Weermag ondersoek bewerings van marteling

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings aan die lig gekom het omtrent SANW-soldate wat glo inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) martel.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het gesê die weermag is ingelig dat van sy lede wat verbonde is aan ʼn sending van die Verenigde Nasies (VN) in die DRK glo plaaslike inwoners aanrand en martel. Die rede en omstandighede van die aantygings is nie bekend gemaak nie.

Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die SANW, het ʼn formele ondersoek na die bewerings van stapel gestuur om die waarheid daarvan vas te stel en die nodige stappe teen die betrokkenes te doen.

“Shoke beskou die bewerings in ʼn ernstige lig. Die ondersoek sal deur nasionale ondersoekbeamptes gedoen word in samewerking met die kantoor van die VN in die DRK,” het Mgobozi gesê.

Shoke het gewaarsku wangedrag en misdadige optrede in die weermag se geledere sal nie geduld word nie en diegene wat die gedragskode oorskry sal aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pop ·

Mense hier word gemartel, so hoekom sal dit nie elders ook gedoen word nie.

Drieks ·

Sien Suid Afrika het ‘n kultuur van wreedaards…. En ons ANC, DA en Eff doen niks aan ons nie…

Hanna ·

En dis nou dieselfde soldate was so twee jaar gelede deur die minister versoek is om hulle te “weerhou” van seksuele dade met die plaaslike bevolking waar ook al hulle ontplooi word… Ek glo dit goed. SANW se reputasie is lankal aan flarde!

Vermeende ·

As ek die woord martel hoor dan kom die gesig by my op van oumense en babas wat verkrag word en met kookwater en strykysters verbrand word, kinders wat met elkektriese koort gehang word met die skooltas nog op die rug, tone wat afgekap word en vingers wat af geknip word, dit is martel!
Magsvergrype kom in elke weermag voor maar die vraag is, wat is die klagtes dat dit as martel gesien word?
Wees versigtig om nie n dwarsklap met martel te verwar nie want dan word martel algemeen en aanvaarbaar.
Zuma is bekend vir die hoeveelheid bloed wat hy kon trek met ondervraging in kamp Quatro, hy het selfs n bynaam daarvoor verdien nou hoekom sal sy gevolg en weermag anders wees.

Johann ·

Doen eenvoudig na soos hulle kaders en trawantwe hier plaaslik doen. NUWE SUID AFRIKA LEGACY…. Waar steur n huidige bevoordeelde homself aan gesag en reels?

Whaaaaaaaaaaaa ·

Whaaaaaa en dan kom vertel die tannies wat nog in die Weermag is en sit en wag vir hulle pensioene om uit te betaal en die mammas wie se seuntjies daar is watter WONDERLIKE weermag ons het, en watter wonderlike soldate ons het. Eerstens was hier nog geen oorlog na 1994 nie, so hoe goeie soldaat kan jy wees? Tweedens word daar nou beweer hulle het mense GEMARTEL? En derdens het die weermag ‘n jaar of twee gelede GESTAAK deur by die UNIEGEBOUE moeilikheid te maak en polisievoertuie aan die brand te steek. REGTIG ‘n WEERMAG om op TROTS te wees. Keep on dreaming …

christa ·

alles is moontlik van SA soldate. Dis die kern van SA en SA het elke dag daarvan.

SjN ·

Wat soek hulle in elk geval daar? Misdaad kan plaaslik bekamp word deur die troepe, al is hul net sigbaar op kritieke punte.

Pierre ·

Regstelling asb, Genl Shoke is nie ‘n Lt Genl nie, as Hoof van die Nasionale Weermag is hy die hoogste gesag en beklee hy dus die rang van Generaal (4 ster) ‘n Luitenant generaal (3 Ster) is op Divisie vlak.

Anti-Haas ·

Ag wat, die goed op sy skouers maak hom nie slimmer nie.
In vandag se tye beteken daai rang nie veel nie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.