek van die Nigeriese regering en sal die span van sowat 100 lede Nigeriese soldate oplei as deel van ’n massiewe terugslaan-poging.

Die soldate, wat deur Suid-Afrikaanse kundigheid gerussteun word, se eerste doelwitte sal wees om die oorblywende Chibok-skoolmeisies te red wat verlede jaar deur Boko Haram ontvoer is.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Schalk ·

“Beeld het Maandag berig dat oudsoldate van die weermag deel is van ʼn multinasionale span militêre kundiges wat op pad is Nigerië toe”
Die feit dat hulle kundiges is, beteken dat dit soldate voor 94 is. Tenminste behoort daar binnekort berigte van sukses te wees. Dit is immers die enigste soldate wat ons land opgelewer het.

Neptunus ·

Wel, dis vir seker nie oud-MK’s nie, hulle is nie juis bekend vir dissipline of enige noemenswaardige sukses nie. Selfs SWAPO was beter as hulle. As die berig korrek is praat mens hier seker van mense wat voorheen vir EO gewerk het in die jare na hulle die SAW verlaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.