Weermag ondersoek ‘skietvoorval’ met Mosambiekse grenspolisie

Foto ter ilustrasie. (Foto: pixabay)

Die weermag sê ʼn ondersoekraad is aangestel om die “skietvoorval tussen lede van die Suid-Afrikaanse weermag en die Mosambiekse grenspolisie” te ondersoek.

Brig. Mafi Mgobozi, weermagwoordvoerder, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 16:00 naby Ndumo, oos van Farazella, op die grens gebeur.

“Ons soldate was besig met ʼn roetinepatrollie as deel van grensbeskerming toe die voorval plaasgevind het. Besonderhede oor die skietvoorval is vaag en die rede vir die skietery is nog nie bekend nie,” het Mgobozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

piet piet ·

Grens patrollie deur die sa weermag ek glo dit nie van waneer af?

Pieter ·

Die afgelope 10jr. Polisie het nie die kapisiteit nie. Nie als wat die weermag doen is sleg nie.

Abe ·

Sieg,
Hierdie kommentaar van jou hou geen verband met wat gebeur het nie. Dit is gegrond op onkunde.

marous ·

Vaag is die waas wat oor die mense se koppe hang …vir altyd

Abe ·

Ons moet ……,
2 lede van Mosambiek se grenspolisie is ongelukkig wel gedood.

Andreas ·

Maar niks word in Denemarke ondersoek nie. ‘n Skerp tong rig skade aan en is potensieel verantwoordelik wat hier in SA kan gebeur.

Abe ·

Innige simpatie aan die 2 van Mosambiek wat gesneuwel het en aan hulle gesinne. Mag julle vertroosting vind.

Koos de Meyer. ·

Ons het ‘n grens basis vir baie jare op Ndumo, mense wat in onkunde leef moet liewer nie kommentaar lewer nie.

George in Bloem ·

Hoe lekker lag ek nou……daar is seker 10 magasyne uitgeskiet en niemand getref nie. Verbaas my GLAD nie.????????

Yster ·

George in bloem jy was seker n troep geen leiereienskappe natuurlik daars mense dood

Abe ·

Hertzog,
Jy weet glad wat gaan aan nie en jy kan nie “sirkus” spel nie.

Gaitsigubib ·

Hertzog jy is verkeerd as jy meen die weermag is n sirkus. Daarvoor moet hulle kan koordineer en beplan en moet hulle tenminste snaaks wees. Ek sou hulle nie eers met n slingervel toerus nie, want om n wapen in n onbevoegde persoon se hande te plaas is waansin. Die land steier nou nog agv sy vorige wapentuig aankope. Die SAW is nie n sirkus nie dit is n skande.

skurweberg ·

Julle ken mos die verhaal van “Piet van Gase” Moenie verder gaan soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.