Weermag onderskep gesteelde voertuie by grens

Argieffoto

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) op patrollie in Mosambiek naby die grens het vier gesteelde voertuie ter waarde van meer as R2 miljoen onderskep.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het gesê soldate was vroeg Vrydagoggend besig met gewone patrolliewerk sowat 40 km suid van die Lebombogrens in Mpumalanga toe hulle die klank hoor van voertuie wat na hulle op pad is.

“Hulle het vier voertuie in ʼn konvooi na hulle aangery sien kom. ʼn Lid van die SANW het die voertuie probeer voorkeer, maar die bestuurder het bo-oor hom probeer ry. Hy het vier skote die lug in geskiet in ʼn poging om die bestuurder te stop. Een van die ander het toe die eerste voertuig probeer verbysteek en nog twee skote is afgevuur,” het Mgobozi gesê.

Danksy flink spanwerk is die twee Toyota Hilux-bakkies, ʼn Ford Ranger-bakkie en die Nissan-vragmotor onderskep.

Die bestuurders van die voertuie is nie in hegtenis geneem nie. Almal het volgens Mgobozi  die sleutels net daar in die motors gelos en soos blits weggehardloop.

“Die polisie se ondersoek het aangedui dat die bakkies in Noordwes en Limpopo gesteel is en die Nissan-vragmotor in Gauteng. Die voertuie is aan die polisie oorhandig vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joe Olivier ·

Weereens swak werk van die sanw impi’s. Net gelukkie dat die voertuie teruggekry is.

Hennie ·

Jammer die weermaglede kan nie hardloop nie, ook ‘n eienskap wat verlore geraak het.

PJC ·

Het hierdie weermaglede nie geweet dat as jy iemand wettiglik stop en hy jaag weg dan skiet jy hom en nie in die lug in nie.

Grassie ·

PJC – as jy hom raakskiet gaan jy ongelukkig tjoekie toe. Dit is nie meer die ou dae nie. Misdadigers het nou meer regte as slagoffers.

Houtoog ·

So hulle was op patrollie aan die Mosambiekse kant van die grens, nogal vreemd.

Carien ·

Sjoe soldate kon nie 4 motorbestuurders inhardloop nie. Hoekom probeer die mense ons intelligensie onderskat??

Hans ·

Wat is so vreemd daaraan? Kyk bietjie nuus en volg sulke goed ook. Daar is SA soldate orlas ontplooi. Watter impak hul het bly natuurlik n ope vraag.

Edward Shawe ·

Hou julle swak kommentare oor die Weermag vir julle self. Julle het nie n idee hoe dit werk op die Nabob grens nie. inteendeel glo ek nie een van julle weet watbin die weermag aangaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.